DiscoverSpringbok Rugby Potgooi
Springbok Rugby Potgooi
Claim Ownership

Springbok Rugby Potgooi

Author: Springbok Rugby Potgooi

Subscribed: 3Played: 11
Share

Description

"Die Springbokke se Reis na Oorwinning," waar ons diep delf in al die aksie, strategieë en emosies wat die Springbok Rugby span beleef op hul pad na die Rugby Wêreldbeker 2023. In elke episode bespreek ons 'n verskeidenheid van onderwerpe—van sleutelspelers en wedstrydstrategieë, tot die kulturele impak en nasionale trots wat die span in Suid-Afrika ontsteek.
11 Episodes
Reverse
Dis die grootste wedstryd van die groepfases hierdie komende naweek en die Springbokspan is sopas aangekondig en raai wat!? 7 Voorspelers op die bank. Ek praat met Frikkie wat tans in Frankryk is en Saterdag die wedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland in die Stade de France gaan kyk.
Die Bokke skop hul Wereldbeker af op oortuigende wyse en laat die Skotte baie gewoon lyk in hul opening wedstryd van die Rugby Wereldbeker 2023.
Sluit aan by ons wekelikse podcast, "Die Springbokke se Reis na Oorwinning," waar ons diep delf in al die aksie, strategieë en emosies wat die Springbok Rugby span beleef op hul pad na die Rugby Wêreldbeker 2023. In elke episode bespreek ons 'n verskeidenheid van onderwerpe—van sleutelspelers en wedstrydstrategieë, tot die kulturele impak en nasionale trots wat die span in Suid-Afrika ontsteek. Ons voorsien jou met eksklusiewe onderhoude, insiggewende analises en passievolle besprekings wat jou as ondersteuner nader aan die aksie bring. Moet nie uitmis op hierdie onontbeerlike luisterervaring vir enige Springbok ondersteuner nie. Teken in en wees deel van die reis na oorwinning!
Gareth Anscombe het aan ons gedoen wat Damien Willemse aan Wallis gedoen het in die 1ste toets. Die Bokke loop die hele wedstryd voor tot in die 78ste minuut toe Gareth Anscombe 'n Willemse op homself trek en 'n doel skop van reg teen die kantlyn oorsit. Die "eksperiment" het amper gewerk maar toe nie heeltemal nie. Wallis wen vir die eerste keer in hul geskiedenis in Suid-Afrika. Die reeks staan 1-1, ons gaan nou Kaapstad toe om die "finaal" te speel.
Dit was 'n naelbytstryd maar 'n koelkop Damien Willemse het die verhoog syne gemaak en 'n strafskop oorgetik in die 82ste minuut om vir die Bokke die wen te gee. Ons praat ook oor die verassende Bok-span wat gekies is vir die 2de toets. 
Dis die begin van die internasionale rugby seisoen! Ek en Albert praat oor die sukses van die Suid-Afrikaanse spanne in die URC, die eerste toets tussen Wallis en die Springbokke op 'n uitverkoopte Loftus en ook so vinnig oor al die ander internasionale toetse wat hierdie naweek gespeel gaan word!
Ons praat oor klipharde 2de toets tussen die Bokke en die Pumas en ook oor die onsekere toekoms van die Rugby Kampioenskap as gevolg van lockdowns in New Zealand en Suid-Afrika.
'n Oortuigende oorwinning van 32-12 oor Argentina in die 1ste toets van die Rugby Kampioenskap wat gesien kan word as die "B-Span" van die Bokke. Ons is aangenaam verras deur die gemak waarmee die Bokke hul Rugby Kampioenskap afskop en dit maak ons sommer meer opgewonde oor die res van die Kampioenskap!
Die Rugby Kampioenskap skop hierdie Saterdag af (14 Aug 2021). Dis die Bokke teen die Pumas en dit beloof om 'n klipharde stryd te wees. Ons praat oor die kampioenskap in geheel en kyk so bietjie vorentoe ook na die toetse wat kom. Dit beloof om 'n kampioenskap van groot proporsies te wees, wat op geen beter manier afgesluit as word as met twee toetse teen ons groot vyande, die All Blacks.
19-16 is die telling en die Springbokke wen die 2021 Britse Ierse Leeus toer 2-1! Wat 'n reeks en wat 'n naelbytstryd in die 3de toets. Die Bokke se karakter en veggees was ongelooflik! Luister en gesels saam met my en Albert waar ons die wedstryd bespreek.
Ek en Albert praat oor die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika teen die Springbokke. Die reeks staan 1-1 en hierdie Saterdag is die beslissende toets. Wie gaan en wen en geskiedenis maak!?
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store