Discover
Spektrum
2531 Episodes
Reverse
14 Oktober 2026: Oudpresident Jacob Zuma laat vaar sy appèl in sy korrupsiesaak. Die jongste Suid-Afrikaanse Voedselsekerheidsindeks wys dat al hoe minder families voedsame voedsel kan bekostig. Agri SA hou sy jaarlikse kongres midde 'n moeilike jaar vir boere.
13 Oktober 2026: Regstreeks vanaf die Suider-Afrika Telekommunikasie Netwerke en Toepassingskonferensie in die Darkensberg. Ons kyk na Die toekoms van digitale kommunikasie en die rol van kunsmatige intelligensie. Die voormalige adjunkpolisiehoof Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in sy verkragtingsaak tot môre uitgestel. Meer as 960 000 matrikulante begin landwyd met hulle eindeksamen.
12 Oktober 2026: Die ANC wend hom tot die Konstitusionele Hof in 'n poging om 181 raadslede op die stembrief te kry. Ons praat met 'n politieke kenner oor wie die MK-leisels sal vashou terwyl Jacob Zuma siek is. Die Aussies het die hef in die hand teen die Proteas in Durban.
9 Oktober 2026: Die departement van binnelandse sake trek sy direktief oor die aanvaarding van asielaansoeke terug. Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is onder die vegrootglas. Wat is die ware braaibroodjie?
8 Oktober 2026: Die Inkomstediens wil belasting op die taxibedryf hef. Oud-weermaglede is onseker of hulle private mediese dekking van November af sal hê. Kan voorgeskrewe brande gemeenskappe teen veldbrande beskerm? Springbok kry sy eie boeremark.




