DiscoverBergbron Gereformeerde Kerk Preke
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Author: Gereformeerde kerk Bergbron

Subscribed: 1Played: 9
Share

Description

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
248 Episodes
Reverse
Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2.  Fokus: 1 Joh 1:6-7.  Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2). God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde.  God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God.  Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word aan ons gemeenskap met mekaar. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe is die profesie van Jes 60 op 3 vlakke vervul?  Hoe is gemeenskap met God moontlik?  Hoe weet ek dat ek werklik gemeenskap (verhouding) met God het? 
Lees: Joh 20:11-18.  Fokus: Joh 20:16,17.  Jesus bring ons tot opstandingsgeloof.   
Lees: Joh 19: 17-37.  Fokus: Joh 19: 19-22.  Die kruis word ons Koning Jesus Christus se troon.   
Lees: Joh 12: 12-19.  Fokus: Joh 12: 13-15.  Kenmerke van ‘n ware geloof in Jesus as die Christus.  Ware geloof is Christus-gesentreerd en nie self-gesentreerd nie.  Ware geloof kom deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus.  Ware geloof word nie gekeer deur jou persoonlike beproewinge en krisisse nie.  Ware geloof is vertroue dat Jesus Christus die mag het om sy koninkryk selfs deur kruisdra te laat kom.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe het die skare se gesindheid teenoor Jesus verander vanaf sy intog in Jerusalem tot met sy verhoor? Wat was die rede hiervoor?  Hoe het die dissipels se gesindheid verander met Jesus se verhoor en kruisiging?  Die feit dat Jesus Jerusalem op ‘n donkievul binnegegaan het, en nie op ‘n oorlogsperd nie, is ‘n aanduiding van die nederigheid en sagmoedigheid (v 5) van Jesus se Messiasskap. Wat beteken dit en wat is ‘n noodwendige gevolg van Jesus se sagmoedigheid?
Lees: Gal 3:1-14 en Heid Kat Vr en Antw 38 en 39. Christus het borgtogtelik (in ons plek) gely om ons van die toorn, oordeel en vloek van God te verlos. Christus het in ons plek die toorn van God gedra (vr 37). Christus het in ons plek die oordeel van God gedra (vr 38). Christus het in ons plek die vloek van God gedra (vr 39). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat doen die wete van Christus se lyde aan jou? Verduidelik die evangelie van Jesus Christus dmv die Drie Sirkels metode.
Lees: Ef 4:1-16 (AFR83). Fokus: Ef 4:11,12. Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk. God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek is, dan sal God dit nie laat groei nie en stadig aan sterf. Die taak van die leiers in die gemeente, die ouderlinge, is om die groei beperkende siektes in die gemeente te identifiseer en te verwyder sodat die natuurlike en normale groei van God kan plaasvind. Die vraag is: Wat dryf die gemeente? Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is gelowiges se “groot dienswerk” vir die opbou van die liggaam van Christus? Hoe wyk leiers (predikante en ouderlinge) af van hulle primêre roeping in die gemeente? Wat dryf die gemeente?
Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5,9. Die lewende kerk (deel 2). Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend! Gelowiges is nie alleen stene nie, maar ook priesters wat dankoffers oor hulle verlossing in Christus bring vir God. As jy jou gawes gebruik in diens van God om Jesus aan die wêreld bekend te maak – dan bring jy ‘n dankoffer aan God. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe word die kerk lewendig? Wat veroorsaak doodsheid in die kerk? Wat behels die “geestelike offers” wat ons bring as lewende kerk? (vgl 1 Pet 2: 9 en Rom 12: 1-8) Wat maak ons dankoffers vir God welgevallig?
Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5. Die lewende kerk.  “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe.  Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend!  Die diepste oorsaak van die doodsheid in die kerk is: Mense wil nie meer na Jesus toe kom om na sy Woord te luister nie, want dit vra dissipline en behels jou hele lewe.   Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wie is die kerk? Wat word bedoel met “lewe” in 1 Pet 2:4,5? Hoe word die kerk lewendig? Wat veroorsaak doodsheid in die kerk?
Lees: 1 PETRUS 2 vers 1 - 7Fokus: 1 Petrus 2: 7 Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ” Die Here wil jou ook 'n hoeksteen maak!
Lees: 1 Sam 16:1-13.Fokus: 1 Sam 16:1. Wat sien die Here in my?
Lees: 1 Sam 3:1 – 4:1.Fokus: 1 Sam 3:15. God roep getroue dienaars uit hulle gemaksones tot geloofwaardige getuies.
Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering. Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12.Fokus: 1 Sam 2:1. Jubel in die Here wat dinge verander en uitkoms gee.
Lees: Eks 13: 17-22.Fokus: Eks 13: 21-22. God se plek van seëning! God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning. Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar is die farao en sy hele leërmag finaal oorwin sonder dat die Israeliete enigsins hoef te geveg het. Israel het begryp dat hulle seëning verband gehou het met die regte plek. Ons het as gelowiges die Gees van die waarheid wat ons in God se hele waarheid lei vir ons lewens, ons ook lei na God se voorbestemde plek van seëning. As jy die tekens miskyk, of dit ‘n wolk- of vuurkolom is, of selfs net ‘n ongemaklike gevoel binne-in jou, kan jy op ‘n slegte plek vasgevang word. God se seën sal kom wanneer jy is waar jy veronderstel is om te wees: fisiek, emosioneel, verstandelik en geestelik. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom het God Israel op ‘n ompad deur die woestyn na die Rietsee gelei? Speel die fisiese plek waar ek myself bevind ‘n rol om God se volle seëning te ontvang? Gee ‘n paar riglyne hoe die Heilige Gees ons lei na God se voorbestemde plek van seëning.
Lees: Eks 15:1-19.Fokus: Eks 15:3 (AFR20). Loof die Here as krygsman wat red! Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk. Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen. Die Here is die Verbondsgod wat getrou bly aan sy beloftes. In elke situasie wat ons as kinders van God beleef, is Jesus ons Verlosser wat vir ons veg. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarop is lofprysing en aanbidding ‘n reaksie? Waarvoor gaan ons oë gewoonlik oop in ‘n krisis? Wat is die duidelikste bewys dat die Here vir ons veg?
Lees: Jes 6:1-13.Fokus: Jes 6:7. Die betekenis van die Here se aanraking. In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die kruis. Daar is Hy as die Lam van God geoffer tot versoening van al ons sondes. En van die begin af het Jesus met sy wandel op aarde doelbewus onrein mense voortdurend aangeraak. Hy was die aanrakende Koning! Die “helde” in Jesus se wandel op aarde was tipies die tollenaars, onrein mense en die samelewing se uitgeworpenes en mislukkings. Hierdie persone het Jesus doelbewus aangeraak om sy solidariteit met hulle te bewys en om hulle lewens kragtig te verander. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Noem ‘n paar betekenisse van aanraking. Noem ‘n paar voorbeelde van die gevolge van aanraking in die Ou Testament. Waarom het Jesus mense doelbewus aangeraak? Hoe raak God ons vandag aan as sy kinders op aarde?
Lees: Open 5:1-10.Tema: God se droom! https://febaradio.co.za
Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:1-8.  Die Here se heerlikheid en almag verander ons! God se almag en heerlikheid is so oorweldigend dat dit jou totaal verander dat jy Hom wil dien in nederige afhanklikheid. Omdat God so almagtig en glorieryk is, is daar niks beter as om Hom te aanbid en te dien nie.  Vra God om sy almag en heerlikheid in Christus aan jou te openbaar en verhoog Hom as die Here van jou lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Hoekom is daar baie keer min of geen lewens wat verander in die kerk nie?  Hoekom sien ons nie die heerlikheid en almag van God nie?  Het jy al ‘n “power-encounter” (bonatuurlike ontmoeting) met God gehad?
Sondag 7 Mei 2023

Sondag 7 Mei 2023

2023-05-0737:53

Lees: Sag 3:1-10 (AFR53).  Fokus: Sag 3:7.  God vra reaksie op sy vryspraak in Jesus Christus.  God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul.  Deur ons te roep om in sy weë te wandel en aan Hom gehoorsaam te wees, roep die Here ons eenvoudig om ons vryspraak en identiteit in Christus prakties uit te leef.  Alles wat ons nou hier beleef op aarde wil God gebruik om ons voor te berei op die ewigheid saam met Hom. Maar dan moet ek reageer op die volkome vryspraak in Jesus en my siel (denke, emosies en begeertes) totaal oorgee aan Hom.  Dit is uiters noodsaaklik dat ons sal onderskei tussen Satan se beskuldigings en die Heilige Gees se oortuiging van sonde. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  Hoekom bestraf die Here vir Satan oor sy aanklagte?  Waarop is die Here se oproep in Sag 3:7 gemik?  Wat is die verskil tussen die droefheid agv Satan se beskuldigings en die droefheid agv die Heilige Gees se oortuiging van sonde (vgl 2 Kor 7:9,10)?   
Lees: Sag 3:1-10.Fokus: Sag 3:1-4 (AFR53). Die Here sit Satan op sy plek en klee ons met feesklere.
Lees: Gen 2:25-3:21 en Eks 28:1-6.Fokus: Gen 2:25, 3:21. God bedek ons skaamte met ‘n koninklike priesterkleed. Die velle van diere het Adam en Eva se naaktheid bedek (Gen 3:21), maar het hulle nie gereinig nie en dit het ook nie skoonheid verskaf nie. Die priesters se klere het reiniging veronderstel en het die draers afgesonder en geheilig vir God (Eks 28:1-6). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit dat Adam en Eva se oë na die sondeval oopgegaan het? Waaraan herinner velklere die draers aan? Beskryf God se “makeover” van velklere na priesterlike kleed. Wat is die relevansie van die priesterlike klere vir ons vandag? Hoe vernietig Christus se koninklike priesterkleed skaamte in jou lewe?
loading
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store