DiscoverWynVirDiePyn
WynVirDiePyn
Claim Ownership

WynVirDiePyn

Author: Wynand Kotze

Subscribed: 3Played: 21
Share

Description

Weekliks gesels ons langer as gewoontlik met mense wat werk in en rondom die vermaaklikheidsbedryf. Eerlike onderhoude; oop en sonder pretensie. Warm gesprekke wat kunstenaars net ‘n klein bietjie minder afgesonder laat voel. En los dit vir ‘n kreatiewe siel om jou gedurig onkant te vang met hulle antwoorde ...Hoe maak kunstenaars deesdae sin van die lewe? Hoe bly hulle hoopvol oor die industrie en die toekoms? Sommige gaste is meer hoopvol as ander; ander ook meer snaaks en minder ernstig. WynVirDiePyn word ondersteun deur NATi.Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) is ‘n nie-winsgewende, selfstandige organisasie, befonds deur die Dagbreek Trust, wat hom beywer vir en toegespits is op die bevordering van Afrikaanse teater en toneel op ‘n inklusiewe grondslag tot voordeel van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap.
8 Episodes
Reverse
Susanne Beyers laat my toe om tydens een van haar klasse ''vinnig'' met haar te gesels. Sommer oor mans, geloof en haar liefde vir honde. Hierdie een was onverwags en donners lekker! Geniet XxSupport the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
EPISODE SES: WIAN TALJAARD

EPISODE SES: WIAN TALJAARD

2020-08-0101:01:39

Hulle sê 'n man wat lief is vir sy worshond is 'n man waarna jy behoort te luister. Jokes. Niemand sê dit nie - maar ek het jou aandag gesoek. Werk dit? Wian Taljaard is alles wat jy in 'n mens soek. Meeste van die tyd. 'n Gesprek oor vrese, Beyonce en die middelklas. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Vindingryk, suksesvol en een van die grootste teatermakers in die land. Hy't meer toekennings as wat ek name op my familie stamboom het. 'n Onderhoud wat almal tenminste eenkeer behoort te luister … TRIGGER WARNING: ALLE KOEIE WORD GESLAG. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
EPISODE EEN: STIAN BAM

EPISODE EEN: STIAN BAM

2020-05-1801:04:04

Stian Bam gesels oor die liefde van sy lewe, die vrees dat sy loopbaan as akteur dalk verby is en oor die hoop dat dinge tog okay gaan wees ...BONUS: Susanne Beyers vertel hoe sy cope met corona. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Dankie Stellenbosch Books dat jul vir ons en die gehoor sitplek gegee het!Ryan Pedro se digbundel is reeds 'n paar keer uitverkoop in verskeie boekwinkels. Hoor bietjie waaroor gaan die bohaai. Net 'n vriendelik waarskuwing: sensitiewe luisteraars moet liefs Sarie gaan lees. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
''Mercy Kannemeyer het in 2017 haar honneursgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, en begin in 2018 met haar meestersgraad. Sy spesialiseer in toegepaste teater en haar droom is om vir so lank as wat sy kan te skep, skryf en speel''- LitnetPersoonlik. Eerlik en donners skerp. Leer ken haar verby enige ander onderhoud beskikbaar op die internet. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
EPISODE TWEE: CANTONA JAMES

EPISODE TWEE: CANTONA JAMES

2020-05-2401:04:43

Cantona James gesels oor 'n lewe vol gate en hoe hy telkemale moes vervel het! Hy maak oop oor sy oop verhouding (skuus, ek moes net) en gesels sonder terughou oor moerse groot drome.BONUS:Cintaine Schutte. Dis al. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
EPISODE DRIE: CARLA SMITH

EPISODE DRIE: CARLA SMITH

2020-05-2401:28:45

'n Absurde onderhoud! Carla Smith (bekroonde aktrise) gesels oor die kat wat haar lewe verander het, haar liefde vir detail ... en oja, kannibale. DANKIE NATi dat julle hierdie moontlik maak! Musiek gebruik in die episode:Paolo Nutini - Scream.Parov Stelar - Booty Swing. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Comments 
loading
Download from Google Play
Download from App Store