DiscoverBoerPot
BoerPot
Claim Ownership

BoerPot

Author: Jacques Basson

Subscribed: 10Played: 52
Share

Description

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het.

Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.
50 Episodes
Reverse
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Bewaringsboerdery klink dalk net soos die nuutste gons woord in natuur-aktiviste se woordeskat, maar dit is ‘n belangrike beginsel wat boere liewer vroeër as later moet aanvaar en implementeer.  So sê Andries Groesbeek, Gauteng se Jongboer van die Jaar in 2017, wat glo dat beperkings op chemikalieë en brandstof meer prominent sal raak soos die wêreld na groen energie beweeg. Die mielie-, soja-, skaap- en beesboer van Nigel meen dat boere self beperkings op chemikalieë en brandstof op hul plase moet probeer instel om hierdie oorgang makliker te maak, sonder om ‘n hoë gehalte oes op te offer.
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou ‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het in die 1980’s, moes Manie du Preez die besluit neem om sy boerdery te diversifiseer, met onder andere hoenders. Vandag bou sy seun, Herman, voort op die sukses van die hoenderboerdery. Die 2022 Jongboer van die Jaar gesels met ons oor die tegnologie wat hulle in die boerdery gebruik, wat hoenderboere in Suid-Afrika by boere in ander lande kan leer en hoekom dit belangrik is om jouself met suksesvolle mense te omring. Ten spyte van die sukses van die hoender afdeling, weet Herman dat mens nie al jou eiers in een mandjie kan laai nie, so hy boer ook steeds met beeste en mielies.
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou   “Boerdery is in my bloed. Dis my lewe en my liefde.” So sê Herman Janse van Rensburg, die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2019. Die saaiboer van Arlington gesels met ons oor sy ervaring van boer in Amerika, die rol van integriteit in die boer bedryf en sy implemente besigheid, Arlington Staalwerke.  Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com  
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Na jare van stadslewe het Lion Du Plessis prokureur-wees in Pretoria vir boer in Ermelo verruil en teruggekeer na die huis waarin hy grootgeword het. Met die ondersteuning van sy gesin en leiding van sy pa, het hy klein begin en mettertyd al meer verantwoordelikheid in die boerdery aangeneem. Vandag is hy in beheer van die hele boerdery, van akkerbou met mielies en soja, tot die vee afdeling met braford-beeste en merino-skape, alhoewel sy pa hom nog af en toe advies gee. Die Mpumalanga Jongboer van die Jaar wenner vir 2018 vertel ons van sy agtergrond in regte en hoe hy op die plaas geëindig het, sy gretigheid om stadskinders aan plaaslewe en die natuur bloot te stel en sy hoop vir sy liefdadigheidsorganisasie, Children at Play.
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In 2006 het Nicky van der Linde by sy pa op hulle plaas, Geelbos, aangesluit. Sy oupagrootjie het die plaas in 1950 begin. Ongelukkig is Nicky se pa in Desember verlede jaar aan kanker oorlede. Vanaf 2012 fokus hy op mielies en soya en met passie sy stempel op die boerdery afgedruk. Onlangs is hy aangewys as TLU SA se Jong Boer van die Jaar 2023. Nicky se 17-jarige landbou-reis is 'n aangrypende verhaal van toewyding en uitnemendheid.
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In die eerste van ‘n reeks onderhoude met die dinamiese,innoverende 2023 Jongboerfinaliste, het ek by Lukas Lessing in die Vrystaat, gaan kuier. Lukas het van kleinsaf elke geleentheid en verskoning gebruik om op die plaas te wees. Na ‘n draai in die VSA, het hy en sy gesin hulle net buite Marquard op die familieplaas gevestig.Deesdae is hy die algemene bestuurder van die die OJ Lessing-familieboerdery. Hy bedryf hoofsaaklik die mielie-, soja- en sonneblomsaaiboerdery, asook ‘n kleiner veevertakking met beeste en skape. Goeie verhoudinge met werkers is vir Lukas baie belangrik. Hy is ook nie skaam om van ander te leer of skugter om tegnologie in te span nie. 
Rossouw Cillié beskou boerdery as bykans ’n wettige manier van dobbel. Maar, glo hy, ’n mens moet dit met geloof aanpak. Cillié het 36 jaar gelede by die familie-onderneming, Laastedrif, buitekant Ceres, aangesluit, en voortgebou op die trotse tradisie van vrugte- en groenteverbouing, wat 100 jaar vantevore deur sy oupagrootjie, Piet ‘Kalifornië’, van stapel gestuur was. Cillié, nie alleen ’n toegewyde boer nie maar ook ’n uitgeslape sakeman, was in 2013 deur die Landbouskrywersvereniging aangewys as Boer van die Jaar. Hoewel landbou reuse uitdagings in die gesig staar, meen Cillié dat ’n mens eenvoudig uit die boks moet dink en dinge moet maak gebeur - soos om voortdurend waarde toe te voeg op produkte…
Gholf verg opoffering, presisie en toewyding. Dieselfde geld vir boerdery. Daantjie Jordaan, ’n PGA-gekwalifiseerde professionele gholfspeler, behartig die afgelope 13 jaar die familieboerdery te Grootvlei in Mpumalanga, insluitende ’n 113-jaar oue wildsplaas. Landbou bied toenemend uitdagings, soos uiterste klimaatstoestande en verhoogde insetkostes. ’n Boer maak egter ’n plan, lui die gesegde, en Jordaan glo dat ’n mens proaktief moet wees, eerder as om aanhoudend te kla. Hy is derhalwe van mening dat landbou ’n blink toekoms inhou vir enigiemand wat bereid is om sy kant te bring. Soos Benjamin Franklin dit gestel het: “You will find the key to success under the alarm clock…”
James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie. Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery. ’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin boer, en hy het vroeg reeds die noodsaaklikheid van diversifisering gewaardeer. Dis dié dat hy ook mettertyd in die eiendomsbedryf betrokke geraak het. En, hy weet net van vorentoe boer. Hy glo dat die landbousektor moet saamstaan om Suid-Afrika se ekonomie vorentoe te vat. Want, soos sy besigheid se leuse lui, die enigste manier om ’n verskil te maak, is om deel van die oplossing te wees.
Episode 32: Gerrit de Beer

Episode 32: Gerrit de Beer

2022-09-2801:01:28

Met ’n visie om sosiale en ekonomiese opheffing deur landbou te skep, het Jan le Roux, verlede jaar se Boer van die Jaar, bykans 30 jaar gelede die Le Roux-groep op die been gebring. Sedertdien het die Le Roux-groep koringlande in die Boland opgekoop om te omskep in vrugteboorde, en deesdae verbou, verpak en voer die groep jaarliks meer as 3 miljoen kartonne steenvrugte en tafeldruiwe van wêreldklasgehalte uit. Van selfs groter belang is die feit dat die groep permanente werk verskaf aan ’n duisend mense vanuit die omliggende, agtergeblewe gebiede, asook aan meer as 5000 seisoenwerkers. Gerrit de Beer, Bedryfsbestuurder van die Le Roux-groep, gesels padlangs met my oor hierdie voelgoed-storie…
Episode 31: Nick Serfontein

Episode 31: Nick Serfontein

2022-09-0901:01:20

Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018. Hierdie megaboer van die Vrystaat het geen bekendstelling nodig as entrepreneur en voorsitter van die Sernick-groep nie, en glo dat ’n mens altyd moet streef na die positiewe. Voorts gaan hy van die standpunt uit dat boerdery, soos die waardeketting deesdae daar uitsien, ongelooflike geleenthede bied wat nog ontwikkel kan word. Serfontein is verál passievol oor die ontwikkeling van swartboere. Hy maan egter dat suksesvolle grondhervorming nie die blote uitdeel van grond behels nie, maar wel die vestiging van suksesvolle boere.
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel. Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf. As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan…
Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer. Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery. Hy bedryf die afgelope 27 jaar die familie-boerdery op die plaas Wonderfontein, wat sy pa 42 jaar gelede aangeskaf het. Mielies is nog altyd die hoofvertakking, maar Bezuidenhout-hulle het oor die jare ook uitgebrei na sojabone, beeste, hoenders en selfs ’n privaat wildreservaat. Bezuidenhout is ’n man wat hou van uitdagings - selfs die bedreiging wat mynbou in Mpumalanga inhou, kan hom nie van stryk bring nie - en hy glo dat, om winsgewend te bly, ’n mens eenvoudig móét groot boer…
Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap. Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort. Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf. Vir die Cronje-broers gaan dit daaroor om die voorsieningsketting so kort as moontlik te maak. Hoewel Christo en Abrie onafhanklik die onderskeie entiteite van die boerdery bedryf, geniet hulle die onderlinge ondersteuning van die familieboerdery - vernaam wanneer dit kom by kritieke sakebesluite. Hulle glo daarin om te waak teen stagnasie, want dis in elke boer se belang om voortdurend sy besigheid groter en beter te probeer maak.
“’n Mens hoef nie die beste in die weste te wees nie; solank jy net meer agterlaat as waarmee jy begin het…” So sê Tom van Rooyen, wat boer op ’n 100-jaar oue familieplaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp. Met ’n BSc Landbou-ekonomie honneursgraad agter sy naam, verbou Van Rooyen mielies, sonneblomme en droëbone, terwyl hy ook oor ’n taamlike veevertakking beskik. Volgens hom is beeste egter effens stadig, en verkies hy die spoed van saai. Benewens boerdery, stel Van Rooyen ook belang in besigheid, en is hy betrokke by eiendomsontwikkeling. Hy glo dat ’n mens so ’n komponent behoort in te bou in jou langtermynbeplanning, om jou risiko te versprei, en sodat alles nie aan droogtes gekoppel is nie.
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe. Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besigheid, en vernaam in landbou. Boerdery is huidiglik waarskynlik die moeilikste bedryf in Suid-Afrika, maar, soos die gesegde lui, ‘’n Boer maak ’n plan…’ Juis daarom het Scisan ook vorendag gekom met Sani-99™ for AGRI, ’n uiters effektiewe
Episode 25: Dewald Olivier

Episode 25: Dewald Olivier

2021-09-0201:21:58

As kind wat in die subtropiese landboustreek van Tzaneen grootgeword het, het Dewald Olivier vanuit die staanspoor ‘n passie vir landbou gehad. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat hy in 2018 aangestel is as hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker. Dewald het ‘n MBA verwerf aan die NWU Besigheidskool, en, as iemand met jarelange ervaring in die landbou-industrie, en spesifiek die vleisbedryf, spog Dewald met ‘n bewese baanrekord in die omskakeling van besigheidsdoelwitte in strategieë en taktieke.
Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat toe, toe hy as Besturende Direkteur van VKB in Reitz aangestel is. Koos praat padlangs oor die 150-jarige geskiedenis van koöperatiewe landboubesighede, soos VKB, in Suid-Afrika, en hy wil graag sien dat VKB as maatskappy homself as die onbetwiste leier in plaaslike landboubesigheid vestig.
Volgens Cobus van der Merwe, HUB van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n direkte skakel skep tussen boere en kopers van hul gewasse, en dus sowel bewuswording as tydsberekening aanspreek. Verder werp Cobus ook meer lig op die kontroversiële onderwerp van vervoerdifferensiaal, ‘n tameletjie waarmee SA Landbou reeds vir die afgelope 25 jaar worstel. Besoek hulle webwerf: https://skudu.co.za/
Suid-Afrikaanse liefhebbers van die buitelewe word die afgelope dekade reeds op reis geneem saam met Voetspore, die reeks van dokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige plaashuise regoor die land, vanweë die epiese buitelug-ekspedisies wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder. Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria. Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het... Voetspore
loading
Comments (1)

Dewald Madden

Ek is bly ek het die Podcast gekry. Hou so aan

Feb 23rd
Reply
Download from Google Play
Download from App Store