DiscoverNuuspod
Nuuspod
Claim Ownership

Nuuspod

Author: Izak Du Plessis

Subscribed: 5Played: 56
Share

Description

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.
151 Episodes
Reverse
Nuuspod wil by Pieter Mulder, Dawie Roodt en Leon Wessels weet of SA 'n mislukte staat is
Nuuspod praat met Patricia de Lille oor bewerings van korrupsie en bedrog
Nuuspod praat met Tim du Plessis oor die toekoms van die DA
Wie is Ace Magashule?

Wie is Ace Magashule?

2020-09-0340:26

Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word.
Sal die ANC skeur?

Sal die ANC skeur?

2020-08-2927:22

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob Zuma het in ’n brief aan Ramaphosa skerp te velde getrek teen wat hy gesê het. Volgens Zuma plaas dit die party in ’n onhoudbare situasie. Daar is selfs sprake van ’n skeuring te midde van die gebeure. Om te hoor of dit so is, praat Nuuspod nou met die politieke ontleder Roland Henwood aan die Unviersiteit van Pretoria.
Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere. Een daarvan is werkloosheid en ’n tekort aan behuising. Die gevolg is onwettige grondbesettings en ander vorme van onwettige behuising. Beloftes van behuising deur die staat realiseer ook nou al jare lank nie. Mense sonder heenkome word dus net meer en die armoede al hoe groter. Nuuspod het Cloetesville in Stellenbosch besoek om self te sien hoe erg die probleem is en die verslag saamgestel.
As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die hashtag VoetsekANC begin versprei het. Suid-Afrikaners is ook verontwaardig oor die gebrek van optrede deur president Cyril Ramaphosa. Nuuspod het in die lig hiervan aan prof. Dirk Kotze, politieke ontleder aan Unisa, gevra of die party probleme het.
Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot jy dieper begin krap. Arm woonbuurte lyk nie soos ander woonbuurte in die Kaap nie. Inteendeel, hier heers dieselfde soort verval, slaggate, strate wat riviere van riool is, huise wat oorstroom word deur riool. Dit laat sommige mense meen die Wes-Kaap bestaan uit enklawes wat net vir ryk mense en wit mense beskore is. Nuuspod het aan die sielkundige Quinton Adams, bekend as The Shack Builder, gevra hoe groot en wyd die probleem van armoede in die Wes-Kaap strek. Dit is die eerste in 'n reeks gesprekke wat Nuuspod oor die onderwerp gaan voer. As jy die rou werklikheid van armoede in die Wes-Kaap so bietjie beter wil verstaan, moet jy die onderhoud luister. 
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.
In die tweede deel van ons gesprek oor CapeXit, praat Nuuspod met die grondwetkenner prof Pierre de Vos oor die vraag of afstigting van die Wes-Kaap moontlik is. 
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan.
Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale Ekonomiese Transformasie voorstaan, selfs met die EFF saamwerk om van Ramaphosa ontslae te raak. Die politieke ontleder prof. André Duvenhage, het drie maande gelede iets soortgelyk gesê, maar sy ontleding is nie positief ontvang nie. Nuuspod het in die lig van Lagardien se artikel met Duvenhage gepraat en aan hom gevra hoe sake in die ANC staan en wat president Cyril Ramaphosa se posisie in die party is.
In die derde deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met prof Erwin Schwella oor die sielkundige impak van korrupsie op individue en die groter samelewing, 
Volk Jou Ook 19

Volk Jou Ook 19

2020-08-0802:05:01

Volk Jou Ook vat n breek tot 3 Oktober
In die tweede deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met oudbrigadier Stef Grobler, voormalige hoof van die polisie se teenkorrupsie-eenheid. 
Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat.
Maatskaplike toelaes, korrupsie, die jagverbod, wapenlisensies, natuurverskynsels en skole is op die spyskaar vir Nuusbril se paneel kundiges. Prof Juaneé Cilliers, Marlene van Staden en dr Liela Groenewald is die gaste. 
Die redakteur van  Beeld, Barnard Beukman, het aan Nuuspod verduidelik hoe die toekoms van nuusmedia lyk in die lig van  talle publikasies se sluiting. 
’n Voortvlugtende plaasaanvaller en vermeende moordenaar is vasgetrek, ses jaar na die moord van Christine Robinson naby Thabazimbi. Dit volg na ’n suksesvolle FB-veldtog om die Zimbabwiër wat vir jare vrylik in en uit SA beweeg het, vas te trek. Die onafhanklike gemeenskapsveiligheidskenner Ian Cameron het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
Die DA het sy nasionale kongres as 'n aanlyn kongres vir 31 Oktober geskeduleer. Nuuspod het in die lig hiervan met die leier van die party, John Steenhuisen gepraat en aan hom gevra hoe so 'n kongres sal werk. Hy laat hom ook uit oor Helen Zille, plaasaanvalle, BLM en die ANC se swak hantering van Covid19
loading
Comments 
loading