DiscoverDoxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo Auckland Afrikaans
Claim Ownership

Doxa Deo Auckland Afrikaans

Author: Doxa Deo New Zealand

Subscribed: 3Played: 6
Share

Description

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
140 Episodes
Reverse
One Another_Deel 3

One Another_Deel 3

2023-08-0640:15

Waar daar eenheid is tussen mekaar floreer God se seën! Wat is die dinge wat eenheid wil versteur en hoe deel ons daarmee?
One Another_Deel 2

One Another_Deel 2

2023-07-3139:07

God se Koninkryk het 'n spesifieke en unieke kultuur, 'n manier van dinge doen. Om mekaar onvoorwaaderlik lief te hê is die fondasie. Luister saam hoe ons die kultuur van die Koninkryk kan vestig tussen mekaar deur hoe on smet mekaar praat. Doen alles wat julle doen in liefde (1 Korintiërs 16:14)
One Another_Deel 1

One Another_Deel 1

2023-07-2341:45

God se nuwe opdrag hou uidaaglike maar opwindende implikasies vir ons in. In die ontdekking van God se onvoorwaardelike liefde vir ons (alleenlik gebasseer op waarde) vertrou Hy ons met die vermoë om mekaar dieselfde lief te hê. In elke verhouding behoort die vraag te klink: "Wat vra liefde van my?" Geniet die reeks
Hoor en doen!
Verstandelike gesondheid & Bekering
Hoe leef ons verstandelik gesond met ons denke gevestig in Jesus Christus...
Die meeste van ons weet wat ons moet doen -- maar weet en doen is twee verskillende dinge. In Deel 2 van Oomblikke Voor die Kruis volg ons Jesus van die Boonste Vertrek na die Tuin van Getsemane, en ons ontdek wat dit werklik beteken om die teorie van bly in lewende geloof te omskep.
Wat as die geheim van 'n vrugbare lewe niks te doen het met harder probeer nie? In hierdie boodskap uit ons 'Oomblikke Voor die Kruis'-reeks, ondersoek ons wat Jesus vir Sy dissipels gesê het net ure voor Sy arrestasie — en hoekom die woord 'bly' dalk die mees lewensveranderende woord is wat jy hierdie Paasfees sal teëkom. Luister nou en ontdek hoe om verbonde te bly aan die Bron alles verander."
Hoe gebeur ware transformasie in die lewe van ’n volgeling van Jesus? Om Verander te Word, kyk ons na Paulus se woorde in 2 Korintiërs 3:18 en ontdek ons dat geestelike groei nie deur ons eie wilskrag, emosies of kennis gedryf word nie, maar deur die Heilige Gees. Wanneer ons God se heerlikheid aanskou en eerlike gemeenskap met Hom geniet, gebeur iets merkwaardig: ons word geleidelik verander na die beeld van Jesus.
Wat is die verskil tussen om Christelik te klink en werklik Christus-agtig te word?Vandag kyk ons na Paulus se kragtige uitdaging aan die gemeente in Korinte. Selfs met geestelike gawes, passievolle aanbidding en diep kennis, het iets noodsaaklik ontbreek. Sonder liefde was dit net geraas.Hierdie boodskap nooi ons om nie net die genade van Jesus te ontvang nie, maar om die genade van Jesus te word. Wanneer ons Christus aanskou, in Hom bly en toelaat dat Sy karakter ons vorm, begin geduld en vriendelikheid natuurlik uit ons lewens vloei. Dissipelskap gaan nie net daaroor om Jesus te bewonder nie, maar om werklik in Sy beeld verander te word.
Wat as geestelike volwassenheid nie gaan oor om méér vir God te doen nie, maar om dieper deur Hom liefgehê te word?Vandag ontdek ons hoe Paulus die Korintiërs—en ons—lei na die ware oplossing vir onvolwassenheid: om God as Vader te ken. Hierdie boodskap wys hoe liefde identiteit voorafgaan, identiteit aktiwiteit voorafgaan, en hoe die liefde van die Vader ons verander van “gewone mense” na geliefde seuns en dogters wat Sy liefde in die wêreld word.
"Becoming Love" is ’n uitnodiging om God se heerlikheid te leef. Ontdek hoe geestelike volwassenheid gemeet word nie deur prestasie of kennis nie maar deur transformasie in liefde.
Ons glo vas dat ons by die eindpunt begin. Jesus het dit moontlik gemaak—die kruis was 'n sukses. Die werk is klaar. Ons hoef nie die leer te klim om God te bereik nie. Hy het dit vir ons gedoen—maar meer nog, Hy het dit met ons gedoen en Hy doen dit in ons. As dit is waar ons begin, waarna mik ons? Ons streef daarna om lief te hê—om Sy liefde te wees, Sy getroue teenwoordigheid in hierdie wêreld.
In Christus is jy nie meer wie jy was nie, jy is wie God sê jy is. Ontdek die 11 identiteitverskuiwings wat jou geloof en lewe herskep.
n Woord van God verander alles. In hierdie boodskap ontdek ons hoe Doxa Deo op ’n Goddelike belofte gebou is, hoe deernis lei tot aksie, en hoe God gewone mense gebruik om stede te transformeer. Hierdie is jou uitnodiging om deel te wees van God se missie.
Bekering gaan nie oor skuld nie, maar oor belyning. Leer hoe nuut dink ware transformasie bring. Die Here is reeds besig met ’n goeie werk in jou. Bekering is jou uitnodiging om saam Hom te werk.
God sê Hy maak alles nuut, maar ware verandering gebeur deur daaglikse samewerking met Hom. Hierdie boodskap wys hoe klein, getroue gewoontes vorm gee aan wie ons word en hoe God volhoubare transformasie bring deur gehoorsaamheid en getrouheid.
Dis belangrik om die nuwe jaar te begin nie net met goeie intensies nie, maar goeie ritmes. Vandag deel Jaques oor hoe ons kan verseker dat ons alles wat die Here oor ons lewens droom ń werklikheid kan maak in ons lewens.
Ons kyk deur Jesaja 9:6 na die name wat gegee is om Jesus te beskryf. Hierdie name dien as 4 verskillende lense waarmee ons die nuwe jaar moet in gaan.
Hierdie week kyk ons terug met dankbaarheid en vorentoe met vertroue. In n wereld vol druk en onsekerheid anker dankbaarheid ons in die genade van God en vertroue berei ons voor vir wat kom. Sluit aan soos ons ontdek hoe dankbaarheid en vertroue ons verhouding met Jesus vorm.
loading
Comments 
loading