DiscoverMirrag met Annelie
Mirrag met Annelie
Claim Ownership

Mirrag met Annelie

Author: GROOTfm 90.5

Subscribed: 0Played: 0
Share

Description

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
488 Episodes
Reverse
Jennifer het op Mirrag met Prof Andre Roux - Ekonoom by Stellenbosch Besigheidskool, gepraat oor die begrotingsrede 2026
Jennifer het met Prof. Basie von Solms, Navorsingsprofessor in Kubersekerheid aan die Univeriteit van Johannesburg se sentrum vir kuberveiligheid, met ons gepraat oor hoe om jouself veilig te hou
“Jennifer het op Mirrag met bekende konsultant aan skole, Marius Botha, gesels oor die stand van ons skole"
“N maand nadat die Madlanga kommissie hervat het, het die journalis Jana Marx op Mirrag kom kuier om n oorsig te gee van die onthullings”
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die regisseur, Janni Younge gesels oor poppespel op Pinocchio dag.
Jennifer Myburgh het in Oppinuus gesels oor KI en Dr Philip Calcott het by haar aangesluit om duidelijkheid te gee oor die voordele en nadele van KI
Jennifer Myburgh het op Mirrag met voormalige krieketspeler Johann Myburgh gepraat oor sy rol as afrigter en die aanpassing van speler tot afrigter
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Danel Louw gesels, sy en haar spanmaat Vicky McIntosh het onlangs 3de geeindig die Elite 15 Hyrox dubbel kategorie in Phoenix
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die skakelbeampte in die kantoor van die minister van toerisme - Aldrin Sampear gesels oor Wêreldtoerismeveerkragtigheidsdag
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Frankie Opperman, seun van bekende akteur Frank Opperman, gesels oor die nuwe dokumenter Frank waarvan Frankie die regisseur is
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Gert van der Westhuizen van Netrwerk24 gesels oor die Staatsrede
Jennifer Myburgh gesels met Minister Willie Aucamp , Minister van bosbou, Visser & die omgewing
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Jonathan Erasmus, kommunikasie bestuurder van WaterCan gesels oor Suid Afrika se waterinfrastruktuur en die risiko van n groter water krisis
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die Keldermeester by Spier wyne, Johan Jordaan, gesels oor sy gesogte toekening  wat hy onlangs by die “Master winemaker 100” verower het
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die President van SA Tug-of-War, Anton Botha, gesels oor die unieke sport. Alles is bespreek van wat maak n goeie atleet tot die gewildheid van die sport
Annelie gesels in die maand van liefde met Willie en Retha de Jager oor hulle huwelik van 64jaar huwelik en wat hulle dink die geheim is vir 'n Lang en gelukkige huwelik
Ons loer in by die Pretoria Boeremark
Annelie gesels met Lerato Phasha van Salga oor die Gautengse munisipaliteite se onderbesteding van hulle begrotings en hoe dit dienslewering beinvloed
Gielie Hofman gesels met Annelie oor hoe ouers hul kinders se sport, akademie en vrye tyd kan balanseer en hoe mens kies watter sport jou kinders aan moet deelneem.
Oppinuus - Vroedvroue

Oppinuus - Vroedvroue

2026-01-2221:26

Annelie gesels met Sr Heather Pieterse oor vroedvroue en wat jy moet weet
loading
Comments