DiscoverSpektrum
Spektrum
Claim Ownership

Spektrum

Author: RSG

Subscribed: 51Played: 3,470
Share

Description

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
2341 Episodes
Reverse
Nog klagtes word bygevoeg teen die bestuurder van die minibustaxi wat betrokke was by Maandag se noodlottige skoolvervoerbotsing in Vanderbijlpark. Die vrees vir onwettige mynwerkers noop inwoners van gemeenskappe wes van Johannesburg om uit hulle huise te vlug. Nog lande onderneem om deel te vorm van president Donald Trump se Vredesraad.
Sal geopolitieke spanning gesprekke by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos oorheers? Die departement van samewerkende regering besin steeds oor 'n datum vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Werksaamhede by die Booysens-landdroshof in Johannesburg gaan voort ondanks gister se skietvoorval. Tersiêre instellings in KwaZulu-Natal waarsku dat toelating van eerstejaars op mededingende grondslag gedoen sal word.
Die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie bevestig dat die bek-en-klouseer-pandemie nou ook varke raak. Die voormalige OPOD-hoof en motorbomplanter, Robert McBride, getuig voor die parlement se ad hoc-komitee. Gauteng se Departement van Gesondheid pas die dodetal aan in gister se skoliervervoer-ongeluk in Vanderbijlpark 14 tot 12.
Skok oor die dood van 12 leerlinge wat in 'n gru-ongeluk in Gauteng sterf, presies 'n jaar ná die dood van elf ander leerlinge in dieselfde deel van die provinsie. Die soektog na twee tieners in die vloedgeteisterde Limpopo is vanoggend hervat. Die dodetal het intussen tot 20 gestyg. Ons bespreek die impak van British American Tobacco SA se besluit om later vanjaar sigaretproduksie in Suid-Afrika te staak.
Nog 'n mosie van wantroue is teen die burgemeester van Johannesburg gebring. Gift of the Givers spring in om te help nadat oorstromings groot verwoesting in Mpumalanga saai. Action SA stel nuwe wetgewing voor om fluitjieblasers beter te beskerm.
Padsterftes tydens die feesgety neem af in vyf provinsies. Die hoof van die Onafhanklike Onwikkelingstrust, Tebogo Malaka, bedank te midde van bewerings van korrupsie en omkopery. Luitenant-generaal Dumisani Khumalo getuig voor die ad hoc-komitee wat bewerings van politieke inmenging in die regstelsel ondersoek.
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika met drie jaar te verleng, maar wat beteken dit vir Suid-Afrika? Die minister van landbou, John Steenhuisen, kondig ‘n strategie aan om bek-en-klouseer hok te slaan. Die Knysna-munisipaliteit rig 'n dringende beroep op inwoners om hulle waterverbruik drasties te verminder.
Die matriekklas van 2025 behaal die hoogste slaagsyfer ooit, maar nie almal aanvaar dit nie. Ons vra hoe die gebrek aan vergaderings tussen leiers van die RNE beleidsrigting in Suid-Afrika beïnvloed. Iran onttrek aan die BRICS Vloot-oefening in Suid-Afrika in 'n poging om verdere spanning met Amerika te verhoed.
Die matrieks van 2025 tel die ure af voor die slaagsyfer amptelik bekendgemaak word. Owerhede in Knysna spook om alternatiewe waterbronne te beveilig in aanloop tot 'n dreigende Dag Zero. Dele van die Nasionale Krugerwildtuin is gesluit weens swaar reënneerslae. Verskeie brande in die Oos- en Wes-Kaap woed voort.
Lede van KwaZuluNatal se eenheidsregering reageer op die NFP se onttrekking. Buitengewoon swaar reën word vir die volgende week vir die noordooste van die land voorspel. Reaksie op die VSA se onttrekking aan 66 multilaterale organisasies.
Die ANC vier 114de bestaansjaar. Die jongste oor die vernietigende brande in Mosselbaai. Verskeie organisasies betoog buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria teen die VSA se optrede in Venezuela.
Reaksie op die aanstelling van advokaat Andy Mothibi as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Brande in dele van die Mosselbaai-munisipaliteit in die Wes-Kaap woed voort. Meer oor die nuwe plan vir vrede in Oekraïne.
Die verdagte in die moord op DJ Warras verskyn in die hof. Geslagsgeweld is tot 'n nasionale ramp verklaar, maar sommige organisasies sê dit maak nie 'n verskil op grondvlak nie. 'n Vrou van KwaZulu-Natal druk haar stempel af in die heuningbedryf.
Amerika se aanval op Venezuela sorg vir 'n vars golf geopolitieke onsekerheid, en nou is Groenland glo ook in die VSA se visier. Die ANC beskuldig die SA Kommunisteparty daarvan dat hy dobbel met dié party se toekoms. Mense in die Wes-Kaap word gewaarsku om nie skulpvis, wat op die strand uitgespoel het, te eet nie.
Die VSA bekragtig 'n konserwatiewe aktivis se benoeming as ambassadeur na Suid-Afrika. Parool vir die Griekwastad-moordenaar, al ontken hy steeds skuld. 'n Geheimsinnige komeet beweeg naby die aarde verby.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 'n nat Kersfees en Nuwejaar, met 'n waarskuwing van 'n La Niña-weerverskynsel. Die meerderheid van Suid-Afrika se water is nie geskik om te drink nie. Die drama oor onwettige mynboubedrywighede in Bapong in Noordwes, verdiep.
Die Minister van Binnelandse Sake reageer op gerugte dat Amerikaanse amptenare in Johannesburg aangehou is. Die Wes-Kaap se misdaadsyfers vir die derde kwartaal word vandag bekendgemaak. Regeringslui wens Bafana Bafana sterkte toe vir hulle eerste wedstryd teen Angola by die Afrika Nasies-sokkertoernooi in Morokko.
Die eerste G20-sjerpa-vergadering vind plaas in Washington DC in die afwesigheid van Suid-Afrika. Die Speaker van KwaZulu-Natal se wetgewer oorweeg regstappe teen 'n MK-partylid ná gister se chaotiese mosie van wantroue. 'n Verhoogde vlak van dringendheid deur die regering oor die omvang geslagsgebasseerde geweld.
Die minister van binnelandse sake stel strenger reëls voor vir immigrante om burgerskap in Suid-Afrika se bekom. Koringprodusente eis dringend antwoorde van die regering oor invoerheffings. Streng waterbeperkings word ingestel in verskeie munisipaliteite in die Wes-Kaap. Onsekerheid onder oudsoldate wat staatmaak op die weermag se mediese voortsettingsfonds.
Ethiopian Airlines word beboet in verband met mensehandel. Die Departement van Basiese Onderwys word vanuit alle oorde gelukgewens met die tydige ingryping ná die uitlek van matriekvraestelle. Die Dierebeskermingsvereniging waarsku oor weggooi-troeteldiere.
loading
Comments