Discover
KLETS
KLETS
Author: Afrikaans.Radio
Subscribed: 13Played: 110Subscribe
Share
© Afrikaans.Radio
Description
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
265 Episodes
Reverse
Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water.
In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk.
Terwyl die res van die wêreld ook nie juis rustig is nie, vra ons die vraag wat niemand by die braai wil vra nie: waar’s jou emergency pack? En wat gaan daarin? Hint: dis meer as twee minute-noedels en ’n gebed.
Ons kyk ook na die vetste en maarste lande. Ons het gedink ons weet. Ons het nie.
Ons gunsteling insekte in SA kry ’n oomblik, want nie alles wat kruip is ’n probleem nie. Net die meeste.
En die eerste Kat van die week maak sy opwagting. Die kat weet nog nie van die roem nie. Die kat gee in elk geval nie om nie.
Dis riool en relaas.
Dis emmers en emergency packs.
Dis kilogramme en kakkerlakke.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/
Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou.
Fekile Mbalula stort ’n traan, soos ’n goeie hofnar betaam, ná die Constitutional Court se uitspraak. Die vraag is net wie se traan dit regtig was.
Dan die middelklas. Waarheen het hulle verdwyn, en hoe oorleef “hulle” nog? Colene gaan terug na 2000 en gee ons brood, melk en brandstof se pryse. Dan kyk ons wat dieselfde mandjie nou in 2026 uit jou sak jaag. Ja, jy gaan ’n bietjie sit en wens jy was ’n CEO van ’n JSE company.
En omdat 2026 ook sy eie taal het, kyk ons na die woorde wat die meeste opslae gemaak het.
Dis plakate en prysetikette.
Dis trane en tariewe.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/
Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die stories en passie wat in elke bottel vasgevang is. Dis die eerste 𝗞𝗟𝗘𝗧𝗦 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗚𝗹𝗮𝘀..
𝗡𝗼𝗴 𝗻𝗶𝗲 ‘𝗻 𝗸𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝗻𝗶𝗲? Gebruik die skakel onder om te bespreek en te betaal. Daar is net ‘n paar sitplekke oor, bespreek nou: https://afrikaans.radio/bartho-eksteen-29-oktober-2026/
Dis wyn en waarheid.
Dis passie in ‘n bottel.
Dis ‘n paar stoele wat nog wag.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳.
Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk.
Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig te hou as om die mense te beskerm wat hulle betaal. Veiligheid is mos 'n prioriteit. Net nie joune nie.
Dan skuif ons na die wêreldverhoog. Wit kruise word geplant in die agterplaas van die Withuis, en skielik is moord op 'n klein groep mense in Suid-Afrika op die grootste verhoog ter wêreld. Maar, natuurlik nie sonder 'g groot mate van kritiek nie.
Die Madlanga-kommissie duur voort. Ons luister, ons knik… en ons wonder of ons werklik reg was om al die "waarheid" te wou hoor.
Dis AK47's en agterplase.
Dis ministers en lyfwagte.
Dis kruise en kommissies.
Dis die waarheid, of ten minste die weergawe wat ons kon hanteer.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/
Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is.
Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. 𝘓𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦 𝘦𝘱𝘪𝘴𝘰𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘿𝙧 𝙈𝙞𝙘𝙠𝙞 𝙋𝙞𝙨𝙩𝙤𝙧𝙞𝙪𝙨 𝘩𝘪𝘦𝘳 - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/
Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardêrs en 28 sentimiljoenêrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land.
Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika.
En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week".
Dis vrees en syfers.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube








