Discover
First Love Ministries - Podcast
34 Episodes
Reverse
Deel 2 as opvolg na Wie is Ek Nou?Ek bemoedig jou om die grafiek af te laai om die beste waarde te kry uit hierdie episode.Ek lê die fondasie in hierdie episode: Die natuur van mens soos ontvang na die sondeval en die groot krisis, die dood van self en wedergeboorte. Hierdie beginsels moet verstaan word om ons geestelike identiteit te begryp. Dit is net in oorsig aangeraak en geensins raak ek aan die dieper aspekte van ons "Identiteit in Yeshua" nie.
Die Twee Huis lering volgens die Bybel. Identiteit is die hart van die saak. Is die Twee Huis lering Geestelik of Vleeslik gefokus?In hierdie episode gee ek 'n oorsig die ontstaan van die verdeeldheid van Israel in twee koninkryke. Hoe hulle in balingskap gegaan het en ook weer verenig is deur Yeshua in 'n Nuwe verbond.As Israel nie verenig is met God deur 'n Nuwe verbond nie, dan kan hulle ook nie die lig vir die nasies wees nie.
Die Brandwag Bediening is so belangrik vir die Kerk vandag om weer herstel te word.
Ons kyk prakties na hoe werk die Brandwag Bediening.
Wanneer die roepstem van ongeregtigheid meer word as die van die intersessors dan is daar nie 'n barmhartigheid nie, maar verwoesting.
Mag ons roepstem van intersessie groter wees as die van die ongeregtigheid in ons generasie.
Ons moet elkeen 'n Goue Wierook Altaar bou in ons persoonlike lewe, waar ons aanbidding en intersessie konstant soos 'n wolk kan wees voor die aangesig van die Here. Hoe lyk 'n Goue Wierook Altaar in ons lewens?
Hoekom moet ons bid, as God in beheer is van alles? Het jy al so gedink of ander gelowiges gehoor so redeneer?
God het die mens aan Sy plan gebind, daarom moet ons saam met God werk deur gebed.
Daar is 'n Groter Heerlikheid geprofeteer deur Haggai, het die Heerlikheid al gekom in sy volheid of is daar nog iets meer vir ons om te verwag?
Daar is baie duidelik deur die Heilige Gees 'n beweging oor die wêreld om die Liggaam van Christus gereed te maak om die volheid van die Groter Heerlikheid te ontvang.
Die TYD IS NOU!
Waar pas die Profeet Haggai in die geskiedenis van Israel? Ons kyk eerste na die agtergrond van voor die verwoesting van Salomo se tempel tot na die Babiloniese balingskap.
Die Heilige Gees is besig om vandag dieselfde boodskap wat die Profeet Haggai gegee het ook vir ons generasie te gee.
Dit is NOU TYD om die Huis van die Here te bou.
Waar pas die Profeet Haggai in die geskiedenis van Israel? Ons kyk eerste na die agtergrond van voor die verwoesting van Salomo se tempel tot na die Babiloniese balingskap.
Die Heilige Gees is besig om vandag dieselfde boodskap wat die Profeet Haggai gegee het ook vir ons generasie te gee.
Dit is NOU TYD om die Huis van die Here te bou.
Deel 3
Joël profeteer van die oorlog wat alle oorloë sal eindig. Dit is 'n lokval van die almagtige waarin al die vyandige nasies ingevang gaan word.
Ons leef nou in die dae voor hierdie groot oorlog, die dae van die herstel van Israel en die Kerk, maar ook die van groot haat teen Israel en die Kerk.
Die laaste paar verse van Joël vertel hy van die groot bruilof van die Lam, die Fees van alle eeue.
Strome van lewende waters vloei uit die troon van God, dit klink baie soos die Heilige Gees, of is daar meer?
Deel 2
Daar is 'n groot krisis wat oppad was na Israel toe, maar tenspyte van die groot gevaar en die sonde van die volk, roep die Here dat hulle tot Hom moet bekeer met hul hele hart.
Joël 2:14 sê so mooi "wie weet miskien sal die Here berou van die onheil".
Joël gee vir ons die oplossing te midde van die krisis.
Die Profeet Joël se boodskap is kort maar kragtig, sy woorde ego deur die eeue as 'n waarskuwing vir die Kerk van die laaste dae.
Hoofstuk een word vers vir vers ondersoek in hierdie vier dele Bybelstudie reeks.
Die notas is gratis beskikbaar by www.firstloveministries.co.za onder free resouces.
Die Here beloon die wat Hom met ywer soek - Hebreërs 11:6.
Die Here is die beloner en die beloning.
Die Here het gesê Sy huis sal 'n Huis van Gebed wees. Die Kerk is geroep om 'n mense van gebed te wees.
Deur gebed het ons die geleentheid om die Koninkryk van God op aarde te sien kom.
Daar is 'n globale krisis wat bou en meer mense vra wat is die antwoord en oplossing vir hierdie krisis.
Die Here het vir ons baie duidelik die antwoord gegee in Joël 2.
Die Here is besig om Voorganger Boodskappers op te rig om Sy Bruid voor te berei vir die Laaste Dae.
Hoe lyk die Eindtyd Bruid uit die Here se perspektief?
Hoe gaan die Here ons help om gereed te wees vir Sy wederkoms?
Deel een van vier oor die Profetiese Woord vir AGS Imago Dei Barberton gemeente.
In deel 2 ondersoek ons die vraag "hoe moet ons tot God gaan?"
Die Bybel is duidelik dat God die hoogmoedige weerstaan, maar aan die nederige gee Hy groot genade (Jak. 4:6).
Ons moet leer om die Here in Gees en in Waarheid te aanbid (Joh. 4:24).









