Discover
Gesonde gesinne
Gesonde gesinne
Author: Maroela Media
Subscribed: 1Played: 71Subscribe
Share
© Maroela Media
Description
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
71 Episodes
Reverse
Wat as dissipline meer oor môre as vandag gaan?
Om die goeie raak te sien is meer as ouerskap – dit is ʼn geestelike oefening en kan jou kind se wêreld verander. Lourindi Nel moedig ouers aan om doelbewus ʼn gebalanseerde lens te ontwikkel: om foute raak te sien, maar ook om die kleinste oorwinnings te vier.
Nuwe skoolklere, ʼn ander juffrou en onbekende gesigte kan vir sommige kinders oorweldigend voel. Elke kind mag sy of haar eie pas hê met so ʼn nuwe begin.
Januarie voel vir baie mense soos ʼn koue stort ná die vakansie. Berader Lourindi Nel herinner ons dat klein roetines groot emosionele veiligheid vir almal in die gesin bied en dat herstel ná ʼn vakansie vir sagtheid vra.
As roetines in die vakansie eers verdwyn, kan boeties en sussies gou begin baklei. Lourindi meen vrede in die huis begin by hoe ons mekaar se behoeftes raaksien.
Vir sommige kinders is die feestafel nie feestelik nie, dit is oorweldigend.
Vakansie behoort lekker te wees, maar vir sommige kinders voel nuwe plekke soos ʼn sensoriese storm. Kom luister hier hoe jy jou kind kan help.
ʼn Propvol huis hoef nie die vakansie tot trane en uitbarstings te lei nie, veral as jy as ouer weet hoe om die sensoriese oorlading te bestuur. Hier is strategieë wat die vrede dié vakansie kan bewaar.
Hoekom raak ons sensories-sensitiewe en neurodivergente kinders soms so opgewonde tot hulle byna letterlik wil ontplof? Hier is die antwoord.
Kom luister hoe Lourindi Nel ouers toerus om met meer vrede en minder drama deur die vakansie te kom.
Woorde oortuig nie altyd nie, maar om te luister, verander die hart.
Wanneer ouers ophou baklei vir beheer, begin hulle bou aan invloed.
Voel jy soms jy verloor dit saam met jou kind? Kom leer hoe om kalm te bly, al voel jy nie so nie.
Voel jou kind se emosies soms te groot? Lourindi Nel herinner ons in “Gesonde gesinne” dat ʼn ouer se grootste krag nie in oplossings lê nie, maar in jou vermoë om te luister.
Kom luister hoe Lourindi Nel dit mooi verduidelik en jou herinner hoekom “nee” soms die mooiste woord is wat ʼn ouer kan sê.
Kan jy jou kind lei sonder dreigemente en steeds gehoorsaamheid kweek? Ontdek hoe liefde en grense saamwerk in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne”.
Só skep jy ʼn atmosfeer van ontdekking waar jou kind leer om ook selfondersoek te doen. Dit moedig insig aan, eerder as blote vrees vir straf. “Leiding beteken nie jy gooi grense weg nie. Kinders het steeds struktuur en duidelike verwagtinge nodig. Die verskil lê in die toon: ‘Ek verstaan jy is kwaad, maar dis nie reg om te slaan nie. Vertel vir my wat jy eintlik wou hê.’ Jou gesag bly behoue, maar jy is toeganklik en veilig.”
Van trane tot ʼn voetstamp, elke aksie sê iets van jou kind se hart. Kan jy daardie taal ontsyfer?
Hoe leer ons ons kinders verantwoordelikheid en selfbeheersing sonder om altyd eerste te straf? Kom luister na die bespreking oor dissipline op “Gesonde gesinne”.
Vyf sekondes is soms al wat jy as ouer nodig het om wys te reageer. Kom luister hier hoe wag ʼn sleutel tot kalm en wyse ouerskap is.




