Discover
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Author: Gereformeerde kerk Bergbron
Subscribed: 1Played: 17Subscribe
Share
© Gereformeerde kerk Bergbron
Description
Klankopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se preke.
Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
374 Episodes
Reverse
Lees: Gal 5:1,16-18 en Mat 11:25 – Mat 12:8.Fokus: Mat 11:28-30. Wandel deur die Gees: neem Jesus se juk op en leer van Hom.
Lees: Gal 5:13-26 (AFR53). Fokus: Gal 5:16-18. Wandel deur die Gees. · Wandel deur die Gees is nie ongedissiplineerde vryheid nie. · Wandel deur die Gees is nie om onder die wet te wees nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat word bedoel met die vlees in Gal 5:16-17? · Wat word bedoel met: “Ware vryheid lê nie in die uitoefening van keuses nie, maar in die gevolge van die keuses wat ons gemaak het”? Noem praktiese voorbeelde. · Wat is die gevolge van die wet volgens Rom 7:5? · Watter rol speel jou siening van jouself in jou stryd teen die sonde?
Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! (deel 2)· Dissipelskap is ‘n groei proses wat begin om in Jesus Christus te bly.· Baie mense bly nie in Christus nie want hulle lewens word gedryf deur skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme of ‘n behoefte aan goedkeuring. · Ons bly in Christus as sy hoofdoelwit van ‘n liefdesverhouding met God, ons lewens dryf. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap? · Hoe veroorsaak skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme en ‘n behoefte aan goedkeuring dat ons nie in Christus bly nie? · Op watter manier bly jy in Christus? Wat gaan jy prakties doen om in Christus te bly?
ie Lewende Woord vir Jou: Lees: Joh 15:1-17.Fokus: Joh 15:4,5.Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus!• Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intiemeverhouding met sy kerk lewe.• Deur sy Woord en Heilige Gees wil Christus die lewe van elke loot vernuwe om baie vrugte te dra.• Vrugte van jou lewe in Christus is wanneer jy God verheerlik (Joh 15:8) met ‘n woord, gedagte ofdaad (Tit 3:14). Dit is jou enigste permanente deposito in die hemel.• Kom ons behou die fokus om by Jesus te wees en in Hom te bly!Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:• Verduidelik hoe die beeld van die wingerdstok en lote van toepassing is op ons verhouding met Christus.• Wat beteken dit “om vrugte te dra”? Hoe gee “vrugte dra” aan jou lewe betekenis? Hoekom kan jysonder Christus nie “vrugte dra” nie?• Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?
Skriflesing: Eksodus 20: 1-26Tema: The Bible message today





