Discover
Vers en Klank
761 Episodes
Reverse
24 November 2026: Luister na Sophia van Taak se keuse van gedigte oor die verwagting, geboorte en eerste jare van ’n dogtertjie. Van die wonder van nuwe lewe wat deur klein handjies ontdek word, tot die groot liefde wat ’n mens in jouself vir só ’n kleinding voel. Cintaine Schutte lees dié gedigte met besondere deernis – én met ’n dogtertjie op pad in haar eie lewe!
17 November 2026: Sophia Kaap gesels met Dietloff van der Berg oor sy nuutste digbundel, Apofatiese Lens, wat onlangs verskyn het. As jy belangstel in die kwatryn as digvorm, wil jy dié een nie misloop nie.
10 November 2026: ’n Nuwe bloemlesing uit die werk van Joan Hambidge het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Dié bundel, Amberkamer, bevat ’n keur van gedigte uit die 15 bundels wat Hambidge sedert 2000 die lig laat sien het. Antoinette Kellermann is die voorleser.
3 November 2026: Die Vrystaat is ’n meer as net ’n provinsie. Dit is ’n atmosfeer wat jou bybly. Daardie eindelose ruimtes, die unieke kleurpalet, die groot blou hemel… dis eintlik g’n wonder mense raak so maklik nostalgies oor dié streek nie. Sophia van Taak en voorleser Johann Nel verken die werk van ons Vrystaatse digters. Jy kan uitsien na verse uit die bundels van Lina Spies, Gilbert Gibson, Ignatius Mocke en Antjie Krog.
27 Oktober 2026: In die vorige eeu was daar maar ’n handjievol vrouedigers in Afrikaans. Sedert die jaar 2000 het dié stemme egter hand oor hand toegeneem, en terselfdertyd het van ons mees bestendige digters soos Antjie Krog, Joan Hambidge, Marlise Joubert en Wilma Stockenström steeds aanhou publiseer. Sophia van Taak praat met prof. Karen de Wet oor hoe hierdie oplewing spesifiek met die samestelling van bloemlesings gevier word.




