DiscoverLigpunt Pretoria
Ligpunt Pretoria
Claim Ownership

Ligpunt Pretoria

Author: Ligpunt Pretoria

Subscribed: 1Played: 4
Share

Description

'n Gemeenskap van gelowiges geroep om God se lig te laat skyn.


As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons. 


Vir meer inligting 🌐Ligpunt-webtuiste


Kom kuier by ons📍Willows Country Lodge

358 Episodes
Reverse
Jesus is die plek waar hemel en aarde met mekaar verbind word. Hy is die Seun van die Mens deur wie God en mense versoen en verenig kan word. In Jesus het God na óns toe gekom, omdat ons nie by Hóm kan uitkom nie. Teks: Johannes 1:29-51 Prediker: Johan Verster Datum: 8 Maart 2026
Bob Thune deel tydens 'n samekoms met die Union-netwerk van kerke oor bediening "onder die son".  Dis egter van toepassing op elke Christen se lewe en hoe ons met die waarheid omgaan dat "life under the sun isn’t everything we wish it was and yet God is faithful, so fear God and keep His commands." Teks: Prediker 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 25 Februarie 2026
Teks: 1 Petrus 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 1 Maart 2026
Teks: 1 Petrus 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 28 Februarie 2026
Teks: 1 Petrus 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 28 Februarie 2026
Johannes Dünser deel sy getuienis oor sy ervaring November verlede jaar toe sy bakkie gekaap is en wat die Here Hom daardeur geleer het.  Datum: 1 Maart 2026
Bob Thune is die hoofpredikant en stigter van Coram Deo Church in Omaha, Nebraska. Hy dien ook op die Keller Center for Cultural Apologetics en die Raad van The Gospel Coalition.  Teks: 1 Petrus 4 (ESV) Datum: 25 Februarie 2026
Die Geloofsgemeenskap (medegelowiges) is nie bloot ’n ekstra hulpbron nie; dit is God se vasgestelde manier om ons staande te hou tot die Dag van die Here aanbreek. Teks: 1 Tessalonisense 5:1-28 (ESV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 22 Februarie 2026
Om te wandel op ’n wyse wat ons roeping waardig is - in liefde, as kinders van die lig, en met wysheid - vereis aanhoudende afhanklikheid van God se Gees. Teks: Efesiërs 5:1-20 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 15 Februarie 2026
Gelowiges se hoop spruit uit die ken van God en uitsien na 'n wonderlike erfenis, en word gedra deur die opstandingskrag van Jesus. Teks: Efesiërs 1:15-23 (AFR2020) Prediker: Eloff van Niekerk Datum: 8 Februarie 2026
God is lig; daarom wandel dié wat werklik aan Hom behoort in die lig — en die duidelikste bewys van daardie ligvervulde lewe is liefde vir mekaar. Liefde is nie sentimenteel of opsioneel nie; dit is die onvermydelike uitwerking van 'om in die lig te wandel'. Teks: 1 Johannes 2:7-11 (AFR2020) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 1 Februarie 2026
Die gepaste reaksie vir die wat weens hul sonde in duisternis wandel, is om in geloof na Jesus as die Lydende Dienskneg te kom en in afhanklikheid op Hom te vertrou as God se lig vir die nasies. Teks: Jesaja 50 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 25 Januarie 2026
Om ’n Christen te wees, beteken nie net dat ’n mens God se lig in die persoon en werk van Jesus raaksien en nuwe lewe daarin vind nie, dit beteken dat jy so ingrypend deur daardie lig verander word, dat jou ganse bestaan deel in Jesus se identiteit en sending om lig te wees in ’n donker wêreld. Teks: Matteus 4:12–5:16 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 18 Januarie 2026
Die voorspoedige lewe is in Christus se Heerskappy, daarom buig ons die knieg en vind skuiling in Hom. **Die laaste gedeelte van die preek is ongelukkig nie opgeneem nie. Teks: Psalm 2 (AFR2020) Prediker: Stephan Truter Datum: 11 Januarie 2026
Twee paaie word uitgelê in Psalm 1: die pad van die regverdiges wat vreugde vind in God se Woord en sal wees soos 'n boom geplant by watervore en die pad van die goddeloses wat lei tot vernietiging. Maar hoe lyk dit om vreugde in die Here te vind? Teks: Psalm 1 (AFR2020) Prediker: Ruben de Koning Datum: 4 Januarie 2026
Jesus is die Verlosser vir alle mense — veral vir die nederiges en geringstes onder ons. God keer verwagtinge om: die grootste nuus kom eerste na dié wat as die minste belangrik beskou word. Teks: Lukas 2:1-21 (AFR2020) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 25 Desember 2025  
Psalm 70 leer ons om ons pyn nie weg te druk of met wraak te hanteer nie, maar dit eerlik voor God uit te stort. In plaas daarvan dat seer en woede soos ’n kanker in ons binneste groei, roep ons die Here aan, vertrou ons die onreg aan Hom toe en hou ons vas aan Christus as bewys dat God Sy kinders nie vergeet nie. Teks: Psalm 70 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 21 Desember 2025
God konfronteer ons sonde om ons te genees en nuut te maak — en deur eerlike skuldbelydenis bring Hy nuwe lewe in ons en eer aan Hom. God se aanspreek én ons skuldbelydenis is ’n uitnodiging om die waarheid in die lig te bring, sodat Hy sy reiniging en vernuwing in ons kan bewerk. Teks: Psalm 51 (AFR2020) Prediker: Dewald Wagner Datum: 14 Desember 2025
God gebruik beide welvaart en pyn om ons blydskap in Hom te verdiep en Hy lei Sy mense altyd van trane na lofprysing. Teks: Psalm 30 (ESV) Prediker: Stephan Truter Datum: 7 Desember 2025
Kersfees herinner ons aan die verstommende nuus dat God MENS GEWORD HET. Dit is noodsaaklik dat ons die menslikheid van Jesus bely, want sonder 'n menslike Verlosser is daar geen verlossing vir mense moontlik nie. Teks: 1 Johannes 4:1-11 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 30 November 2025
loading
Comments 
loading