DiscoverNARRATIEF MET BOUWER BOSCH
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
Claim Ownership

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

Author: NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

Subscribed: 136Played: 2,646
Share

Description

Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.
124 Episodes
Reverse
Ek gesels met die lieflike Jennifer Myburgh, radio- en TV-aanbieder, aktrise en sportkommentator wat jy ken van Die Groot Ontbyt en BRAVO. Jennifer se warmte verklap haar groot hart en haar groot lag verklap haar sterk sin van humor. Ons gesels oor haar liefde vir storievertelling en oor hoe sy haar stem gevind het van verhoog tot skerm en selfs langs die sportveld. Eerlik, snaaks en diep menslik, ’n gesprek wat jy nie wil misloop nie.
Christo Davids betower kykers met sy ongelooflike toneelspel van die ouderdom van 11 af. Jy ken hom dalk van 7de Laan af maar sy werk agter die kamera en op verhoë is wat hom een van ons land se uitskieter storievertellers maak. Ek en Christo het oor sy loopbaan, sy familie, en hoekom ons dink teater regisseurs maak die beste TV shows op die oomblik gesels.
Ivan en Donnalee is beslis fakkeldraers as dit kom by TV en rolprente maak. Van Bakgat 1 tot Bakgat 3, Vir Altyd, Pad na Jou Hart, Stroom Op, Blindelings, Beurtkrag en 'n verhoogproduksie ook hier en daar is hulle vervaardigers wat beslis nie terugstaan vir uitdagings nie. Hul nuutste show "Eenkeer om die son" se tweede seisoen het pas op Kyknet begin en beloof om net so rou en eerlik soos die eerste seisoen te wees. Ivan en Donnalee deel in hierdie episode hul prosesse, uitdagings van ouerskap en ook hul liefde vir die lewe en stories.Jy kan "Eenkeer om die son" elke Dinsdagaand om 20:00 Kyknet, kanaal 144 op DSTV sien.
Freek Robinson is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en herkenbare joernaliste. ’n Joernalis en aanbieder wie se rustige gesag, skerpsinnige ondervraging en diep gevoel vir openbare diens die land se televisienuus oor dekades help vorm het. Freek Robinson is nie net deel van Suid-Afrikaanse mediageskiedenis nie, hy het dit help skryf.Met ’n loopbaan van meer as 50 jaar het Robinson ’n vertroude nasionale stem geword tydens van Suid-Afrika se mees onstuimige en transformerende tydperke. Van die laaste jare van apartheid, deur die geboorte van demokrasie, tot die moderne era, het hy presidente, leiers, sakelui, invloedrykes en gewone Suid-Afrikaners ondervra, altyd met dieselfde fokus, aanspreeklikheid, duidelikheid en waarheid.Freek was die gespreksleier tydens die eerste openbare debat tussen FW de Klerk en Nelson Mandela in 1994 wat deur 800 miljoen mense wêreldwyd gekyk is.In ’n era van waar algoritmes en kitsmenings al hoe meer populr word, word word die Freek Robinson's van vandag ook minder. Freek groet die joernalistieke bedryf na 50 jaar se diens en hy kom deel 'n paar van sy stories uit sy lewe met ons.As jy van hierdie gesprek gehou het, onthou om hom met jou vriende en familie te deel.
Eben Etzebeth (gebore 29 Oktober 1991 in Kaapstad) is een van die mees gevreesde slotte in wêreldrugby . ’n Lynstaan-reus, ’n verdedigingstoring en ’n tweeledige Wêreldbekerwenner saam die Springbokke (2019 & 2023).Hy het in 2012 sy toetsdebuut gemaak en het sedertdien die rekord vir die meeste wedstryde deur ’n Springbokspeler vervolmaak. Van Goodwood tot wêreldverhoog. Sy pad was alles behalwe maklik.Nou keer hy die bladsye om op sy eie lewe. In sy nuwe boek “Ten Slotte” (die Engelse weergawe: Unlocked) vertel Eben vir die eerste keer openhartig van sy reis: die kinderdae, die slytasie, die vreugdes, die pyn, die kleedkamerstories en die eer om die groen en goud te dra.“Ten Slotte” gee ’n rou, eerlike en intense kyk in die lewe van ’n rugby ikoon. Nie net die speler nie, maar die mens agter die pak slae en die oorwinnings"Ten Slotte" is landswyd beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Baie dankie aan Jonathan Ball Uitgewers wat hierdie gesprek moontlik gemaak het.
Well known South African actor Luan Jacobs came to visit the show with his father Lourens Jacobs who was the head of security for former presidents, FW de Klerk, Nelson Mandela and Thabo Mbeki.They recently made a Silwerskerm documentary called "Verander" about the challenges and changes South Africa faced during the forming of our democracy between 1990 and 1994 and how Louren's life has been one of serving beyond measures. The doccy is heartwarming, touching and very introspective at times, especially if you are South African. The doccy is now on DSTV catchup, but will soon be on Showmax.It was humbling to experience the love and respect these two have for each other and how they could navigate through all the personal challenges that came with Louren's job and life. I commented on Lourens's life about it being one of serving others and I truly believe by serving others in South Africa our contry will become healthier, better, stronger and more united than ever.
Libbie Janse van Rensburg  is a South African union rugby player. I had the chance to sit down with her a few days after they returned from an incredible World Cup tournament in London. We got into all of it, when she started playing rugby, where she grew up as well as my mission to get the women's team there own new name and identity:You can follow Libbie at @LibbiejvrHere's some more info on Libbie's amazing career so far.She made her international XV debut in 2021 and has since become South Africa’s all-time leading points scorer in women’s test rugby, first surpassing 100 test points and then 200. Libbie is known for her excellent game management, accurate kicking (including rare drop goals), and her ability to influence key moments under pressure. She has received multiple honors: she was the first woman to be named TuksRugby Player of the Year (2023), and also South Africa’s Women’s Player of the Year. Off the field, Libbie holds an honours degree in Sports Management from the University of Pretoria, and is passionate about growing women’s rugby in South Africa — inspiring young players, and looking ahead to stay involved off-the-field when her playing days wind down.Thank you Sony Alpha SA for the camera gear for this episode! If you are looking for great and affordable podcast cameras, Sony Alpa SA is the way to go! https://www.instagram.com/sonyalphasa...
Carine Rous kom kuier op die show en ons gesels oor haar ongelooflike diverse loopbaan. Ek het vir Carine ontmoet op die stel van "Thys & Trix" maar min geweet oor haar agtergrond en ongelooflike CV as dit kom by produksies waarby sy betrokke was. Dit is 'n massiewe kuns om komiese en dramatiese rolle te kan vertolk en Carine het 'n manier om albei daai vir sesse te slaan.Ek en sy het pas klaar gemaak met 'n 19 dag shoot vir 'n Netflix komedie so dit was lieflik om net te kon terugsit en gesels sonder om te worry oor ons lyne en of ons die regte besluite maak as ons karakters nie.Jy kan vir Carine gaan volg op sosiale media by @Carine.RousDankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
I love talking to fellow film makers and actors on why we do what we do. This was the first time having 3 guests on the show and I must say it was pure joy. Luke, Meren and Mayuri shared so much of their passion for this film and story telling in general that you can't help but feel inspired after a good hang like this!"Lucky Fish" opens in theatres nationwide on the 25th of July so be sure to take your whole family to go and enjoy this incredibly funny film filled with a lot of laughs and a lot of soul!Thank you Sony Alpha SA for the camera gear for this episode! If you are looking for great and affordable podcast cameras, Sony Alpa SA is the way to go! https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Armand kom kuier op die show en ons "deep dive" bietjie in sy geskiedenis in oor waar sy liefde vir die kunste vandaan kom asook die eerste keer wat ek en hy saam gewerk het(waarvan ek van vergeet het #ClassicBouwer - Armand is een van daai akteurs wat enige rol kan vertolk en ook iemand wat ek dink beslis te min komedie doen. Armand is ook iemand wat nie bang is om sy hart op sy mou te dra nie en ek dink dit is wat hom so goeie akteur maak, hy is iemand wat alles na die tafel toe bring.Deel die gesprek met vriende en familie en gaan gee vir Armand 'n volg op sosiale media by @ArmandAucampDankie aan Opstal vir die lekker wyn - https://opstal.co.zaDankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Anel Alexander kom kuier op die show en ons het lekker gesels oor haar Semi Soet franchise wat nou uitgebrei het na 'n teaterproduksie toe en ook dat die opvolg film "Semi-Soeter" die eerste Afrikaanse rolprent is wat Netflix vervaardig het. Anel ken van sukses maar sy ken ook van hartseer en ons het bietjie gesels oor die afsterwe van haar ongelooflike man James Alexander 'n paar jaar terug. Die gesprek was alles en meer wat ek gehoop het dit gaan wees. Pret, insiggewend, weerloos en hoopvol! As jy van die episode hou stuur hom gerus aan vir jou vriende en familie!Dankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Ek ken vir Bibi al twintig jaar en elke keer wat ons kuier en gesels maak die lewe net ’n klein bietjie meer sin vir my.  Bibi is nie net vreesloos in haar skryfwerk(gaan bestel haar digbundels aanlyn)   maar sy deel graag haar insecurities en weet ook dat om weerloos te wees is eintlik ’n baie kragtige eienskap.  Ek hoop hierdie gesprek beteken vir jou net so baie soos wat dit vir my gedoen het. Deel hom met jou mense!Jy kan vir Bibi gaan volg op sosiale media onder @biblioteek en @bibi_slippersDankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Christian Wolf is een van ons land se voorste kinematograwe. Van advertensies, musiekvideos tot langformaat reekse of films, Christian het al alles gedoen. Hy is iemand wat die waarde besef van om meer as een departement op 'n stel te verstaan en ook van vroeg af besef dat hoe meer goed jy kan doen hoe beter vir jou loopbaan later.Jy kan Christian se werk gaan volg by @CWolfvisuals Dankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Jordy Sank is a two-time South African Film and Television Award (SAFTA)-winning director, screenwriter, and producer. He is renowned for his feature documentary I Am Here (2021), which earned the Best South African Documentary Award at the Durban International Film Festival. A Durban Talents alumnus and recipient of the Emerging Filmmaker Award at the SAFTAs, Jordy's work is celebrated for its emotional depth and cinematic artistry. His recent projects include the award-winning short film Leemtes en Leegheid (2022) and the Afrikaans comedy Die Kwiksilwers(2024), which won the Audience Choice Award at Silwerskermfees and is slated for theatrical release in South Africa.Gabriella Blumberg is an award-winning South African producer, director, and writer dedicated to crafting stories that challenge societal stigmas. She produced the three-time SAFTA-winning documentary I Am Here (2021) and the acclaimed short film Leemtes en Leegheid (2022). Gabriella also directed Volle Bors (2023), a short film exploring genetic mutations and female identity. An alumna of the MetFilm School London, she was honored with the International Alumni of the Year Award at the PIEoneer Awards in 2022. Her work extends beyond filmmaking into advocacy, with her breast health documentaries presented to governments in the UK and South Africa to effect change.Special thanks to @SonyAlphaSA for believing in this show - if you are looking for great and affordable camera gear for your content - check out Sony Alpha SA - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Ek en Pascal gesels oor haar lukrake kuiers met Roger Federer, haar liefde vir reis en haar geskiedenis met cabaret, wat ek nie eens geweet het was deel van haar lewe nie. Jy kan Pascal en haar travels dophou op sosiale media onder @PascalieDankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - ⁠https://www.instagram.com/sonyalphasa...
Die veelsydige en lieflik weerdame Ceylonia Bekker het op die show kom kuier. Ek het nog nooit langer as vyf minute met haar gesels nie so hierdie kuiertjie was besonders lekker.  Ons het gesels oor haar liefde vir gimnastiek toe sy ’n SA gimnas was, haar passie vir toneelspeel en hoe sy in die vermaakbedryf beland het asook haar tyd op die realiteitsprogram “Op my Eish” seisoen twee. Dankie aan Sony Alpha SA vir die kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het.  Indien jy opsoek is na bekostigbare kameras vir jou eie podcast of vir content wat jy wil skiet het Sony beslis die kamera vir jou - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=en
Herman Kleinhans is ’n digter, liedjieskrywer en sanger wat diep snare roer met sy eerlike lirieke en aardse vertellings. Sy werk ondersoek temas soos liefde, verlies, identiteit en die klein oomblikke wat groot spore los.In hierdie episode gesels ons oor sy kreatiewe proses, die stories agter die liedjies, en hoe hy sin probeer maak van die wêreld—een vers op ’n slag.Dankie aan Sony Alpha Suid Afrika vir die kameras wat hierdie episodes moontlik maak. - https://www.instagram.com/sonyalpha/Dankie aan Opstal Wyne vir die wynborg - https://opstal.co.za
Deon Meiring is 'n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, storieverteller en kreatiewe gees met 'n diep liefde vir woorde, melodie en betekenis. Of hy nou agter ’n mikrofoon, op ’n verhoog, of in ’n stil hoekie aan die skryf is, nooi Deon se werk gehore uit tot eerlike, dikwels poëtiese refleksie oor die lewe, liefde, en die vreemde skoonheid van menswees.Dankie aan Sony Alpha Suid Afrika vir die vennootskap met die kameras - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=enAs jy belangstel om jou eie podcast af te neem of 'n inhoudskepper is wat op soek is na 'n goeie kamera om mee te begin gaan loer gerus na Sony se verskeidenheid opsies.
Henru en Schwabie van die treffer "Goeie Ou" het bietjie hul liefde vir musiek gedeel en ook vertel hoekom hul nie wil ingee in die versoeking van om 'n kontrak by 'n platemaatskappy te vat nie. Gaan luister gerus na hul musiek op Spotify en oral anders waar jy jou musiek luister.Dankie aan Sony Alpha Suid Afrika vir die vennootskap met die kameras. As jy 'n podcast wil begin en belangstel in goeie bekostigbare toerusting is Sony Suid Afrika waar jy gerus kan begin kyk. - https://www.instagram.com/sonyalphasa/?hl=enDankie ook aan Opstal vir die lieflike wyn vir die gaste. https://opstal.co.za
Sami Hall is a sharp-witted commentator, satirist, and unapologetic truth-teller who isn’t afraid to call out the absurdity of modern life. With a background in [optional: comedy, media, journalism, etc.], Sami brings a fearless, razor-sharp perspective to the mic, blending humor, insight, and a touch of chaos. As the host of Sami Hall, they dissect culture, politics, and internet madness with biting satire and a no-BS attitude. If it’s ridiculous, controversial, or just plain fun — you can bet Sami has something to say about it. - @SamiHallSaysBaie dankie aan my borge, Opstal en Ideal pet food vir hierdie episode - https://opstal.co.za/enhttps://www.aviproducts.co.za/our-pet-food-brands/ideal/@OpstalEstate - @IdealPetFood
loading
Comments (2)

Dewald Madden

Dit was nou baie insiggewend

Jun 15th
Reply

Leon Malan

Hierdie is diep insiggewende en interessante gesprekke en ook terselfdetyd uitdagend.

Mar 8th
Reply