Discover
Die ekonomie minuut
2062 Episodes
Reverse
Soos wat ekonome altyd sê is markte wisselvallig, maar na die onlangse bekommernisse oor sagteware maatskappye is dinge nou so bietjie rustiger. Die JSE se ALSi is steeds ʼn goeie 5000 punte laer as wat dit einde Januarie was, die rand lê netso onder R16 per dollar, en goud rondom $5000 per fyn ons. Die vraag is hoekom die waarde van Bitcoins so val?
AGOA, PMI, brandstofpryse, aandelemakrte en volgende week se nuwe data...
Net toe die storie van ʼn swakker dollar, hoë goudprys, sterker rand, laer olieprys en sterk beurse te goed klink om waar te bly het markte Vrydag kommentators nederig gehou. Aandelebeurse se indekse is laer, die rand verhandel weer bo R16 per dollar, goud is ver onder $5000 per fyn ons en die olieprys is op $65 dollar per vat nadat dit net onder $70 gedraai het. So wat het gebeur?
Die Monetêre Beleidskomitee het gister die repokoers onveranderd gelaat. Die verklaring oortuig mens nieheeltemal van die noodsaak van inkrimpende beleid nie. Hulle sê die risikos wat inflasie kan verlaag of verhoog is in balans.
Daar is genoeg ernstige dinge om te sê oor die goudprys bo $5000 en die rand onder R16 per dollar, maar ek los dit alles to na Donderdag se repokoersbesluit. Vandag se Minuutgaan oor die impak wat gewigsverlies medikasie, die GLP-1’s soos Ozempic, op lugrederye in die VSA se winsgewendheid kan hê.
Week-tot-week en selfs maand-tot-maand is dit moeilik om te sê hoe dit met die ekonomie gaan. Die nuutste data is vir November en Desember verlede jaar en baie keer wys al dieaanwysers nie in dieselfde rigting nie. Die narratief is dat Suid-Afrika einde verlede jaar ʼn beter rigting ingeslaan het en mens sien dit in die aandelemark. Die ekonomiese aanwysers is egter nog nie so duidelik nie.
Dit is een jaar vandag vandat President Trump weer aan bewind gekom het en hy het verseker dinge lewendig gehou vir ontleders en kommentators. Dit is eintlik nog te vroegom te sê wat sy impak op die wêreldekonomie, die VSA se ekonomie of Suid-Afrika se ekonomie was, maar daar is ʼn paar interessante storielyne om ʼn oog op te hou.
Die ekonomie nuus van die week is President Trump se oënskynlike aanval op die Amerikaanse Federale Reserwebank en Jerome Powell se reaksie. Op die oog af gaan dit oor die besteding aan die opknapwerk van die Fed se gebou, maar Powell het dit laat blyk dat die regsproses ʼn manier is om hulle te dwing om rentekoerse te verlaag. Die markte se reaksie was dat die dollar verswak het en die goudprys nog hoër gestyg het. Mens wonder so bietjie hoekom President Trump so graag rentekoerse laer wil hê.
Na ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. In die tweede week van die jaar is dit veilig om te sê die ekonomie is nie die markte nie.
Dit is hierdie Vrydag Swart Vrydag en ekonome hou asem op vir hierdie aanwyser van hoe dit met verbruikers en met die ekonomie gaan.
Tydens die laaste monetêre beleidskomitee vergadering vir die jaar, is die repokoers gister met nog 25 basispunte gesny. Dit gee so bietjie verligting vir huishoudings maar rentekoerse is nie wat in die pad staan van ekonomiese groei nie.
Suid-Afrika het ’n dobbelprobleem, en dit speel toenemend agter ’n skerm af. Namate aanlyn weddenskapplatforms vermeerder, neem stories toe oor SASSA-toelaes enNSFAS-beurse wat deur laatnag-weddenskappe en intydse sportweddenskappe verkwis word. Dit is dus geen verrassing nie dat daar nou voorstelle na vore kom om maatskaplike toelae-ontvangers en beursstudente te verbied om hul fondse vir aanlyndobbelary te gebruik. Maar hoe doeltreffend is verbodsbepalings werklik? Die ekonomiese teorie en ervaring met ander “verbode” goedere toon datverbodsbepalings wel gedrag verander, maar dikwels op enger en meer deurmekaar wyses as wat voorstanders hoop.
Die afgelope week was daar baie ekonomiese nuus om positief oor te wees. Hoe raak dit jou sak?
Woensdagmiddag lewer die Minister van Finansies sy mediumtermyn begrotingsraamwerk rede. Ek wil ʼn paar wenke gee oor hoe jy soos ʼn ekonoom kan luister na die MTBPS.
Die draai van die maand het al die gewone aanwysers opgelewer en daar is (meestal) goeie en slegte nuus.
As jy moet soekvir ʼn rede om positief te wees is daar een goeie stukkie ekonomiese nuus wat kan help. Suid-Afrika is toe van die FATF se Gryslys verwyder.
Statistieke Suid-Afrika het gister die nuuste inflasiekoerssyfer aangekondig en dit het effens gestyg vanaf 3,3% in Augustus to 3,4% in September. Hier en daar sê iemand dit is ʼn groot terugslag vir Novembermaand se repokoers besluit, maar ekis nie so seker nie.
Dit is ses maande na die aankondiging van President Trump se wederkerige tariewe op “Liberation Day” en die impak op die ekonomie van die VSA is nie naastenby so groot as watekonome verwag het nie.
Van die eerste dinge wat ʼn persoonlike finansies self-help boek sê is begroot en spaar. Daarna herinner dit jou aan die sogenaamde hedoniese trapmeul. Dat die nut en vreugdewat ons kry uit die verbruik van goedere, soos die nuwe iPhone of Prado nie so lank hou soos die vreugde van ervarings nie. The Economist het hierdie week ʼn interessante artikel wat presies dit wys.
As jy gewonder het hoekom jy nie veel van die ANC se nuwe 01-punt ekonomie plan hoor nie, is dit omdat dit nie veel van ʼn plan is nie. Dit sê hoofsaaklik dat die regering van die dinge wat hulle al lankal mee besig is vinniger en beter gaan probeer doen, maar nie regtig hoe nie.




