Discover
Podlitiek
Podlitiek
Author: Podmedia
Subscribed: 123Played: 3,912Subscribe
Share
© Copyright Podmedia
Description
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.
Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.
Met trots aan u gebring deur Podmedia.
Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.
Met trots aan u gebring deur Podmedia.
336 Episodes
Reverse
Louis en Arno gesels oor die onlangse aankondig van die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, se bevel dat Suid-Afrikaners wat rassediskriminasie bevorder se Amerikaanse visums geweier gaan word.
Ernst en Louis gesels oor die hemelhoë brandstofpryse (soos almal maar doen) en oor News24 (wat niemand eintlik doen nie, want wie gee nou eintlik om oor News24?).https://www.artikels.afriforum.co.za/brandstofheffingverligting-nou/
Podlitiek bespreek die lewe van Robert Mugabe. Die vernietiger van Rhodesië/Zimbabwe, maar die ANC se rolmodel. Watter lesse kan Afrikaners vandag leer uit sy lewe en bewind? [ Berugte en Beroemde Afrikaleiers Reeks: Episode 2 ] Inleiding Agtergrond/grootwordjare van MugabeInhegtenisname en retoriek Lancaster ooreenkoms en veranderinge in retoriek Presidensiële termyn Verwydering as president Bespreking: eerste indrukke Grondhervorming: Afrikaners vs Wit Rhodesiërs Uganda vs Rhodesië Podlitiek op X: https://x.com/podlitiek Ernst van Zyl op X: https://x.com/ConCaracal Louis Boshoff op X: https://x.com/louisbos123
Podlitiek bespreek die lewe en heerskappy van Idi Amin Dada Oumee, 'n Ugandese militêre offisier en diktator wat as die derde president van Uganda gedien het van 1971 tot 1979.00:00–02:55 Inleiding tot die reeks02:56–16:18 Oorsig van Idi Amin se lewe16:19–17:05 Uganda na Idi Amin17:06–18:30 Ernst se algemene opmerkings: vaderloosheid en die Mamdani-konneksie18:31–19:59 Die Netanyahu-konneksie20:00–20:38 Godsdienstige landskap van Uganda20:39–22:05 Sterkman-leier as die stamhoof van 'n land22:06–24:25 Etniese diversiteit van die Groot Mere-gebied in Afrika en die impak van kolonialisme24:26–28:03 Kunsmatige koloniale grense28:04–30:22 Die goed en kwaad van kolonialisme30:23–31:12 Die diktator sterf keer op keer in die buiteland31:13–32:52 Immigrantekonflik in Uganda en SA31:53–34:36 Afwesigheid van georganiseerde burgelike groepe en afsluiting
Ernst en Louis ontnonsens die 72%-leuen. Waar kom die papegaaifrase dat witmense 72% van al die grond in Suid-Afrika besit, vandaan? En waarom is dit in elk geval ‘n dom idee om grondbesit so simplisties voor te stel?Intussen is dit met nommerplate in Suid-Afrika – soos met verskeie ander dinge – makliker om die onwettige weergawe as die wettige weergawe in die hande te kry. Louis en Ernst gesels oor waarom dit die stand van sake is en wat om daaraan te doen.








