DiscoverLiewe Ouers!
Liewe Ouers!
Claim Ownership

Liewe Ouers!

Author: Lukas de Beer

Subscribed: 0Played: 0
Share

Description

Liewe Ouers – ‘n potgooi wat die avontuur van ouerskap met bedagsaamheid, genade en nuuskierigheid aanpak. Luister na insiggewende gesprekke met kundiges en ouers oor die uitdagings, vreugdes en vrese van ouer-wees in ‘n wilde, woeste wêreld. Jou kinders sal bly wees jy het.
2 Episodes
Reverse
Wat beteken dit vandag om ’n volwasse ouer te wees – in ’n wêreld waar volwassenheid self al hoe skaarser raak?In hierdie eerste episode van Liewe Ouers! gesels ek met teoloog, mentor en gemeenskapsbouer Dr Theo Geyser van Invia Gemeente in Stellenbosch, oor die krisisse én geleenthede van moderne ouerskap. Ons delf in temas soos:Hoekom niemand regtig voorbereid is op ouerskap nie – en hoekom dit OK is.Wat gebeur wanneer ouers self nog vasgevang is in ’n “patologiese adolessensie”.Die verlies aan betekenisvolle oorgange (rites of passage) in kinders se ontwikkeling.Die rol van gemeenskap, simboliek en geestelike bewustheid in gesonde grootword.En hoekom teenwoordigheid, nie perfeksie nie, die grootste geskenk is wat jy jou kind kan gee.Dis eerlik. Dis diep. Dis relevant.Of jy nou moedeloos voel, nuuskierig is, of reeds besig is met innerlike groei – hierdie gesprek nooi jou uit tot groter selfinsig, beter verhoudings en ’n gesonder ouerskap-pad vorentoe.Welkom by Liewe Ouers! – waar eerlikheid, insig en liefde vir kinders (én hul ouers) bymekaarkom.Indien jy met Theo Geyser wil kontak maak, besoek gerus www.invia.org.zaJy kan my kontak by info@lukasdebeer.com
Hier is so voorsmakie van 'n slaan-jou-wind-uit gesprek wat ek met Theo Geyser gehad het. Die eerste episode van my nuwe potgooi LIEWE OUERS! is 23 Mei beskikbaar. Gaan loer solank by www.lieweouers.co.za en raak deel van ’n gemeenskap van ouers wat, net soos jy, ernstig is oor ouerwees. Deel gerus.
Comments