Discover
ekerk Lewendig | Die Podcast
92 Episodes
Reverse
Op die drumpel van ’n nuwe jaar het ons almal iets nodig om ons te help rigting kry: God se wysheid, God se stem, God se wegwysers.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek #Nuwejaar
Soms verras Jesus ons juis wanneer ons dink ’n boodskap is vir “ander mense” bedoel. Wat as God jou juis in dié oomblik wil aanraak, uitdaag of bemoedig?
In die boodskap neem Stephan Joubert ons op ’n reis om te ontdek hoe God se Woord ons op onverwagte maniere vind. Selfs wanneer ons dink dit gaan nie oor ons nie.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Met Kersfees vier ons die ondenkbare: die God van die hemel klim in ons wereld in. Nie op afstand nie, maar met Sy hande vuil, daar waar mense leef, huil, hoop en sukkel.
Hierdie Kersdag ontdek ons saam hoe God se koms na die krip wys dat Hy naby is… nie bang vir ons gebrokenheid nie… en aktief betrokke in ons wêreld.
Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons die diep betekenis van Jesus se menswording vier.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek #Kersdag
Kersfees bring elke jaar ’n unieke mengsel van vreugde, herinneringe, verwagting en soms ook spanning. Dit is inderdaad ’n interessante tyd. En juis dáár ontmoet God ons.
Kom kuier saam met Johan Beukes, waar ons ontdek hoe God in hierdie seisoen werk op maniere wat ons dikwels miskyk.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Ons leef elke dag in daardie heilige spanning: God het reeds begin werk in ons, maar Sy volmaakte nuwe wêreld is nog nie ten volle hier nie. Hoe leef ons getrou, hoopvol en vol geloof in hierdie tussenruimte?
Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons saam ontdek hoe God ons vorm in die “reeds” en ons dra in die “nog nie.”
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Ons het verlede Sondag saam gekyk hoe om goed te doen soos God. Maar wie is die Een wat ons verander, lei en dra?
Hierdie week ontdek ons dat Jesus meer as net ons Verlosser is.
Kuier saam met Stephan Joubert, waar ons saam nadink oor wat dit beteken wanneer Jesus nie net verlos nie, maar alles in ons lewe word.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
God roep ons nie net om te glo nie, maar om goed te doen. Om Sy hart vir mense sigbaar te maak in elke dag se keuses en klein gebare.
Kuier saam met Stephan Joubert by eKerk, waar ons ontdek hoe om God se karakter na te leef in ’n wêreld wat honger is vir ware goedheid.
Ons almal ken daardie oomblikke waar ons uitstel, twyfel, of wag vir “môre.” Maar wat as God ons nooi om vandag te kies, te leef, te gehoorsaam? Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩, waar hy ons help ontdek hoe God ons roep om nie eendag nie, maar nou reg te kies! Reg te kies in geloof, in liefde, in gehoorsaamheid. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge
Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei.
Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November
Sessie 1: Die Gees begin die storie
Sessie 2: Die Gees breek grense oop
Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk
Almal is welkom!
#eKerk #eKerkLewendig #Bybelskool
Kom kuier saam met Stephan Joubert Sondag oggend by eKerk, waar ons ontdek hoe hierdie eenvoudige gebed ons hele lewe kan verander.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge
Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei.
Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November
Sessie 1: Die Gees begin die storie
Sessie 2: Die Gees breek grense oop
Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk
Almal is welkom!
#eKerk #eKerkLewendig #Bybelskool
Hoe meet God Sy mense? Ons het verlede Sondag gekyk hoe God se spons groter as ons skale is. Maar hoe kyk God dan na ons? Hoe meet God ons?
Kuier saam met Pierre Engelbrecht waar ons kuier rondom 1 Samuel 16:1-13 en Efesiërs 2:10 wat ons nooi om na hierdie vraag te kyk.
Kom kuier saam Sondag, 9 November by eKerk.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek
Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge
Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei.
Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November
Sessie 1: Die Gees begin die storie
Sessie 2: Die Gees breek grense oop
Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk
Almal is welkom!
#eKerk #eKerkLewendig #Bybelskool
God se spons is groter as jou skaal. Ons leef met soveel skale: prestasie, vergelyking, skuld en skaamte.
Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 waar ons kuier rondom Psalm 103 wat ons nooi na ’n ander beeld: God hou nie ’n skaal nie, maar ’n spons. Ontmoet die God wat nie weeg nie, maar skoonvee. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
Stephan Joubert deel die Woord met die tema: “Jy het ’n lewensdoel: Jesus s’n.” Moenie hierdie geleentheid mis nie. Almal is welkom!
#eKerk #ekerklewendig #preek #stephanjoubert
Stephan Joubert deel die Woord met die tema: “Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts!”
Moenie hierdie geleentheid mis nie! Almal is welkom! Kom ervaar saam hoe God se Woord ons lewens verander.
Wat gebeur as dit waarop jy jou sekerheid bou, jou eintlik mislei?
Pierre Engelbrecht gesels met ons oor: “As valse sekerheid jou godsdiens word”
Kom luister hoe God ons roep na ’n geloof wat standhoudend is – nie gebou op illusies nie, maar op Christus alleen.
#eKerk #eKerkLewendig #Preek #PierreEngelbrecht
Stephan Joubert deel God se Woord met die tema: “Reg onderweg tot by die wederkoms” #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Stephan Joubert
Het jy ook al gevoel jou lewe is ’n gemors? Druk van werk. Finansies wat knyp. Verhoudings wat pla. Selfs jou eie gedagtes wat jou nie los nie …
Die goeie nuus: jou gemors is nooit die laaste woord nie en jy word nie afgeskryf agv jou gemors nie.
Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht waar ons saam kyk hoe God se genade altyd groter is as jou grootste gemors. Jy hoef nie eers jou gemors weg te steek nie – God ontmoet jou presies in jou gemors.
#EkerkLewendig #GroterAsJouGrootsteGemors
Ons nooi jou as deel van die eKerk familie na ons eKerk Lewendig Preek – want God leef en Sy Woord bring lewe! Ons saam met Stephan Joubert oor sy tema: “Hoop loop – reg of weg. Maak jou keuse!” Almal is welkom – sien jou aanlyn!



