Discover
Bybelstories in Afrikaans
Bybelstories in Afrikaans
Author: Carin Conradie
Subscribed: 6Played: 59Subscribe
Share
© 2025 Bybelstories in Afrikaans
Description
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
291 Episodes
Reverse
In Ester 2 tot 5 lees ons van Haman wat net niks van Mordegai gehou het nie. Die gevolg was dat hy die koning gevra het om 'n wet te skryf dat die Jode op 'n sekere dag almal uitgewis kon word. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Ons begin vertel die storie van Ester, 'n jong Jodin wat die koning van die Mediërs en Perse se vrou geword het. Ons lees dit in Ester 1 en 2. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In Nehemia 13 lees ons hoe kwaad Nehemia vir die Judeërs geword het omdat hulle dinge gedoen het wat hulle weet verkeerd was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In Nehemia se tyd het die volk gehonger na die wet van die Here en het vir ure daarna geluister. Hulle het byeengekom en die huttefees gevier en 'n vasdag gehou. Die muur is ook ingewy met 'n lekker fees. Ons lees daarvan in Nehemia 7 - 13. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In Nehemia 5 tot 7 lees ons hoe die Judeërs deur al die moeilikheid tog die muur klaar gebou het in net twee en vyftig dae. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In Nehemia 1 - 4 lees ons hoe dit gekom het dat Nehemia na Jerusalem is en die mense aangemoedig het om die muur rondom die stad te begin herbou. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In hierdie storie uit Esra 7 - 10 leer ons van die tweede groep mense wat terug is na Jerusalem saam met die priester Esra. Hy was 'n geleerde man wat die mense moes leer van die Wet van God. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In 2 Konings 22 en 2 Kronieke 33 lees ons van Hiskia se seun Manasse. Hy het sleg begin en goed geëindig. Genade! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Koning Sanherib het vir Jerusalem beleër. Hikia het na die Here geroep en Hy het uitkoms gegee. Ons lees dit in 2 Konings 18, 19 en 2 Kronieke 32. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Ons begin lees van Hiskia, want naas Dawid, een van die getrouste konings was. Hy het die tempeldiens weer herstel. Ons lees dit in 2 Konings 18 en 2 Kronieke 29 tot 31. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Hosea was die laaste koning van die noordelike ryk van Israel. In hierdie storie word die eerste mense van Israel weggevoer deur Assirië. Ons lees dit in 2 Konings 17. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In 2 Konings 16 en 2 Kronieke 28 lees ons van koning Agas van Juda wat sy eie kop gevolg het. Ons vewys ook na Spreuke 3:6. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In 2 Konings 15 en 2 Kronieke 26 en 27 lees ons van die pa en seun: Asarja en Jotam van Juda. Asarja het op 'n stadium die Here vergeet, maar Jotam het Hom getrou gedien tot hy oud was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Hierdie storie gaan oor ses van Israel se konings. Nie een het die Here gedien nie. Tog sien ons steeds die Here se goedheid en genade in die stories. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 15. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Koning Amasia van Juda was die seun van Joas. Hy het ook goed begin, maar later die Here vergeet. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 2 Kronieke 25. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In 2 Konings 13 lees ons van twee konings van Israel en van Elisa wat gesterf het. In hierdie storie kom God se genade en sy krag so duidelik na vore! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
In 2 Konings 12 en 2 Kronieke 24 hoor ons van koning Joas van Juda en hoe hy goed begin, maar sleg geëindig het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show



