Discover
Vers en Klank
761 Episodes
Reverse
17 November 2026: Sophia Kaap gesels met Dietloff van der Berg oor sy nuutste digbundel, Apofatiese Lens, wat onlangs verskyn het. As jy belangstel in die kwatryn as digvorm, wil jy dié een nie misloop nie.
10 November 2026: ’n Nuwe bloemlesing uit die werk van Joan Hambidge het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Dié bundel, Amberkamer, bevat ’n keur van gedigte uit die 15 bundels wat Hambidge sedert 2000 die lig laat sien het. Antoinette Kellermann is die voorleser.
3 November 2026: Die Vrystaat is ’n meer as net ’n provinsie. Dit is ’n atmosfeer wat jou bybly. Daardie eindelose ruimtes, die unieke kleurpalet, die groot blou hemel… dis eintlik g’n wonder mense raak so maklik nostalgies oor dié streek nie. Sophia van Taak en voorleser Johann Nel verken die werk van ons Vrystaatse digters. Jy kan uitsien na verse uit die bundels van Lina Spies, Gilbert Gibson, Ignatius Mocke en Antjie Krog.
27 Oktober 2026: In die vorige eeu was daar maar ’n handjievol vrouedigers in Afrikaans. Sedert die jaar 2000 het dié stemme egter hand oor hand toegeneem, en terselfdertyd het van ons mees bestendige digters soos Antjie Krog, Joan Hambidge, Marlise Joubert en Wilma Stockenström steeds aanhou publiseer. Sophia van Taak praat met prof. Karen de Wet oor hoe hierdie oplewing spesifiek met die samestelling van bloemlesings gevier word.
20 Oktober 2026: Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets... Stilte het amper iets geword wat ons moet loop soek. En tog is dit noodsaaklik: ’n ruimte waarin ons kan dink, luister, onthou, verlang – of eenvoudig net wees. Vir party mense is stilte heeltemal te ongemaklik, want dit maak hulle selfbewus, of eensaam, of laat hulle verlang. Sophia van Taak en die voorleser, Karli Heine, verken dié tema.




