DiscoverMet Hart en Siel
Met Hart en Siel
Claim Ownership

Met Hart en Siel

Author: Radio Pulpit

Subscribed: 3Played: 55
Share

Description

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
220 Episodes
Reverse
Feestyd

Feestyd

2025-10-2101:37:51

Elsabé Conradie, skoolhoof van Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, vertel meer oor dié skool wat vanjaar 165 jaar oud is, se geskiedenis. Skrywer Lizette Murray gesels oor haar spesiale verbintenis met dié skool en Milanie Vosloo gee raad oor hoe om einde van die jaar stres en moegheid te takel. Met Hart en Siel
Leef voluit

Leef voluit

2025-10-1401:30:30

Amanda de Lange oor innerlike genesing en hoe om eienaarskap van jou lewe te neem. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel
Prof Wentzel Coetzer gesels oor wanneer godsdiens tot verwonding eerder as heling lei. Stephanie van Rensburg vertel meer oor ‘n nuwe plaas-camino wat hierdie week van stapel gestuur word. Met Hart en Siel
Hallo, Jesus!

Hallo, Jesus!

2025-09-3001:36:39

Marinda Engelbrecht gesels oor Hallo, Jesus!, haar dagstukkieboek vir kleingoed. Kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor ‘n reeks boeke wat kinderhartjies en die emosies wat hulle beleef aanspreek. En Elschanté Boumann kuier in die ateljee en deel manna uit vir mamma’s. Met Hart en Siel
Inspirerende leierskap

Inspirerende leierskap

2025-09-1601:30:32

Jurie Schoeman en Brand Pretorius gesels oor Inspirerende leierskap Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel
Caylin Prince kuier in die ateljee om te gesels oor haar boek Decline Pity Parties & invite mercy. Jozine Botha vertel hoe om Koninkrykskinders volgens ‘n pastorale ouerskapsplan groot te maak. Met Hart en Siel
Gebou op die Rots

Gebou op die Rots

2025-09-0201:30:24

Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek van rotse en klippe in die Bybel. Ds. Ian Coetzee van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Tygerberg vertel meer oor die Missions Expo 2025 waar uitreike en sendingorganisasies in die kollig geplaas word. Met Hart en Siel
'n Liefdevolle Vader

'n Liefdevolle Vader

2025-08-2601:33:35

Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee en word daar gesels oor die verhouding tussen ouers en volwasse kinders. Sakevrou & entrepeneur, Joey Stofberg van Treats Food Distibutors, deel haar getuienis. Met Hart en Siel
Vir die jongklomp

Vir die jongklomp

2025-08-1901:08:55

Jaco Strydom gesels oor sy jongste boek Eendag te ver wat spesiaal vri jong Jesus-volgelinge geskryf is. Julita Kok vertel meer oor die Matt Redman-konsertreeks en Annique Jordaan en Lelani Brugman vertel meer oor hul Woord en Wsyie-kinderbediening. Met Hart en Siel
Tyd & SAAI

Tyd & SAAI

2025-08-1201:59:59

Narratiewe berader, Faith Durie, gesels oor die betekenis van tyd in ‘n gelowige se lewe. Francois Rosssouw & Dr Theo de Jager van die organisasie SAAI kuier in die ateljee om meer te vertel oor die werk wat hulle onder ons land se familieboere doen én die opwindende Lamb Champs 2025-kompetisie wat tans landwyd aan die gebeur is. Met Hart en Siel
Oorgange en seisoene

Oorgange en seisoene

2025-08-0501:31:05

Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee om te gesels oor verwondering, geloofspaaie, maar ook oor die oorgange in ‘n mens se lewe en hoe elkeen jou lewe beïnvloed. Met Hart en Siel
Voedingskundige, Madalein Helm van Health and Hope Nutrition, kuier in die ateljee en gesels oor die impak van jou immuunstelsel op jou gesondheid. Met Hart en Siel
Bekende tuiskok Marinda Engelbrecht oor haar jongste kookboek Maklik met Marinda. Lilian de Jager kuier in die ateljee om meer te vertel oor haar boek The Path Through His Vineyard en Malene Breytenbach gesels oor haar jongste Christelike roman Die boekengel. Met Hart en Siel
Vandag gesels Christine Ferreira met Linda van Heerden oor haar Camino Pelgrimstog waar sy gestap het van Porto tot by San Diego. Ook gesels Chrstine met Ingrid Smit - skilder en eienaar van die Stilbaai Kuns Gallery. Ingrid kom vertel hoe sy die hand van die Here in haar skilderwerk ervaar. En dan vertel Charlene Roux haar aangrypende getuienis oor haar seun Jayden. Met Hart en Siel
Vredemaker

Vredemaker

2025-07-0801:32:31

Akteur en musikant Reggie Peace gesels oor sy boek Vredemaker. Lewensafrigter, Amanda de Lange, bespreek die konsep van selfliefde teenoor selfhaat en Prof. Nico Koopman gesels met ons oor die krag van gebed in aksie. Met Hart en Siel
Riviere in die wildernis

Riviere in die wildernis

2025-07-0101:26:56

Karlien van Jaarsveld kuier in die ateljee om oor haar boek Riviere in die wildernis te gesels. Retha Ingbleek vertel meer oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge. Met Hart en Siel
Skrywer en afgetrede emeritus-professor aan die Universiteit van Stellenbosch Linda van Heerden leer ons meer oor die Vrug van die Gees. Prof Wentzel Coetzer gesels oor die uitdagings rondom die grootmaak van dogters. Met Hart en Siel
Fotograaf Hanneri de Wet kuier in die ateljee om te gesels oor ‘n uitstalling wat eersdaags plaasvind by Pierneef’s Kraal in Pretoria en deel wenke oor hoe om die meeste van jou kamera te maak. Sanet Deysel vertel meer oor Radio Hartklank en Radio Jikelele, Radiokansel se twee splinternuwe aanlynstasies. Thys Smit gesels oor Anderkant 65 Oor aftrede en daarna. Met Hart en Siel
Geloofslesse

Geloofslesse

2025-06-0301:26:50

Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag. Elize-Marié Müller kuier in die ateljee om onder meer te gesels oor die lewens- en geloofslesse wat ons by die Bybelkarakters soos Lasarus en Petrus en die Israeliete tydens die vlug uit Egipte kan leer tydens uitdagende omstandigehede en moeilike tye. Met Hart en Siel
Visiothon 2025

Visiothon 2025

2025-05-2701:22:49

Aanbieder, Muller Crauwcamp, kuier saam met Christine Ferreira in die ateljee. Met Hart en Siel
loading
Comments