Discover
Monitor
4184 Episodes
Reverse
Gautengse munisipaliteite word gemaan om hulle waterverbruik met 40% te verminder. Kabinets- en parlementslede kry 'n salarisverhoging hoër as inflasie. 'n Megaboer in die Vrystaat, Nick Serfontein, gee sy insig oor die bek-en-klouseer-krisis.
Die dodetal in gister se gru-ongeluk by Vanderbijlpark styg tot 14. Die spanning tussen die VSA en Europa neem toe oor Groenland. SASSA waarsku dat toelaes vir asielsoekers en vlugtelinge fopnuus is.
Die oorstromings in vyf provinsies word tot 'n nasionale ramp verklaar. Die minister van verdediging las 'n ondersoek na Iran se deelname aan 'n BRICS-vlootoefening. Die Afrika Unie verwelkom die herverkiesing van Yoweri Museveni as die president van Uganda.
Dele in die noordooste van die land het vandeesweek reeds meer as 500 millimeter reën ontvang, met 'n Rooi Vlak 10-waarskuwing dat nóg swaar reën gaan val. Meer as 1 400 padsterftes oor die feestyd laat die vraag ontstaan: Hoe takel ons wetteloosheid op die paaie? SMS- en WhatsApp-bedrog is steeds die foefie van voorkeur – ‘n kenner vertel waarvoor jy op die uitkyk moet wees.
Reaksie op die minister van landbou se plan om bek-en-klouseer teen 2036 uit te roei. Sal die Kwazulu-Natalse polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi se kontrak hernu word? Ons praat met ‘n polisiekenner. Duisende matrieks het met universiteitsvrystelling geslaag, maar plek in universiteite is beperk.
Ons bespreek skole se uitdagings in 2026 met twee onderwyskenners. Bye in dele van die Wes- en Oos-Kaap moet nou gevoer word, weens brandskade. Ons praat met Suid-Afrika se matriek-toppresteerder, Abigail Kok van George.
Die matriekklas van 2025 behaal die hoogste slaagsyfer ooit. 'n Effense daling in die matriekslaagsyfer van die Onafhanklike Eksamenraad. Ons praat met 'n paar uitblinkers van die 2025-matriekgroep. Die parlementêre ad hoc-komitee wil 'n aantal hoëprofiel getuies roep om oor polisiekorrupsie te getuig.
'n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir aanhoudende swaar reën in die verre noordooste van die land. Berigte van hewige bloedvergieting in Iran, met ‘n dreigement van Amerika dat hulle sal inspring. Kritiek op Suid-Afrika se vlootoefening in Simonstad saam met Iran en Rusland.
Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap waarsku inwoners van die Zwartenbosch-gebied om hulle huise onmiddellik te ontruim weens onbeheerde brande. Die hof se tersydestelling van 'n tender vir 'n nuwe rybewys-kaartmasjien, word verwelkom. Die dreigement van 'n komende oorlog in Europa word ernstig deur regerings opgeneem.
Hoe sal die VSA se oorname van Groenland die geopolitiek verander? Brande in die Mosselbaai-omgewing veroorsaak groot skade. Die EFF versoek dat studenteskuld afgeskryf word - OUTA reageer op dié voorstel.
Daar moet nog plek gevind word vir sowat 5 000 graad 1- en 8-leerders by skole in Gauteng. 'n Twis oor Suid-Afrika se beleid oor Amerika se aanval op Venezuela ontwikkel tussen die ANC en die Vryheidsfront Plus. Dele van Johannesburg sit sonder water weens herstelwerk wat gedoen word.
Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela - ons praat met 'n politieke ontleder. Gift of the Givers help met watervoorsiening in die Klein Karoo. 'n Groot daling in brandstofpryse om middernag, maar ekonome is bekommerd oor die sterk rand se impak op uitvoere.
Die Verenigde Nasies hou vandag 'n noodvergadering oor Amerika se aanval op Venezuela. Brandstofpryse daal vandeesweek. Twintigduisend mense word by die Kaapse karnaval in Groenpunt verwag.
Met verkiesings op hande, is politieke partye dit eens dat 2026 'n beslissende jaar vir demokratiese toesig en plaaslike regering in Suid-Afrika sal wees. Nooddienste in Nelson Mandelabaai is op hoë gereedheid te midde van die voortslepende brandgevare. Uitspraak in die Phala Phala-saak wat reeds in November 2024 aangehoor is, word steeds voorbehou.
President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met ’n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.
Die ANC het vanjaar 'n reeks wysigings aan sy grondwet voorgestel - ons sit dit uit een. Die Madlanga-kommissie hervat weer in Januarie - ons neem die getuienis tot dusver in oënskou. Die nuwe jaar is om die draai en die land se paaie gaan weer besig raak - ons praat met die verkeersowerhede.
Moontlike brandstofprysverligting vir motoriste in die nuwe jaar. Vakbonde is onsteld oor die groot getal onderwysers wat glo betrokke is by die jongste matriekbedrog. Bafana Bafana het die uitklopfase van AFCON bereik - waar kan ‘n verdere verbetering in spelpeil vandaan kom?
Die polisie in Gauteng soek steeds na ‘n groep gewapende transitorowers ná Saterdag se geweldadige tonele in Thokoza. Klopjagte in die Wes-Kaap lei tot die inhegtenisneming van minstens drie verdagtes in verband met bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Rusland loods 'n rits nuwe aanvalle op Oekraïne se hoofstad kort voor gesprekke tussen die Amerikaanse president en die president van Oekraïne.
Gautengse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die getal tiener-ma's in die provinsie. Die feesseisoen is 'n bitter herinnering van verlies vir slagoffers van bendegeweld in die Wes-Kaap. Verkeersvolumes begin van vandag af weer toeneem. Ons praat met die onderskeie verkeersowerhede.
Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale kerstradisies vanoor regoor die wêreld en uit Suid-Afrika, spesiale kersdisse, wat mense se kersherinneringe is, hoekom kersfilms soveel heimweë uitlok, en wat die kleingoed in hulle kerskouse wil hê.




