Discover
Monitor
4392 Episodes
Reverse
9 November 2026: Ná die verkiesing is die uitslag in 137 rade steeds onbeslis - ons bespreek die opsies en moontlikhede van hoe jy op plaaslike regeringsvlak regeer sal word. Action SA praat oor hulle sukses en koalisieplanne. Wat sê die afgelope verkiesing vir ons oor die verdieping van die Suid-Afrikaanse demokrasie?
6 November 2026: Die ANC se steun hou aan om te kwyn; koalisieregerings blyk die voorland te wees vir Gauteng se drie groot metro’s. Ons praat met Hellen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Goudstad. Action SA maak geskiedenis in die Karoo.
5 November 2026: Ons hoor by die OVK hoe die verkiesing verloop het en hoe die tellery vorder. Wat sal nou in Amerika gebeur ná die Demokrate se geskiedkundige oorwinning in die middeltermyn-verkiesing.
4 November 2026: Stembusse maak oor minder as 'n uur oop in die plaaslike regeringsverkiesing. Kommer oor werksverliese in die landbousektor nadat Suid-Afrika uit AGOA geskop is. Dit lyk of die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers van die Republikeine in die middeltermynverkiesing in Amerika kan wegrokkel. 'n Fliek vir die eerste keer sedert 2013 in Suid-Afrika verban.
3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.




