Discover
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Author: Gereformeerde kerk Bergbron
Subscribed: 1Played: 17Subscribe
Share
© Gereformeerde kerk Bergbron
Description
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.
Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
343 Episodes
Reverse
Lees: Gen 11:1-9 en Joh 17:11,20-23.Fokus: Gen 11:6,7 (AFR53).Eenheid: Vereiste vir God se bonatuurlike werking deur ons.• Vir die mense van Babel sal niks meer onmoontlik wees nie want (1) hulle was eensgesind, (2)hulle het ‘n gesamentlike doel gehad, (3) hulle het goeie kommunikasie tussen mekaar gehad (Gen11:6).• Daar het nog egter een saak vir hulle kortgekom om suksesvol te wees: God se wil. Hulle eenheiden gesamentlike doel was teen God se wil.• God gryp in en ontwrig een van die vereistes om as groep suksesvol te wees: Hy ontwrig hullekommunikasiesisteem (Gen 11:7).• God se wil loop uit op die nageslag van Sem uit wie later Jesus Christus gebore word, want dit isGod se wil dat ons in Jesus Christus ons eenheid sal vind (Joh 17:23).Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:• Wat ontbreek dalk in ons gemeente, jou selgroep, jou gesin, jou huwelik, om suksesvol te kanfunksioneer? (Gen 11:6)• Noem voorbeelde hoe die duiwel kommunikasie ontwrig tussen gelowiges.• Hoe is ware eenheid moontlik?
Lees: Spreuke 10: 22-32. Fokus: Spreuke 10: 24. Hoe om op God se spesifieke beloftes te wag. · In ‘n verhouding met God deur Christus, plaas die Heilige Gees baie keer sy wil as ‘n begeerte of droom in ons harte. · Beweeg van geloof tot verwagting (met dade agter jou geloof), dan sal die Heilige Gees jou bonatuurlik neem tot vervulling van sy spesifieke beloftes aan jou. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Gee ‘n beskrywing van die begeertes wat God belowe om te vervul. · Hoe kom spesifieke beloftes van God vir jou lewe tot stand? · Wat is die verskil tussen glo en verwag? · Wat is die regte manier om op God se spesifieke beloftes te wag?
Lees: 1 Tess 5: 1-11. Fokus: 1 Tess 5: 11. Gesindheid waarmee gelowiges moet wag op Jesus se wederkoms. · Volharding. · Bemoediging van mekaar. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Hoe kan ons met volharding wag op die wederkoms van Jesus? · Waarom is die gemeenskap van gelowiges so belangrik? · Hoe kan jy ‘n seën wees vir die mense rondom jou? (v 11)
Lees: 2 Samuel 15: 13 - 23Fokus: 2 Samuel 15: 21Tot hoe ver strek jou lojaliteit?
Lees: Deut. 4: 1 – 20Fokus: Deut. 4: 7God is verhewe en groter as enige ander god. Sy nabyheid ken geen perke nie.
Lees: Eksodus 14: 1 – 19Fokus: Eksodus 14: 13, 14Die Here sal self vir julle veg. Julle moet net stilbly.
Lees: 1 Joh 4: 7-21. Fokus: 1 Joh 4: 18. Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees. · Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur. · Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.” · Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme. · Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. · As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis. · Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe? · Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar? · Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus? · Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms?
Lees: Isaiah 1: 1 – 31Being Children of God
Lees: Eks 20:1-21.Fokus: Eks 20:18-21.Nader tot God! · Die doel van die wet van God was nooit dat dit 'n vereiste is om gered of aanvaar te word nie. · Redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God:1. Verkeerde aanname dat God ontoeganklik is en Hy jou nooit kan liefhê vanweë jou sondige verlede nie (v 19).2. Party mense vermy God reeds omdat hulle wil aanhou sondig (v 20). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat is die doel van God se wet vir sy volk? · Verduidelik die redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God. · Wie bepaal hoe naby jy aan God is?
Lees: Eks 17: 8-16.Fokus: Eks 17: 15 (AFR53).Die Here is my banier van oorwinning! · Moses se voorbidding by die Here was bepalend vir die goeie uitslag in die stryd teen die vyand van die verbondsvolk. Daarom bou Moses ‘n altaar en noem dit: “Die Here is my banier.” · Die Here is self by sy volk teenwoordig in hulle stryd. Sy volk vergader rondom Hom soos rondom ‘n banier. Hy bind hulle saam tot ‘n eenheid, Hy veg vir hulle en sy teenwoordigheid inspireer hulle om meer as hulle beste te gee in hulle stryd teen die vyand want hulle weet die oorwinning is verseker met die Here in hulle midde. · Jesus Christus is soos ‘n banier van oorwinning gehys op die kruis van Gogota, want daar aan die kruis het Hy die Satan, die sonde en die dood oorwin.· Ons moet deur die geloof lewe in Jesus as ons banier van oorwinning. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat is die betekenis van ‘n banier? · Hoe is Jesus ons banier van oorwinning? · Hoe kan ons self oorwinning behaal met Jesus as ons banier?
Psalm 101:1-3 and 1 Timothy 3:15As my Household, so shall the church be.
Lees: Eks 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2). · Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder geveg teen die Amalekiete. · Wat jy glo kom uit in jou optrede. As jy iets glo, sal jy dit ook doen. As jy nie doen nie, is jou geloof maar net wensdenkery. · Ons mense kan alleen waarlik deur die geloof lewe as die Heilige Gees ons die krag gee. · Omdat Jesus nooit verander nie en vir ewig dieselfde is (Heb 13:7-8), is Hy die enigste egte voorwerp van ons geloof. · Jy ontvang ‘n lewe van oorwinning as jy deur die geloof lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Wat is die 2 kenmerke van ‘n opregte lewe deur die geloof? · Wat is die verskil tussen wensdenkery en opregte geloof? · Wat is die toets vir opregte geloof? · Hoekom is Jesus die enigste egte voorwerp van ons geloof?
Pastoor Müller Crauwcamp van FEBA Radio gaan vandag die Woordbediening doen.Lees: Johannes 1: 4 – 5Lig...
Lees: Eks 16:1-4, 13-21 en 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om alles van God te verwag. · Moses is die heuwel op om voorbidding te gaan doen ogv God se beloftes. · Ons kan in die geloof verseker weet dat God ons gebede hoor, want ons bid in die Naam van onse Here Jesus Christus. · Elke dag moet jy nuwe vars manna van God ontvang (Eks 16:4) – dit is die huidige spesifieke Woord wat kom vanaf God vir daardie dag, die lewende Woord vanaf Hom vir die spesifieke dag. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Hoekom was Israel die sterkste solank Moses sy hand opgehou het? · Hoekom is ons gebede in die Naam van ons Here Jesus Christus se kragtig? · Wat is die geestelike manna wat ons ook elke dag moet ontvang in afhanklikheid van die Here? (vgl Mat 4:4)
'n Bemoedigende boodskap uit Eks 33:12-17 met die tema: Die Here se teenwoordigheid bring vrede!
Lees: Eks 15:20-27. Fokus: Eks 15:24-26. Die Here genees bitterheid. · Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang. · Elke beproewing in die woestyn maak jou bitter of beter. · Soos die bitterheid van die lewe gekom het deur ‘n boom (van kennis van goed en kwaad), so sal ook die genesing kom deur ‘n boom – die boom van die kruis op Golgota (Gal 3:14,14). · Die Here openbaar Homself as Jahweh Rofêga – die Here jou Geneser. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Wat is nodig sodat die beproewinge in die woestynfase jou beter kan maak? · Hoe genees die Here die bitterheid in ons lewens?
'n Bemoedigende boodskap uit Matt 5:10-12 deur ouderling Pieter de Klerk.
Lees: Eks 16: 2-3; 17: 3; 32: 2-4 en Num 14: 1-4, 26-35. Fokus: Eks 16: 2-3. God het ons vry gemaak in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe. · Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang. · “Die tirannie van die bekende.” · Die vry mens in Christus sal eerder vergaan in die woestyn terwyl hy besig is om sy skeppingsdoel na te volg, as om terug te keer na slawerny. · Vryheid in Christus is nie losbandigheid of wettiesheid nie. · Ons is vry in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? · Verduidelik: “Die tirannie van die bekende.” · Wat behels ons vryheid in Christus?
'n Bemoedigende boodskap uit Rom 12:3-5 met die tema: Ons het mekaar nodig!
Lees: Psalm 16:1-11. Fokus: Psalm 16:8 (AFR53). Wie gelowig die teenwoordigheid van die Here aanvaar, is verseker van ‘n vaste lewenskoers, veiligheid en vreugde. · Die belewing van God se teenwoordigheid is ‘n werklikheid, want Jesus Christus het opgestaan uit die dood om saam met sy kerk te leef. · Teenwoordigheid van die Here bring veiligheid (v 9). · Teenwoordigheid van die Here bring lewenskoers (v 7). · Teenwoordigheid van die Here bring lewensvreugde (v 7,9). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Hoe het Jesus Christus Psalm 16 vervul? · Waarom is geloof in Jesus Christus se opstanding so belangrik? · Wat is die gevolge van die Here se teenwoordigheid in gelowiges se lewens?





