Discover
JanOosthuizen
339 Episodes
Reverse
Die Skaal van die Lewe: Plesier en Betekenis in Goddelike Balans. Leef jy net vir die volgende lekker oomblik… of net vir die volgende verantwoordelikheid? Te veel plesier maak ons leeg. Te veel plig brand ons uit.Jesus sê: “Julle is die sout van die aarde… die lig van die wêreld.”Sout gee smaak én bewaar. Lig gee warmte én rigting.Kom ontdek hoe om jou tyd, jou besluite en jou lewe in Goddelike balans te bring — sodat jy nie net oorleef nie, maar floreer.
Jesus is ons vaste ANKER in (VUCA - Volitile, Uncertain, Complex and Ambigious) Onrustige, Onseker, Komplekse en Wisselvallige tye. NOU meer as ooit het die wêreld JESUS nodig!! SO baie uitdagings! So baie probleme! Jesus is ons ANKER PUNT - ons vaste Rots. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Heb 6:19 www.harvestercederberg.co.za/jesus-ons-anker-in-storm-tye/
20 ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Mat 12;18-21Hierdie gedeelte verwoord die wonderlike paradoks van Jesus as die Seun van God, die uitdruklike beeld van God (Heb 1:3) se deernisvolle sagtheid en sensitiwiteit as die Waarheid! Hy is immers die volle vleeswording van Waarheid, die Logos, die volmaakte geregtigheid, heiligheid en volmaaktheid van God. Matteus sien Jesaja 42:1-4 vervul word voor sy oë, in hoe Jesus met mense werk. Jesus laat toe dat sy dissipels handevol koring eet op die Sabbatsdag, en genees 'n man met 'n verdorwe hand op die Sabbat. Die fariseers en skrifgeleerdes veroordeel Jesus se dade. Jesus se verweer is: “Sou enigeen van julle, as sy enigste skaap op die Sabbatdag in ’n sloot val, versuim om hom te gryp en uit te trek? Natuurlik nie! 12Hoeveel kosbaarder is ’n mens nie as ’n skaap nie! Daarom is dit mos niks meer as reg om op die Sabbat goed te doen nie.” (Mat 22:11) Die fariseers het REËLS bo mense gestel. Jesus herinner hulle: “Die sabbat is gemaak vir die mens en nie die mens vir die sabbat nie.” Markus 2:27www.harvestercederberg.co.za/jesus-se-sagtheid-as-die-waarheid/
Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie — maar deur Gees-geïnspireerde aksieDaar is ’n oorlog wat nie op fisiese slagvelde plaasvind nie.Geen bloed.Geen geraas.Geen sirenes.En tog eis dit meer slagoffers as enige oorlog in die geskiedenis. Dis die oorlog binne-in.Gedagtes wat deurmekaar maal.Herinneringe wat soos getye opswel — ongevra, onbeheerbaar.Vrees wat soos ’n druppende kraan diep in ’n mens se psige bly drup… drup… sonder ophou.Twyfel wat fluister.Agterdog wat onkruid saai.Selfverwyt wat weergalm in die gange van jou hart.👉 En ons grootste fout? Ons probeer hierdie oorlog wen deur nog harder te dink.www.harvestercederberg.co.za/die-oorlog-in-jou-kop-word-nie-in-jou-kop-gewen-nie-maar-deur-gees-geinspireerde-aksie/
Ons almal droom—van ’n beter lewe, meer sukses, groter invloed en erkenning—maar die meeste drome bly net drome, as jy nie die werk insit om 'n droom te verwesenlik nie. Baie drome is egter net selfsugtige ambisie is en nie roeping nie. Daar is ’n wêreld se verskil tussen om jou eie droom na te jaag en om God se droom te leef: ambisie bou ’n naam, roeping bou ’n nalatenskap. Ambisie vra wat ek kan kry; roeping vra wat ek kan gee. Miskien voel jy vandag soos Josef in die put, of in kettings, of soos Jesus in Nasaret—ongesien en onderskat. Maar hoor dit: God se droom vir jou lewe is groter as jou huidige seisoen; sy woord oor jou is sterker as jou omstandighede; sy roeping is dieper as jou eie ambisie. Moenie net jou drome droom nie—droom God se droom, en leef dit met geloof, gehoorsaamheid en heilige oorgawe.www.harvestercederberg.co.za/droom-die-here-se-droom-deur-profetiese-input/
Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig Reeks #2 Goddelike Visualisering Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik? Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterdog—soos ’n privaat speurder wat altyd ’n “bedekte agenda” soek. In hulle wêreld het almal ’n motief om jou skade te doen; elkeen soek glo sy eie gewin. Hoe jy die lewe sien, bepaal hoe jy die lewe leef. In Mat 6:22-23 leer Jesus ons om reg te sien, met die oë van die hart wat skoon gewas is in Sy heerlike LIG!! Mag ons liefdevolle geestelike oogarts Jesus Christus ons sig kom aanraak en Heilige Gees oogdruppels ingooi in ons oë sodat ons kan sien soos Hy sien! Notas: https://www.harvestercederberg.co.za/sien-reg-met-n-hart-vol-van-sy-lig/
God verkoop nie ’n maklike pad met ’n geestelike “be blessed” plakker nie. Die Bybel maak nie mooi praatjies om jou toewyding te koop nie—dit vertel die waarheid.Moses het vooraf geweet daar gaan weerstand wees. Paulus het vooraf geweet daar gaan lyding wees. En tog… God was met hulle.Spreuke 13:12: “’n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ’n mens mismoedig…”Joh. 16:33: “In die wêreld sal julle verdrukking hê…”Kom hoor hoekom seën nie altyd gemak beteken nie, en hoekom die lewe se “op en af” dalk net bewys: jy’s nog lewendig—God skryf nog jou storie.
(Een flop maak nie ’n villain nie – Cancel of genade?)Jy ken my nie, jy ken net daai een oomblikOns leef in ’n wêreld van screenshots, snippets en stories.Iemand sê één ding verkeerd in ’n WhatsApp-groep, maak één fout by die werk, laat jou één keer sleg voel – en skielik het jy ’n “final opinion” oor daardie persoonNotas:
Het jy al gevoel: “Here… waar is U? Hoekom lyk dit of U ander antwoord en ek hoor net stilte?”Jy is nie alleen nie. ✨Hierdie Sondag bestudeer ons een van die mees eerlike en bemoedigende stories in die evangelies:Johannes die Doper – God se gunsteling – in die tronk… en Jesus bly stil.🔹 Hoekom red Jesus sommige mense… en ander nie?🔹 Wat doen jy wanneer jou omstandighede jou geloof wil steel?🔹 Hoe hanteer Jesus ons twyfel – regtig?🔹 Wat beteken Sy woorde: “Salig is hy wat aan My nie aanstoot neem nie”?📅 Hierdie Sondag⏰ 09:30📍 Harvester Gemeente Blomkerk Clanwilliam ⏰ 17:00 📍 Pomario Privaatskool Citrusdal🚸 Kinderbediening beskikbaar ☕️ Koffie en gemeenskap Bring jou vrae. Bring jou pyn. Bring jou twyfel.Jesus het ’n woord vir juis jou seisoen. 🌟Moet dit nie misloop nie.
Voel jy geestelik uitgehonger? Dis omdat jy nie net ’n liggaam het nie — jy ís ’n siel. En jou siel kan net versadig word deur die Woord wat lewe bring.“Die mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” – Matteus 4:4Ons vergeet dikwels wat ons lees, omdat ons dit nog nie ingeneem en geinternaliseer het nie. Dis soos om kos te proe, maar nooit in te sluk nie. God se Woord wil nie net in jou oë bly nie — dit wil in jou bloed, jou denke, en jou lewe ingaan!Wanneer jy Sy Woord toelaat om jou te vul, verander jy van binne af:🕊️ Jou gedagtes word helder en nugter 🔥 Jou hart brand weer vol geloof en passie🌱 Jou geloof word sterker 👉 Sluit aan hierdie Sondag by Harvester Cederberg vir die boodskap:“Laat jou siel gevoed word deur God se Woord.” Laat die Woord nie net op papier bly nie — laat dit vlees word in jou lewe!📍 Sondag, 09:30 | Harvester Kerk, Blom Kerk, Hoof Str, Clanwilliam💬 Koffie, aanbidding, en ware gemeenskap wag op jou.#WoordVanGod #SielVoeding #HarvesterCederberg #LeefDieWoord #JesusLeweInMyPreek Notas:
Het jy al agtergekom — die oomblik as jy vir iemand “nee” sê, word jy die slegte ou? Maar selfs God het grense gestel. Grense hou lewe in, en chaos uit.Elke keer wat jy “nee” sê, herwin jy grond wat die duiwel huurvry beset het. Elke grens is ’n geestelike oorlogsverklaring teen wanorde!
Die meeste mense in die Westerse wêreld hou nie van enige beperkinge nie. Ons wil ons eie lewens lei, op ons eie manier. Grense is nie tralies nie; dit is die randstene van wysheid. Soos sypaadjies 'n pad veilig hou, 'n skildery eers tot sy reg kom in 'n raam, en musieknote jou gemoed streel wanneer dit in 'n bepaalde ritme en akkoord is. Sonder grense raak liefde goedkoop, werk 'n afgod, en plesier leeg. Hierdie generasie wil alles ervaar, vrees om iets te mis (FOMO - "fear of missing out"), met almal vriende wees, plesier najaag en bly lekker voel in die proses.In hierdie preek gaan ons kyk na die belangrikheid van GODDELIKE HEILIGE grense in ons lewens. Ons gaan ondersoek hoe God se grense ons nie beperk nie, maar ons bevry om in sy volheid te leef. Kom ons ontdek saam hoe ons deur die aanvaarding van God se grense, 'n lewe van oorvloed en vreugde kan lei.
Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar ’n honger — jou gees weet: daar is meer… Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met ’n bewussyn vir die ewige — ’n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God. En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie geestelike sintuie afgestomp. Ons hoor, maar luister nie. Ons kyk, maar sien nie.Ons sing, maar voel nie meer nie. Hierdie Sondag ontdek ons saam hoe om weer daardie innerlike sintuie te herkalibreer — Ons gaan leer om Hom te sien, hoor, proe, ruik en voel — met die oë van die hart, die ore van die siel, en die aanraking van die Gees. Hierdie boodskap gaan jou help onderskei tussen emosie en openbaring, tussen die “gevoel van iets” en die werklikheid van Iemand — die Drie-enige God wat sigbaar word vir diegene met geopende oë. #Openbaring #Herlewing #Verkwikking #Vernuwing #GeestelikeDiepte
Herlewing—’n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike WelsynHERLEWING, VERNUWING, TRANSFORMASIE, VERANDERING, NUWE LEWE! Ons hoor gerugte en getuienisse van HERLEWING regoor die aarde, soos mense terugkeer na die Here toe!! Ons vervang die TEENWOORDIGHEID en INSPRAAK van die Heilige Gees so maklik met videogrepe, prentjies en inspirerende woorde hier en daar… terwyl Hy wag om ons TE VUL met Sy HEERLIKHEID! “Lord Whatever You’re doingIn this seasonPlease Don’t do it without medo it without me”Herlewing is nooit net ’n emosionele hoogtepunt of ’n kerkdiens wat langer aanhou nie. Dit is ’n kollektiewe openbaring—’n hele gemeenskap wat die erns van sonde erken, in berou terugkeer, en weer die ou paaie van toewyding aan God begin loop.Notas: www.harvestercederberg.co.za/herlewing-n-godgesentreerde-raamwerk-vir-ware-menslike-welsyn/Let us pray that He would find us WORTHY to impart His glory and grace as we empty ourselves to be filled with His Glory. #herlewing #vernuwing #nuwedinge #nuwelewe #ontwaking #transformasie #ingryping
Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar ’n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31).👉 Hoekom draai ’n skare se bewondering binne minute in haat?👉 Hoe kan één woord só uiteenlopende emosies losmaak?👉 En watter wapens het Jesus gebruik om die kultuuroorlog van sy tyd te oorwin?Ons leef vandag in dieselfde wêreld van vals persepsies, haatspraak, verdeeldheid en kultuuroorloë. Woorde soos “Apartheid, Boer, Malema, ANC, Beurtkrag” maak harte óf jubel óf kook van woede. Hoe antwoord ons as gelowiges hierop?✝️ Ontdek saam met ons hoe Jesus se wapens – die Woord, die Gees, waarheid, liefde en gehoorsaamheid – ons leer om nie toe te gee aan die gees van die wêreld nie, maar om ’n nuwe pad van vryheid te stap.
'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25Ons leef in ’n wêreld vol storms:Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep.Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar.Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië.Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie ken nie, net geld, plesier, status en eiebelang jaag. Huwelike word leeg, siektes neem toe, en miljoene voel vasgevang in wanhoop en vra: Waar is God?En tog, juis in só ’n wêreld laat die apostel Petrus sy stem hoor. Hierdie man wat Jesus verloën het, wat oorhaastig die oor van Malgus afgeslaan het, wat by die verheerliking tempels wou bou skryf nou – deur die Gees – met diepte, wysheid en gesag. Sy boodskap: daar ís hoop, daar ís ’n onverganklike erfenis wat nie gesteel of vernietig kan word nie (1 Pet. 1:4).👉 In Christus ontvang ons ’n nuwe identiteit:• Wedergebore tot ’n lewende hoop (1 Pet. 1:3).• Erfgename van ’n onverganklike erfenis (1 Pet. 1:4).• Losgekoop deur die kosbare bloed van Christus (1 Pet. 1:18–19).• Gebore uit onverganklike saad deur die lewende Woord van God (1 Pet. 1:23).• ’n Uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie, God se eiendomsvolk (1 Pet. 2:9–10).⚡ Hierdie nuwe lewe beteken:• Moenie vasval in sondige patrone nie (1 Pet. 1:14–16).• Leef nugter en paraat, met jou “lendene omgord en jou lampe brandend” (1 Pet. 1:13; Luk. 12:35).• Dra mekaar se laste en leef liefde (Gal. 6:2; 1 Pet. 1:22).💡 “Waar ware liefde is, sal jy heiligmaking sien; waar ware heiligmaking is, sal jy ongeveinsde liefde sien.”✝️ Kom ons verslaan die draak van sonde, vrees en wanhoop – nie deur ons eie krag nie, maar deur die lewende en gesproke Woord van God wat tot in ewigheid bly.Notas:
Ons almal soek daardie geheime resep vir sukses – die kortpad wat al ons probleme oplos. Maar die waarheid is: daar is nie een “magiese sleutel” vir elke slot nie. Die lewe is te kompleks. Tog belowe God: daar is ’n weg – ’n pad wat na lewe lei.Moses bid: “Here, maak my tog U weg bekend, dat ek U kan ken” (Eks. 33:13). En uiteindelik openbaar Jesus daardie weg volkome: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe” (Joh. 14:6). Hy is nie net die gids wat vir jou wys nie – Hy ís die pad self.Kom ontdek saam met ons hoe God Hom nie as ’n standbeeld wys om net te bewonder nie, maar as ’n lewenspad om op te loop. ’n Pad van liefde, waarheid, geregtigheid en oorvloedige lewe.Bring jou familie en vriende. Hierdie boodskap gaan jou wys hoe om ingestem te word op die frekwensie van die hemel – en lewe te ontvang wat jou en jou wêreld verander!
Voel jy leeg, moeg of vasgevang? Jou foon het battery nodig, jou motor brandstof—en jou siel het geestelike energie nodig. Depressie, angs, moedeloosheid en self-kritiek is energie-rowers.Maar die Evangelie skaam jou nie-dit dra jou."Want ek skaam my nie oor die evangelie vanChristus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo" (Romeine 1:16). En: "God werk in julle om te wil sowel as om te doen" (Filippense 2:13).Kom luister/lees hierdie boodskap: "Die Krag van dieEvangelie: Sy vermoë om te kán."In hierdie boodskap praat ons eerlik oor die draak wat elkeen van ons in die oë moet kyk-sieke, vrees, verslawing, finansiële skuld, skande of net 'n nuwe vermoë wat jy sukkel om te bemeester. Nie "probeer harder" nie, maar ontvang Sy krag: die Gees wat in jou 'n nuwe wil vorm (Romeine 8:1-4; Galasiërs 5:16-18). Dis nie self-dwang nie; dis Gees-gedrewe-heiligmaking met werklike "horsepower".
Van die begin af was dit God se begeerte om saam met Sy mense te wees — om saam met hulle te wandel, sodat ons Sy stem sal hoor, en Sy heerlikheid beleef. Maar te dikwels het ons die heilige samekomste van gelowiges vervlak tot blote rituele en vervelige godsdienspleging van sing dieselfde liedjie, preek ’n bietjie, en gee ’n tikkie oor en oor. Dit is tyd om weer honger te word vir die werklike teenwoordigheid van God tussen Sy mense — tyd om die krag, genesing, versoening en vreugde te beleef wat Hy belowe wanneer ons in sy Naam vergader.🤝 Kom saam… en beleef weer die wonder van wanneer God onder sy kinders wandel. “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.” (Matteus 18:20)KOM EN BELEEF EN ERVAAR JESUS HIER!! Preeknotas:
Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid?'n Goddelike OPROEP tot BEKERING!! Nou is die TYD!!! Is jou saak reg met die Here? Is jy gereed? Is jy ’n volgeling van Jesus? Is jy waaragtig ’n kind van die Here? Het jy innerlike VREDE? Die tye waarin ons leef — met oorlog, ramp, morele verval en massasterftes — is nie ‘n tyd vir stilte nie. #eindtye #nuusgebeure #rampe #oorlog #vloede #onrus #oproerigheid #onsekerheid #nuusflitse #tekensvandietye #wederkoms #bekering #




