DiscoverSpektrum
Spektrum
Claim Ownership

Spektrum

Author: RSG

Subscribed: 51Played: 3,543
Share

Description

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
2372 Episodes
Reverse
Spektrum 5 Maart 2026

Spektrum 5 Maart 2026

2026-03-0549:41

Paul O'Sullivan verskyn vandag weer voor die parlementêre ad hoc-komitee. Hulde aan die immergewilde Soli Philander. Showmax gaan sy deure toemaak.
Spektrum 4 Maart 2026

Spektrum 4 Maart 2026

2026-03-0452:29

Hulde aan die COPE-leier, Mosiuoa Lekota. Demokrate bevraagteken die VSA se toetrede tot die oorlog in die Midde-Ooste. Dis vandag reg of weg vir die Proteas teen die Kiwis.
Spektrum 3 Maart 2026

Spektrum 3 Maart 2026

2026-03-0350:38

Die dodetal in 'n gebou-ineenstorting in Ormonde in Johannesburg styg tot nege. Saai en Vrystaat Landbou sleep die Minister van Landbou hof toe oor sy maatreëls om die bek-en-klouseer-uitbreking te stuit. 'n Veldtog is begin om steun te werf vir die sakeman, Patrice Motsepe, om die volgende ANC-president te word.
Spektrum 2 Maart 2026

Spektrum 2 Maart 2026

2026-03-0245:17

Iran gaan voort met aanvalle op Amerikaanse teikens in die Midde-Ooste. Oliepryse styg, terwyl aandelemarkte tuimel te midde van die konflik. Die Madlanga Kommissie oorweeg regstappe teen die sakeman, Brown Mogotsi.
Die paneel wat Iran se deelname aan 'n BRICS-vlootoefening ondersoek, val nou onder die presidensie. Johannesburg kry sy eerste 'n adjunkburgemeester. Die Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, besoek weer die Ekapa-myn in Kimberley. Die spanning loop hoog nadat Pakistan lugaanvalle op teikens in Afghanistan uitgevoer het.
‘n Mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, word vandag gedebatteer. Die hoof van die inkomstediens, Edward Kieswetter, beskryf die begroting wat die minister van finansies, Enoch Godongwana ter tafel gelê het, as konserwatief. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, wil handelsbande tussen dié twee lande versterk.
Politieke partye deel hulle verwagtinge van vanjaar se begrotingsrede. Rand Water pomp glo nie meer water uit die Vaalrivier-stelsel na Gauteng se stede nie. 'n Uitbreking van bek-en-klouseer in Lesotho bevestig.
Die Departememt van Landbou vra private veeartse om te help met inentings teen bek-en-klouseer. Nóg Suid-Afrikaners wat in die Rusland-Oekraïne-oorlog gesleep is, word van môre af terug verwag. 'n Pleidooi dat valutabeheer in die begrotingsrede verslap word.
'n Ekonoom probeer sin maak van president Trump se nuwe 15%-invoertarief. Namibië hou die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika met valkoë dop. Ons bespreek Gauteng se provinsiale rede, wat vanmiddag gelewer word.
Die Minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne, Gwede Mantashe, besoek die Ekapa-myn in Kimberley, waar vyf mynwerkers vasgekeer is. Die seun van die wyle president van Zimbabwe, Robert Mugabe, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn ná 'n skietvoorval by 'n eiendom in Johannesburg. Die DA kap die Tshwane Metro oor loonverhogings wat aan munisipale werkers toegestaan is.
Die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, getuig voor die Madlanga-kommissie dat daar kritiek was teen die politieke moorde-taakspan. Water word uit die Ekapa-diamantmyn in Kimberley gepomp, waar vyf mynwerkers nog vasgekeer. 'n Australiese televisieverslaggewer vra om verskoning nadat sy dronk op lug verskyn het.
Oproepe dat die publiek oor die weermag se ontplooiing in woonbuurtes opgevoed word om wanindrukke en wantroue aan te spreek. Vrese dat bek-en-klouseer ook in Botswana voorkom. Die Amerikaanse ambassadeur maak sy opwagting, terwyl Suid-Afrika steeds sloer met sy ambassadeur na die VSA.
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal in die vierde kwartaal van 2025. Boere in die Vrystaat wag steeds op entstof teen bek-en-klouseer. Die Reserwebank oorweeg dit om die prima uitleenkoers van banke te skrap. Ons praat met die bekroonde lofsanger, Ria Reen van Platfontein in die Noord-Kaap.
Drie in die hof oor die moord op 'n e-taxi-bestuurder in Atteridgeville, Pretoria. Boere in die Oos-Kaap sal entstowwe teen bek-en-klouseer op die swartmark koop indien die regering sy voete sleep met die inentingsverldtog. Ernstige oortredings van die Arbeidswet word in Newcastle in tekstielfabrieke aangeteken.
Ons praat met 'n kenner oor die weermag wat ontplooi gaan word om die polisie te ondersteun. Die regering gaan ingryp waar munisipaliteite faal. 'n Hofsaak oor of sosiale media-maatskappye hulle platforms doelbewus ontwerp het om jeugdiges verslaaf te maak.
Die land wag met ingehoue asem vir die president se Staatsrede later vanaand. Die Wes-Kaapse regering vra dat 'n droogteramp in die provinsie verklaar word. Landbou-uitvoere styg met 10%, in weerwil van die VSA se hoë uitvoertariewe.
Reaksie op die opskorting van dr. Danie Odendaal se deelname aan die ministeriële taakspan oor bek-en-klouseer. Is daar lesse uit die Mandela-era wat vandag nog geld? Ons praat met 'n politieke ontleder ter herdenking van sy vrylating, vandag 36 jaar gelede. Stormweer veroorsaak groot skade in die Jansenville omgewing in die Oos-Kaap. Betogende inwoners van verskeie dele van Johannesburg is goed keelvol na meer as 20 dae sonder water.
Paul O'Sullivan sê misdadigers wil sy naam beswadder. Die March and March-beweging eis dat die regering 'n massadeportasie van ongedokumenteerde buitelanders uitvoer. Renosterstropery het in 2025 met 16% afgeneem teenoor 2024.
Kriminaliteit en korrupsie in die Ekurhuleni-metro is weer onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Japan se nuwe eerste minister wen 'n blitsverkiesing oortuigend. suid-Afrika se strategiese minerale sal waarskylik by die Mynbou Indaba in Kaapstad bespreek word.
Die polisietender aan Vusimuzi 'Cat' Matlala is onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Die personeelvereniging in die motorbedryf, Misa, verwelkom die verlenging van AGOA. 'n Uitbreking van bek-en-klouseer is in Humansdorp in die Oos-Kaap bevestig. Amerika en Iran begin met kernonderhandelinge in Oman.
loading
Comments