Discover
Kortom
576 Episodes
Reverse
L.A. Grobler vertel in sy kortverhaal, EK & MY MENSE, van lawwighede wat die mensdom aanvang, gewoonlik onverwags. Die voorleser is Stephanus Stanton.
Frieda van den Heever lees Alida de Bruyn se kortverhaal, WAAR DIE GROND NOG FLUISTER.
Gerda Taljaard vertel in haar kortverhaal, ‘N SKOON BLADSY, van ‘n dame wat ‘n nuwe lewe saam met haar suster wil begin, veral nadat haar suster met geheueverlies wakker word in die hospitaal. Die voorleser is Elsabe de Jager.
Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, TE DIK VIR ’N DAHLIA, voor.
Fanie Viljoen vertelin sy kortverhaal, STERT, van ‘n keuse wat ‘n jong seun moet maak. Hoe ver sal hy deur groepsdruk en nuuskierigheid gelei word? Sal hy betyds kan stop voor spyt begin intree? Die voorleser is Hanno van Zyl.
Richard van der Westhuizen lees die tweede deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, MANNETJIES GERICKE, voor. Die verhaal ontvou in die tyd van die Coalbrookmynramp in Suid-Afrika.
Johan de Nysschen vertel in sy kortverhaal, LETSELS, van ‘n dame se romantiese herinneringe wat vlamvat nadat sy ‘n man in ‘n koffiewinkel herken het. Karen Wessels is die voorleser.
Richard van der Westhuizen lees die eerste deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, MANNETJIES GERICKE, voor. Die verhaal ontvou in die tyd van die Coalbrookmynramp in Suid-Afrika.
Dineke Volschenk vertel in haar kortverhaal, DIE KUNS VAN ONDERHANDELING, hoe ‘n vrou ‘n slinkse plan moes beraam om ‘n dief uit te oorlê tydens ‘n huisbraak. Die voorleser is Yvette Johnson.
Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, MUNCHAUSEN, voor.
Fanie Viljoen beskryf in sy kortverhaal, SUPERZERO’S, twee jongs seuns se eerste besoek aan ’n gym, en al die kaskenades wat daar gebeur tydens ‘n oefensessie. Die voorleser is Brendan Kruger.
Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, BIDURE EN ’N MIDDERNAGDIENS, voor.
J.J. Roberts beskryf in sy kortverhaal, MET ‘N STUKKIE VONKEL & SAND, ’n vrou se ervaring van ’n Nuwejaarspartytjie, en hoe dit haar onverwags beïnvloed het. Die voorleser is Eloise Cupido.
Kersliggies en geskenke. Blinkgoed, breekgoed, klere en snuisterye uit kerspapier. Dalk is jou hart warm, of dalk is jy teleurgesteld in jou geskenkie. In ‘n spesiale Kortom op Kersdag leer ons weer die simboliek van ‘n geskenk in die Kerstyd. Anrich Herbst lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE LORRETJIE, voor.
Emma Bekker beskryf in haar kortverhaal, WE FREAKKINGS, ‘n ma wat vertel oor ‘n besonderse Kerskonsert waarin haar seun gespeel het. Die voorleser is Marina Coetzee.
Deel 2: ‘n Byt van ‘n hond op ‘n ongelukkige plek het gelei tot Pieter van der Westhuizen se verhaal, KLOTE PETOORS. Frieda van den Heever is die voorleser.
Johan Joubert lees L.A. Grobler se kortverhaal, WESKUSVAKANSIES IN SUIDWES, voor. Dit handel oor al die humoristiese gebeure wat tydens só ‘n vakansie gebeur.
Deel 1: ‘n Byt van ‘n hond op ‘n ongelukkige plek het gelei tot Pieter van der Westhuizen se verhaal, KLOTE PETOORS. Frieda van den Heever is die voorleser.
Christelle van Rooyen-Wessels skryf in haar kortverhaal, HARTSNAAR, van twee boeties wat hulle verlede in die oë moet staar, en besluit wat die pad vorentoe is. Mortimer Williams is die voorleser.
Deel 2: Richard van der Westhuizen lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE APTEKERSBLONDINE.




