Discover
Middagvervolgverhaal
3041 Episodes
Reverse
Shaun vertel vir Neels dat sy ma sy pa vir ‘n egskeiding gedagvaar het, en nou met die helfte van sy besittings wegloop, onder andere die helfte van sy landgoed.
Nadat ‘n damwal verkrummel is Neelsie in gevaar. Hy besef dat die slyk die ingang na Neelsie, sy koffieplek, kan toeslik.
Daar is ‘n groot bakleiery by die huisie wat Xander huur, en dit veroorsaak baie skinderstories. ‘n Onbekende meisie is hierby betrokke. Die inwoners is bekommerd dat Marnus die hele kloof sal opkoop.
Neels gebruik Elzebet as sy eerste kliënt om sy verskillende soorte koffies te toets. voordat hy Neelsie amptelik open. Jorrie en Lienkie bespreek hulle planne vir die toekoms.
Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.




