Discover100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER
100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER
Claim Ownership

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

Author: 100.5FM Radio Laeveld

Subscribed: 0Played: 280
Share

Description

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
1336 Episodes
Reverse
Die Hooggeregshof in Kimberley het in ‘n waterskedingsuitspraak die deur geopen vir die wettige internasionale handel in renosterhoring. Die regter het gelas die toepaslike owerheid moet permitte vir internasionale handel in renosterhoring uitreik as hy tevrede is dat die horings kom van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is. Wicus Diedericks, die eienaar van Rockwood-renosterreservaat was die applikant in die saak. Hy noem dit 'n oorwinning vir renosters, bewaring en gemeenskappe omdat dit sal help om die spesie te red, bewaring te finansier en gemeenskappe op te hef.
Lizette Kuhn is 'n dieetkundige wat al baie navorsing gedoen het op die uitwerking van voeding op breingesondheid. Sy sê dit is nooit te laat dat gesonde kos 'n positiewe impak op jou kan maak nie.
Curro Nelspruit is aangewys as een van die Top 20 finaliste in die Afrikaans100-kompetisie. Hulle is die enigste Curro-skool in Suid-Afrika wat dit gemaak het, en een van net twee skole in Mpumalanga wat op die lys verskyn. Onderwysers Marietjie Viljoen, Elmarie Bouwer en Ruval Gouws kuier in die ateljee.
Gemeenskapslede is besig met 'n projek om die Nelspruit-biblioteek se kinderafdeling op te knap. Marla Louw vertel meer. Kontak by 084-913-0349 of marla@marlalouw.co.za as jy betrokke wil raak.
Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels alles oor die naweek se krieket, rugby en nog meer met Gerhardt.
Kaapsehoop hou Saterdag 'n dag ter herinnering aan al die gevalle soldate by die historiese begraafplaas. Claudette Currie-Lateray vertel meer. oor die geskiedenis.
Lowveld Live Stream fokus al hoe meer op Laeveld sport en om dit uit te saai. Hennie van der Linde sê dit is 'n kwaliteitproduksie met baie waarde vir toeskouers en deelnemers.
Innibos oorhandig vandag aan Care for Wild se personeel vellies en T-hemde. Naranda Leeuwner vertel meer oor dié uitreik.
Plaaslike kunstenaar span op 5 Desember by die Boulevard-teater saam om 'n Kersproduksie met bekende Kersliedjies, maar 'n nuutgeskrewe teks, op die planke te bring. Anne-Marie, Henry-John Williams, Willie Strauss en Natascha C gesels met Sonop Ontbyt.
Dr. Rayne Stroebel is die stigter en besturende direkteur van Gerontological Research, Training, Education​,​ and Caring (GERATEC) in Kaapstad. Hy bied konsultasiedienste aan mense wat met demensie gediagnoseer is en hul families, asook aan sorgverskaffers en organisasies. Hy sê hy vind dat onverwerkte trauma bydra tot die aanvang van demensie.
Jacques Lombard het 10 jaar gelede die Mev. Mpumalanga-kompetisie begin. Hy gesels met 100.5FM op die vooraand van die 2025 kroning oor die groei en impak.
Die plaaslike uroloog, dr. Brighton Mashava, praktiseer nou by Cure Day-hospitaal in Mbombela. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor mansgesondheid.
Feed the Need se Kersfeesprojek het so gegroei dat hulle vanjaar vir meer as 1,200 behoeftige kinders Kersgeskenke kan gee. Lucille de Villiers en Crystal Joubert sê dit is alles deur gemeenskapslede moontlik gemaak.
Die matriekeindeksamen het afgeskop, maar natuurlik is dit nie slegs gr. 12-leerders wat sukkel met eksamenstres nie. Penryn se maatskaplike werker, Christel van Tonder, sê dit is soms vir gr. 8 en gr. 11-leerlinge erger. Sy deel raad wat ook ouers kan help om hul kinders te ondersteun.
Die nasionale tydrenkampioenskap bereik sy opwindende einde met die TRAC N4-tydren op 31 Oktober en 1 November in die skilderagtige Dullstroom. As die laaste byeenkoms van die 2025 kampioenskap, beloof dit drama en strawwe kompetisie, terwyl topspanne dit uitspook om kampioenskapsglorie. TRAC se Solange Soares gesels met 100.5FM.
Danie Botha het 'n maand gelede die wegraping voorspel. Dit het nie gerealiseer nie. Hy gesels met Coenie.
Church Unlimited in Nelspruit vier hierdie naweek sy 30ste bestaansjaar. Past. Rudolph Schutte vertel alles.
'n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die Biathle Triathle Laser Run Wêreldkampioenskappe deel te gaan neem. Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied. Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) kuier in die ateljee.
Weens onweer die afgelope week in die Laeveld is verskeie vlugte na KMI-lughawe ontwrig. Mphilo Dlamini', Air Traffic & Navigation Services se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie, verduidelik wat die opgeskorte instrumentvlugprosedures beteken.
Dr. Billy Magagula is nou by Cure Day-hospitaal in Mbombela. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor vrouegesondheid.
loading
Comments