DiscoverDie Wêreld aan jou Voete
Die Wêreld aan jou Voete
Claim Ownership

Die Wêreld aan jou Voete

Author: Anina.vk

Subscribed: 0Played: 5
Share

Description

'n Splinternuwe podcast vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners — sodat enigeen kan saam reis van die huis. Uit die hartjie van Amsterdam, bring Anina Visser-Klerck elke week vir julle 'n vars uitkyk op 'n bestemming wat onlangs deur 'n Suid-Afrikaner verken is.
32 Episodes
Reverse
Vuur en ys. Gletsers en vulkane. Swart strande, stomende warmwaterbronne en watervalle om elke hoek en draai. Min plekke op aarde voel so wild en ongerep soos Ysland.In vandag se episode vat ons die pad saam met Marieke Teessen, wat Ysland se beroemde Ringpad met ’n kampeerwa aangepak het. Sy deel haar volledige gids tot dié epiese roetereis – van waar om te stop en wat jy beslis nie moet misloop nie, tot die mooiste staproetes, F-paaie, hawedorpies en natuurlike warmwaterbronne.Hier is ook ‘n blitsgids met al die plekke waaroor ons gesels en Marieke se hoogtepunte:Fagradalsfjall se lawavelde op ReykjanesReykjadalur se geotermiese warmwaterbron-staproeteKerið-kraterWatervalle: Þjórsárdalur, Seljalandsfoss, Skógafoss, Fossárdalur, Dettifoss, Goðafoss, Gullfoss & ÞórufossSólheimasandur se vliegtuigwrakSólheimajökull-gletserDyrhólaey & Reynisfjara se swart strandFjaðrárgljúfur-kloofSkaftafell en die Vatnajökull-gletserJökulsárlón Glacier Lagoon & Diamond BeachVestrahorn-bergStórurð-staproeteStuðlagil-kloofHverir se geotermiese landskapÞingvellir Nasionale Park en die staproete tussen die tektoniese plateBlue LagoonVir die avontuurlustiges, bestemmings wat bereikbaar is via F-paaie (4x4)Háifoss-watervalLandmannalaugar-staproeteHveravellir-warmwaterbronKerlingarfjöll-staproeteMooi hawedorpies langs die padVík – vir swart strande, Black Crust Pizza en VikingsDjúpivogurSeyðisfjörðurBorgarfjörður EystriHúsavíkSit terug, ontspan en word meegevoer na Ysland!
Ons sluit ons Amerikaanse roadtrip af waar die pad die Stille Oseaan ontmoet — langs die kus van Kalifornië.Ons vat die ikoniese Highway 1 deur Big Sur en kronkel al langs die kus af tot in Los Angeles. Hier wag ons eie toergids, Hanru Redelinghuys van Sony Pictures, om ons die stad van sterre te wys — van Hollywood se glans en filmgeskiedenis tot die strate van Beverly Hills.Maar ná die stad se ligte verruil ons weer die beton vir die natuur en vat die pad Joshua Tree Nasionale Park toe. ’n Woestynlandskap vol vreemde bome, reuse rotse en hope karakter — en die perfekte plek om ons Amerikaanse avontuur af te sluit.
Vandag vat ons julle saam op die volgende deel van ons roadtrip langs die weskus van Amerika – en hierdie keer ry ons deur die ongelooflike Noord-Kalifornië.As daar één plek is wat hierdie deel van die reis vir ons onvergeetlik gemaak het, is dit sonder twyfel Yosemite National Park. Dis een van daardie plekke wat jy al honderd keer op foto's gesien het, maar niks berei jou heeltemal voor vir hoe indrukwekkend dit eintlik is nie.Ons gaan lekker baie tyd in Yosemite spandeer en gesels oor die beste uitsigte vanaf Glacier Point; die enorme granietkranse van El Capitan; die staproetes rondom Yosemite Falls; en die ikoniese Half Dome. Maar Noord-Kalifornië is natuurlik baie meer as net Yosemite.Ons roadtrip vat ons ook na die strate van San Francisco en die wingerde van Sonoma. Ons vertel wat vir ons die moeite werd was, wat ons volgende keer anders sou doen, en deel ’n paar wenke om jou te help as jy self ’n reis deur hierdie deel van Kalifornië beplan.Hoop julle reis lekker saam van die Golden Gate tot Napa, tot diep in die Yosemite-vallei in. As julle dit geniet, volg gerus 'Die Wêreld aan jou Voete' op Spotify of Apple.
Welkom by episode twee van ons vierdelige ­reeks langs Amerika se Weskus – van Seattle tot Los Angeles. Oor net twee weke reis ons deur drie deelstate, vier stede en vyf nasionale parke, en in hierdie episode rol ons verder suid in Oregon: The Beaver State.Oregon is anders. Dit is kreatief, eienaardig en trots daarop om nie in ’n boksie te pas nie. Ons begin in Portland, ’n stad met die leuse ‘Keep it weird’. Van koffiekultuur en koskarretjies tot straatkuns en onafhanklike denke. Dis ook hier waar Nike ontstaan het en die bekende Powell boekwinkel pronk. Maar Oregon se magie lê ook buite die stad. Ons verruil asfalt vir natuur en pak Crater Lake aan, waar ’n ysige duik in kristalhelder water op ons wag by die Cleetwood Cove Trail. Daarna vat ons koers na die Rogue Valley, een van Oregon se versteekte juwele, waar wynplase, oop landskappe en rustige paaie die perfekte balans bied ná ’n dag vol avontuur.Hierdie episode is rou, vars en vol verrassings. Skakel in en ontdek hoekom Oregon jou dalk heeltemal gaan verbaas.
Ons skop 2026 af met ‘n vierdelige reeks langs Amerika se legendariese Weskus, van Seattle tot Los Angeles. Oor net twee weke pak ons drie state, vier stede en vyf nasionale parke aan, en neem jou saam op ’n reis vol asemrowende landskappe, ikoniese stopplekke en eerlike reiswenke.Vir die eerste episode trek ons weg in Washington, ook bekend as The Evergreen State. Ons stap deur die strate van Seattle waar dit alles begin het. Van die heel eerste Starbucks tot die bruisende Pike Place Market, waar vars vis, plaaslike geure en straatkunstenaars die stad se hartklop vorm.Maar Washington is soveel meer as net ’n stad. Ons vat die pad uit verby digte woude, indrukwekkende watervalle en oop landskappe, tot by Mount Rainier Nasionale Park. ’n Plek waar natuur jou klein laat voel en stilte ’n nuwe betekenis kry.Of jy nou self droom van ’n roadtrip, of net wil ontsnap deur stories en klanke – hierdie episode is jou perfekte wegspringpunt. Sit terug, skakel in, en geniet hierdie reeks saam met ons. 
loading
Comments