DiscoverMonitor
Monitor
Claim Ownership

Monitor

Author: RSG

Subscribed: 52Played: 3,948
Share

Description

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
4375 Episodes
Reverse
15 Oktober 2026: 'n Verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die skietery in Katlehong aan die Oos-Rand wat die lewens van vier lede van die ANC-jeugliga geëis het. Ons praat met die polisie se voormalige misdaadintelligensie-operateur, David Africa, oor die herverskyning van PAGAD op die Kaapse Vlakte. Rioolwater in Hartebeespoortdam wek opnuut kommer.
14 Oktober 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie se riglyne om telebemarkers te beheer, kom onder skoot. Die regering se pogings om met landsburgers te kommunikeer word dikwels deur waninligting gefrustreer - ons praat met 'n adjunk direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel-afdeling hieroor. City Power in Johannesburg tree teen die sindikate op agter onwettige elektrisiteitsverbindings.
13 Oktober 2026: Tshwane se burgemeester beweer dat die stad sy finansiële situasie omgekeer het. Die adjunk nasionale polisiekommisaris se bedanking behoort nie die einde van verantwoordbaarheid te wees nie, sê die parlementere polisiekomitee. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor aansoeke aan deur die EFF en 'n ander party oor die artikel 89-komitee se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as hoofbewysleier terug te trek.
12 Oktober 2026: Meer as 'n miljoen matrikulante sal van vandeesweek af in die finale eksamen pen op papier sit. Asielaansoeke deur buitelanders sal na verwagting van 10 November af weer verwerk word. Spanning laai op binne die Regering van Nasionale Eenheid oor die ANC se hantering van betrekkinge met Amerika.
9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.
loading
Comments