Discover
Kortom
566 Episodes
Reverse
Fanie Viljoen beskryf in sy kortverhaal, SUPERZERO’S, twee jongs seuns se eerste besoek aan ’n gym, en al die kaskenades wat daar gebeur tydens ‘n oefensessie. Die voorleser is Brendan Kruger.
Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, BIDURE EN ’N MIDDERNAGDIENS, voor.
J.J. Roberts beskryf in sy kortverhaal, MET ‘N STUKKIE VONKEL & SAND, ’n vrou se ervaring van ’n Nuwejaarspartytjie, en hoe dit haar onverwags beïnvloed het. Die voorleser is Eloise Cupido.
Kersliggies en geskenke. Blinkgoed, breekgoed, klere en snuisterye uit kerspapier. Dalk is jou hart warm, of dalk is jy teleurgesteld in jou geskenkie. In ‘n spesiale Kortom op Kersdag leer ons weer die simboliek van ‘n geskenk in die Kerstyd. Anrich Herbst lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE LORRETJIE, voor.
Emma Bekker beskryf in haar kortverhaal, WE FREAKKINGS, ‘n ma wat vertel oor ‘n besonderse Kerskonsert waarin haar seun gespeel het. Die voorleser is Marina Coetzee.
Deel 2: ‘n Byt van ‘n hond op ‘n ongelukkige plek het gelei tot Pieter van der Westhuizen se verhaal, KLOTE PETOORS. Frieda van den Heever is die voorleser.
Johan Joubert lees L.A. Grobler se kortverhaal, WESKUSVAKANSIES IN SUIDWES, voor. Dit handel oor al die humoristiese gebeure wat tydens só ‘n vakansie gebeur.
Deel 1: ‘n Byt van ‘n hond op ‘n ongelukkige plek het gelei tot Pieter van der Westhuizen se verhaal, KLOTE PETOORS. Frieda van den Heever is die voorleser.
Christelle van Rooyen-Wessels skryf in haar kortverhaal, HARTSNAAR, van twee boeties wat hulle verlede in die oë moet staar, en besluit wat die pad vorentoe is. Mortimer Williams is die voorleser.
Deel 2: Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE APTEKERSBLONDINE.
Deborah Steinmair skryf in haar kortverhaal, DIE PERFEKTE MOORD, van ‘n misdaadmanuskrip wat op ‘n uitgewer se tafel beland. Alles is egter nie pluis met die inhoud nie. Natasja Jacobs is die voorleser.
Deel 1: Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE APTEKERSBLONDINE.
L.A. Grobler vertel jou meer van ‘n spookagtige ervaring by ‘n ou murasie in sy kortverhaal, NAG BY DIE OU MURASIE. Die nuuskierige voorleser is J.J. Roberts.
Frieda van den Heever lees die tweede deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE KYK, waarin ‘n jong vrou vernietig word deur dorpsdwase se liegstories.
C. Louis Leipoldt vertel in sy kortverhaal, DIE TRANSPORTRYER SE STORIE, van ‘n transportryer se vreemde ontmoeting met twee Boerekinders tydens een van sy togte. Die verbaasde voorleser is Sean Brebnor.
Frieda van den Heever lees die eerste deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE KYK, waarin ‘n jong vrou vernietig word deur dorpsdwase se liegstories.
Woon saam met Willem D. Kotze in sy kortverhaal, BRUILOF VIR OOM WESSEL, ‘n bruilofonthaal by. Die opgewonde voorleser is Izel Bezuidenhout.
Anrich Herbst lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, WIE WEET WAT MENS NOOIT VAN WEET NIE. ‘n Jong seun wat deur sy pa verwerp word omdat hy nie eintlik in sport belangstel nie en boonop in vroueklere betrap word, se lewe rafel uit, en hy moet die skerwe optel.
P.J. Bosman vertel jou van ‘n intense snoekerspel in sy kortverhaal, SNOEKER. Andreas Jordaan is die voorleser.
Frieda van den Heever lees Maretha van der Westhuizen se kortverhaal, KOUE BOBOTIE, voor. Die waarheid moet uit wanneer ma, suster en dogter saam eet, oor waarom pa die pad gevat het.




