Discover
Monitor
4403 Episodes
Reverse
24 November 2026: Die verkiesing van Johannesburg se ampsdraers uitgestel tot Vrydag. 'n Samewerkingsooreenkoms tussen die ANC, MKP, ActionSA, EFF en IVP in alle plaaslike regeringsrade waar die partye verteenwoordig is. Kenners waarsku dat ESKOM alle tekens toon van ‘n doodspiraal.
23 November 2026: Continental Tyres oorweeg dit om produksie by sy Gqeberha-aanleg te staak. Die DA paai die ANC met 'n sogenaamde bestendigheidsraamwerk. 'n Nuwe pil kan 'n deurbraak in die behandeling van pankreaskanker meebring.
20 November 2026: Ons praat met die teen-bendegroep, PAGAD, oor sy strategie in Kaapstad. Die ANC, ActionSA, die EFF en die MK-Party skuif al hoe nader aan koalisievorming, terwyl Helen Zille volgens berigte die aftog blaas. Paspoortaansoeke is nou sonder afspraak by banke beskikbaar.
18 November 2026: Hoë brandstofpryse stoot inflasie op tot die hoogste vlak in meer as 2 jaar. Sal die Reserwebank torring aan sy uitleenkoers? Wat behels die polisie se nuwe Herstel Agenda - ons praat met 'n parlementslid wat toesig moet hou oor die uitvoering van dié plan.
18 November 2026: SASKOK word beveel om die debakel tussen Swem SA en Tatjana Smith te ondersoek. Die DA stel beginsels vir sy moontlike koalisieregerings bekend. Amerika verloor sy maselvrye-status.




