DiscoverNaweekaktueel
Naweekaktueel
Claim Ownership

Naweekaktueel

Author: RSG

Subscribed: 19Played: 242
Share

Description

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
1076 Episodes
Reverse
Wessel Pretorius toetsry 'n Mazda CX5.
Owerhede is bekommerd oor motoriste se swak padgedrag. Gee Suid-Afrika se 77 lede van die nasionale uitvoerende gesag werklik uitvoering aan die Grondwet se bepalings om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? Ons praat met die FW de Klerk-stigting hieroor. Hoe moontlik is 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne werklik?
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford-sportnutsvoertuig.
Reddingspogings by 'n Hindoe-tempel in Durban wat ineengestort het, gaan voort. Menseregte kan met een woord saamgevat word. Nóg 'n Suid-Afrikaanse rolprent word staande toegejuig in Londen.
Wessel Pretorius toetry 'n Nissan-bakkie.
Die polisie is op soek na verdagtes in die sluipmoord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Moody's hou sy kredietgradering oor Suid-Afrika se staatskuld onveranderd. Ons profielonderhoud fokus op 'n bekende stem hier by RSG.
Wessel Pretorius vergelyk twee intreevlak-sedans met mekaar.
Moorde en voorvalle van roof neem af, maar beteken dit bestendigheid in alle dele van die land? Oorstromings in die suide van Thailand eis 145 lewens. 'n Ma van die Vrystaat deel haar kommer oor haar seun wat daar vasgekeer is. Die Springbokke wil hulle jaareindtoer op 'n onoorwonne noot teenWallis eindig.
President Cyril Ramaphosa open die G20-leierskapsberaad in Johannesburg. Geslagsgebaseerde geweld word deur die regering as 'n nasionale krisis verklaar. Wat beteken dit? Die Springbokke kom later vandag in Ierland te staan teen een van hulle grootste teenstanders.
Wessel Pretorius gee wenke vóór jy volgende maand die langpad aandurf.
Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe die Ekuruleni-metropolisie 'n misdaadverdagte glo gemartel, vermoor en in 'n dam gegooi het. ANC- en EFF-parlementslede het harde woorde vir die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. En in ons profielonderhoud vind ons uit dat ekonome ook 'n sagte kant het.
Wessel Pretorius ontleed die jongste motorverkope.
President Donald Trump gaan niemand na die G20-beraad in Suid-Afrika stuur nie. Die FW de Klerk Stigting vra dat bendegeweld as 'n prioriteitsmisdaad verklaar word. 'n Groot eerbewys van die VN aan Sherwin Bryce-Peace, ons korrespondent in die VSA.
Wessel Pretorius toetsry 'n hibriede Chinese sportnutsvoertuig.
'n Web van bedrog span stywer by die Madlanga-kommissie. Twee derdes van die bevolking in Soedan is vlugtelinge weens die burgeroorlog in dié land. Parlementslede besluit dobbel is, 'n euwel en moet strenger beheer word.
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese kruisvoertuig.
Die besluit om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder word wyd verwelkom. Die oudminister van Polisie, Bheki Cele, kritiseer die strafregstelsel. Amerika stel strenger visumregulasies in vir Malawiërs en Zambiërs.
Ons praat met kenners oor die geloofwaardigheid van ons SA Polisiediens en die polisieminister se plan om geweld op die Kaapse Vlakte hok te slaan. 'n Klein wynprodusent praat oor die groot ekonomiese impak van die Trump-administrasie se 30%-tariefverhoging. 'n Wereldbekende klassieke pianis praat oor haar reis om vrede te maak met 'n siektetoestand wat beperkings kan plaas op haar vermoë om die klavier meesterlik te kan bespeel.
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Suid-Afrika is nie 'n staat wat misluk nie, die gebreke in die stelsel is dalk bedoel om so te wees, sê 'n professor van Noordwes-Universiteit. Palestyne in Gasa begin met die proses om die brokstukke van hulle lewe aanmekaar te sit. Ons fokus op Fanie du Toit, die aanbieder van, Leefwêreld van die Gestremde.
loading
Comments 
loading