DiscoverMiddagvervolgverhaal
Middagvervolgverhaal
Claim Ownership

Middagvervolgverhaal

Author: RSG

Subscribed: 135Played: 20,060
Share

Description

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
2908 Episodes
Reverse
Cor en Shorty probeer ‘n stokkie voor die nuwe paneelkameras se beeldmateriaal steek. Cor kry, met die hulp van ‘n jong IT-student, ‘n spesiale program wat ‘n gedokterde filter oor die beelmateriaal kan plaas. Cor oortuig vir Norman om van syfers en boekhou te vergeet, en liewer te fokus op die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Norman is dadelik geïnteresseerd. Miskien is Fortuna Trans nie so vervelig soos wat hy gedink het nie.
Sandra, die personeelhoof van Fortuna Trans, word dringend ingeroep om aan die drywers ‘n inligtingsessie aan te bied oor paneelkameras. Shorty is nie ten gunste van hierdie instelling nie. Hy voel die drywers word dopgehou omdat hulle nie vertrou word nie. Sandra verseker hom dat dit slegs vir hulle eie veiligheid is. Stefan deel die nuus met Shorty van ‘n nuwe aanstelling, wat Shorty warm onder die kraag maak.
Die drie broers ontmoet vir ‘n vergadering om die installering van die nuwe paneelkameras te bespreek. Gemoedere vat vlam, en Rian probeer vredemaker speel. Cor en Shorty ontmoet in die werkswinkel om die paneelkameras uit te toets. Sommer gou sien hulle dat hierdie hoogs gevorderde tegnologie is, en dat hulle vinnig ‘n plan sal moet beraam om hulle smokkelary en misdrywe te pleeg. Het Cor dalk reeds ‘n oplossing?
Piet en Laurinda du Preez geniet ‘n heerlike verrassingsontbyt, wat Laurinda vir hulle voorberei het. Laurinda noem aan Piet dat daar ‘n vreemde betaling uit haar bankrekening plaasgevind het - ‘n peperduur rekening vir ‘n hotelkamer. Piet trap klei, en skuif die blaam op ‘n CA van die Kaap. Dan kry Laurinda ‘n baie interessante stemboodskap, wat nie vir haar bedoel was nie...
Anika sien toevallig vir Cor in The Drunken Sailor-kuierkroeg. Sy is woedend, en voel misbruik en seergemaak dat Cor net verdwyn het sonder om haar te laat weet waar hy is. Stefan haal vir Norman oor die kole oor sy swak punte vir rekeningkunde. Norman voel sy pa is onbetrokke, en plaas onnodige druk op hom. Janine probeer vredemaker speel, maar is onsuksesvol.
Cor is tuis. Stefan wil hom ‘n paar warm klappe gee, maar Piet tree tussenbeide. Hy beskou Stefan se gedrag as kinderagtig en onvanpas. Cor beplan ‘n gesellige braai saam met sy ouers, waar hy hulle wil bederf met springbokfilet ná sy jagekskursie. Cor ontmoet vir Shorty in ‘n kroeg om sake te bespreek. Iemand sien per ongeluk vir Cor raak...
Stefan lê klem daarop dat die maatskappy moet belê in elektroniese hulpmiddels soos paneelkameras vir elke trok. Shorty word geroep om na die nuwe paneelkameras te kyk, en hy is in die wolke want diot sal sy werk makliker maak. Shorty kry ‘n interessante oproep van ‘n spesiale vriend wat hy al jare lank ken. Dan is daar ‘n klop aan die deur...
Shorty Swanepoel is behoorlik in die warm water. Rian du Preez ontbied hom om vir hom al die inklok- en uitkloktye van elke drywer, asook die dieselstrokies van die Mosambiekse aflewering, te bring. Cor is terug, en hy en Rian bespreek die gemors waarin Shorty hulle gedompel het. Cor ontvang ‘n oproep van ‘n vreemde nommer. Dit verander hulle planne drasties.
Piet du Preez belê ‘n noodvergadering, maar nie om te gesels oor Cor se verdwyning nie. Dit gaan oor ‘n verdagte Fortuna Trans-trok wat verlate staan op die Mosambiekse grens. ‘n Stewige boete moet betaal word. Rian kry ‘n interessante oproep. Cor is dalk veel nader as wat almal dink.
Daar is ‘n ligte atmosfeer in die kantore van Fortuna Trans. Dit is net nog ‘n doodgewone oggend by die Du Preez-familie se onderneming, tot Anika ‘n oproep ontvang. Piet du Preez, die sakemagnaat en eienaar van Fortuna Trans, se jongste seun word vermis. Weet Anika meer as wat sy voorgee? Waar is Cor du Preez?
Lena kry nie klaar gehuil nie. Emma hou nie op om haar te verras nie. Die kersversierings word weer geskuif. Lena en Emma maak boeke op. Die pakkamer kry ‘n nuwe naam.
Ben nooi Hannes vir koffie en skok hom. Rudolf is erg ontsteld. Hy soek raad by Oupa Krismis. Dis weer tyd vir groet en afskeid. Die kersversierings en huismense is ewe hartseer.
Lena bespreek haar ontsteltenis met Hannes, wat nie raad het nie. Oupa Krismis soek naarstigtelik na ‘n oplossing vir die kersversierings se jongste krisisse. Hy is verstom om te sien wie staan nader om te help. Hy beleef ‘n aand wat hy nooit sal vergeet nie.
Daar is ‘n geskarrel in die sitkamer want ‘n Kersboom word versier, en alles moontlik word gedoen om te verseker dit loop nie op ‘n deurmekaarspul uit nie. Luma neem ‘n groot besluit. Hoe goed daar ook al beplan is, eindig die dag op ‘n droewige noot.
‘n Hartseer Lena soek raad by Gloria. Gloria klop dadelik by Oupa Krismis aan vir bystand. Waaroor gaan al die drama? Worsie kom uiteindelik terug van sy naweekuitstappie vanaf Daisy. Die kersversierings hou asem op. Waarmee is Lena so bedrywig?
Hannes en Emma begin met Hannes se stapoefeninge. Gloria maak seker die kersversierings weet dis Welwillendheidsdag en almal weet wat dit beteken. Laataand begelei ‘n ontstelde Rudolf vir Gloria tuin toe. Wat het hy op sy hart?
Dis Oukersaand. Ben sit half verlore in die tuin. Lena druk hom in ’n hoek, en die twee praat hulle harte leeg. Luma en Lux besluit dis tyd om Blink uit sy wroeging te help. Almal se harte moet vol van die Kersfeesgees wees. Ben het ‘n groot versoek vir Oukersaand. Daar is ‘n klop aan die deur, en pandemonium breek los in die huis.
Rudolf ontpop in ‘n storieverteller. Oupa Krismis en Rudolf maak vrede. Emma bly tog te geheimsinnig, en Ben kan dit nie meer hou nie. Emma het nóg ’n verrassing, en dit neem die wind heeltemal uit Ben se seile.
Lena en Hannes hou voor hulle garage stil, en is heeltemal verstom. Hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Die Kersboom is uiteindelik versier, en dit het Lena in trane. Wie hang waar? Blink is nie op ‘n goeie plek nie. Hoekom nie? Tinsel en Worsie spring aanmekaar.
Emma is nog lank nie klaar om Lena en Hannes te verras nie. Emma en Ben word onverwags na die parkie naby hulle huis genooi, en hulle beleef ‘n onvergeetlike dag. ‘n Vreemde vrou klop aan Lena-hulle se voordeur.
loading
Comments