Discover#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete
#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete
Claim Ownership

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Author: GROOTfm 90.5

Subscribed: 6Played: 25
Share

Description

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
387 Episodes
Reverse
Wes van der Westhuizen is 'n forensiese kenner en hy vertel oor sy werk en wat dit als behels.
Gerhard Myburgh is met Parkeson se siekte gediagnoseer. Ons gesels met hom hieroor en ook met sy vrou Andrien wat hom ondersteun.
Mientjie en Wouter Prozesksy van Rock of Hope gesels oor die proses van aanneming.
Ons gesels vanaand met Natasha Swart van Curaprox gesels oor Mondhigiëne.
Dr Willemse gesels oor Glaukoom.
Slaapterapeut, JD Uys van Arkel Sleep Clinic gesels oor die belangrikheid van slaap en ook hoe jy apnee kan behandel.
Dr Nicholas Crisp, Adjunk-Direketeur Generaal van die Nasionale Gesondheidsversekering gesels oor als wat jy moet weet van die NGV.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor 'siekte X' en ook nuwe vordering met slang teengif.
Dr Jaco van Niekerk en Pastoor Danie Denysschen van Lewende Woord gesels oor die moeilike onderwerp van genadedood.
Karin Bester gesels oor die belangrikheid om na jou vel om te sien, veral in Afrika.
Natascha Olivier, 'n dietkundige betrokke by haar eie praktyk en ook by die Universiteit van Pretoria, gesels oor die belangrikheid van borsvoeding.
Adv Johan Jonck, HUB van Arrive Alive gesels oor die afgelope feesseisoen se padsterftes.
Dr Carl Swanepoel (Oor neus en keel met 'n spesiale belangstelling in die stem) en Spraakterapeut, Jizelle Martins gesels oor die stem en ook moontlike probleme wat jou spraak kan beinvloed.
Dr. Klaas-Jan van de Wetering gesels oor hul SA eerste prostese op 'n Boerboel. Dr Jaco van Niekerk gesels ook oor die voordele van slaap
Dr Jaco van Niekerk gesels oor die vlakke van E. Coli in die Suid-Kus se strande en ook of ChatGPT dokters eendag sal vervang?
Dr Jaco van Niekerk gee raad oor haarverlies en later in die program verduidelik hy die proses van narkose en hoekom 'n narkotiseer 'n belangrike rol het as deel van die multidisiplinêre span.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor alkohol inname en ook hoekom alkolisme (term) nie meer 'n diagnose is nie.
Wat is Irlen Sindroom? Dr Jaco van Niekerk as ook 'n paar gaste gesels oor die sindroom: Martelean Venter (Opvoedkundige Sielkundige), Leanne Greeff (Opvoedkundige Sielkundige) as ook Ida van der Schyf en haar seun Ian van der Schyf.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor kinder hoofbeserings en hoe om dit effektief te behandel.
Sonia Raudszus, 'n geregistreerde dietkundige, gesels oor Diabetes, leefstyl aanpassings en gesonde eetgewoontes.
loading
Comments 
loading
Download from Google Play
Download from App Store