Discover
ekerk Lewendig | Die Podcast
102Β Episodes
Reverse
Ons geloofspad is nie altyd reguit nie. Soms stap ons sterk, soms struikel ons, en soms moet ons weer opstaan. Maar Jesus bly die Een na wie ons kan terugkeer, elke keer weer.
Kom kuier saam met ππ©ππ₯πππ£ π
π€πͺπππ§π© by eKerk, waar ons ontdek hoe God ons dra deur elke stap, elke val en elke nuwe begin op pad na Jesus toe.
Wat bly by mense agter wanneer hulle by jou wegstap? Nie net wat jy sΓͺ of glo nie, maar wat hulle ervaar.
Β
ππππ§π§π ππ£πππ‘ππ§ππππ© help ons nadink oor hoe βn lewe naby aan God βn geur, βn smaak, βn lig word wat ander kan aanvoel en beleef. Ons staan stil by Psalm 15 en Matteus 5:13β17 en ontdek hoe God se teenwoordigheid deur gewone mense sigbaar en tasbaar word.
Kom kuier saam as eKerk-familie.
As jy net een versoek voor God kon bring, wat sou dit wees?
Β
ππ©ππ₯πππ£ π
π€πͺπππ§π© nooi ons om stil te raak by hierdie eerlike vraag en te ontdek wat dit openbaar oor ons harte, ons begeertes en ons verhouding met God.
Soms lΓͺ die diepte van gebed nie in baie woorde nie, maar in een egte verlange. Kom kuier saam by eKerk en laat God jou hart vorm in hierdie eenvoudige, maar diep boodskap.
Hoe voel Jesus? Hy is vol medelye, vreugde en hoop wanneer mense tuiskom.
Β
ππ©ππ₯πππ£ π
π€πͺπππ§π© nooi ons om eerlik te kyk na ons emosies in gebed, en hoe gebed ons harte stadig maar seker gelyk laat klop met Jesus sβn.
Ware gebed bly nie by woorde nie, dit begin beweeg.
ππππ§π§π ππ£πππ‘ππ§ππππ© wys ons hoe gebed βn lewe vorm wat optree, omgee en doen. Gebed eindig nie by βAmenβ nie; dit begin daar.
In βn wΓͺreld vol afleiding vra Jesus βn eenvoudige, maar radikale vraag: Wat is regtig nodig?
Β
ππ©ππ₯πππ£ π
π€πͺπππ§π© help ons ontdek hoe gebed begin by die regte postuur. Om by Jesus se voete tot rus te kom en betekenis by Hom te vind.
Gebed begin nie by wat ons doen of regkry nie, maar by Jesus se uitnodiging: βKom na My toe.β
ππππ§π§π ππ£πππ‘ππ§ππππ© herinner ons dat gebed nie die plek is waar ons onsself reg bid nie, maar waar ons tot rus kom by God, onsself laat vind en leef uit Sy genade en teenwoordigheid.
Ons begin dikwels βn nuwe seisoen met hope, drome en netjiese planne. Maar wat gebeur wanneer God ons nooi om eers Sy plan te leer ken? Selfs wanneer dit ons eie planne uitdaag?
ππ©ππ₯πππ£ π
π€πͺπππ§π© help ons nadink oor vertroue, oorgawe en die vryheid wat kom wanneer ons God se plan vir ons lewe leer ken bo ons eie.
#eKerk #Boodskap
Aan die begin van βn nuwe jaar vra Jesus βn eenvoudige, maar diep vraag: Waarmee is jy besig? Wat rig jou tyd, jou energie, jou aandag?
Kom kuier saam met ππππ§π§π ππ£πππ‘ππ§ππππ©, waar ons saam ontdek hoe Jesus ons nooi om 2026 te leef met duidelike rigting, goddelike dringendheid en βn fokus wat regtig saak maak.
Β
#eKerk #eKerkLewendig #Boodskap
Aan die begin van βn nuwe jaar staan ons almal voor keuses, planne en verwagtinge. Maar wat gebeur wanneer ons ons eie paaie oopmaak vir God se pad? Selfs wanneer dit anders lyk as wat ons beplan het?
Stephan Joubert ons help nadink oor oorgawe, vertroue en hoop vir 2026, en hoe God se pad uiteindelik altyd die pad van lewe is.
#eKerk #eKerkLewendig #Boodskap
Op die drumpel van βn nuwe jaar het ons almal iets nodig om ons te help rigting kry: God se wysheid, God se stem, God se wegwysers.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek #Nuwejaar
Soms verras Jesus ons juis wanneer ons dink βn boodskap is vir βander menseβ bedoel. Wat as God jou juis in diΓ© oomblik wil aanraak, uitdaag of bemoedig?
In die boodskap neem Stephan Joubert ons op βn reis om te ontdek hoe God se Woord ons op onverwagte maniere vind. Selfs wanneer ons dink dit gaan nie oor ons nie.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Met Kersfees vier ons die ondenkbare: die God van die hemel klim in ons wereld in. Nie op afstand nie, maar met Sy hande vuil, daar waar mense leef, huil, hoop en sukkel.
Hierdie Kersdag ontdek ons saam hoe God se koms na die krip wys dat Hy naby isβ¦ nie bang vir ons gebrokenheid nieβ¦ en aktief betrokke in ons wΓͺreld.
Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons die diep betekenis van Jesus se menswording vier.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek #Kersdag
Kersfees bring elke jaar βn unieke mengsel van vreugde, herinneringe, verwagting en soms ook spanning. Dit is inderdaad βn interessante tyd. En juis dÑÑr ontmoet God ons.
Kom kuier saam met Johan Beukes, waar ons ontdek hoe God in hierdie seisoen werk op maniere wat ons dikwels miskyk.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Ons leef elke dag in daardie heilige spanning: God het reeds begin werk in ons, maar Sy volmaakte nuwe wΓͺreld is nog nie ten volle hier nie. Hoe leef ons getrou, hoopvol en vol geloof in hierdie tussenruimte?
Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons saam ontdek hoe God ons vorm in die βreedsβ en ons dra in die βnog nie.β
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Ons het verlede Sondag saam gekyk hoe om goed te doen soos God. Maar wie is die Een wat ons verander, lei en dra?
Hierdie week ontdek ons dat Jesus meer as net ons Verlosser is.Β
Kuier saam met Stephan Joubert, waar ons saam nadink oor wat dit beteken wanneer Jesus nie net verlos nie, maar alles in ons lewe word.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
God roep ons nie net om te glo nie, maar om goed te doen. Om Sy hart vir mense sigbaar te maak in elke dag se keuses en klein gebare.
Kuier saam met Stephan Joubert by eKerk, waar ons ontdek hoe om God se karakter na te leef in βn wΓͺreld wat honger is vir ware goedheid.
Ons almal ken daardie oomblikke waar ons uitstel, twyfel, of wag vir βmΓ΄re.β Maar wat as God ons nooi om vandag te kies, te leef, te gehoorsaam? Kom kuier saam met ππ©ππ₯πππ£ π
π€πͺπππ§π©, waar hy ons help ontdek hoe God ons roep om nie eendag nie, maar nou reg te kies! Reg te kies in geloof, in liefde, in gehoorsaamheid. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
Die Gees vul waar jy leegloop: βn Reis deur Handelinge
Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei.
Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November
Sessie 1: Die Gees begin die storie
Sessie 2: Die Gees breek grense oop
Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk
Almal is welkom!
#eKerk #eKerkLewendig #Bybelskool
Kom kuier saam met Stephan Joubert Sondag oggend by eKerk, waar ons ontdek hoe hierdie eenvoudige gebed ons hele lewe kan verander.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek



