DiscoverLeon van Nierop se fliekresensies
Leon van Nierop se fliekresensies
Claim Ownership

Leon van Nierop se fliekresensies

Author: Maroela Media

Subscribed: 2Played: 0
Share

Description

Leon van Nierop resenseer weekliks rolprente en televisiereekse op Maroela Media.
166 Episodes
Reverse
Alles loop voor die wind, maar daar is fout met die oppasser se kamer, want daar is nie ʼn handvatsel aan die binnekant nie. Wat kan dit beteken?
Daar is ook ʼn storie oor ouerskap, liefde en verantwoordelikheid. Hoe ver sal ʼn pa gaan om vir sy seun die waarheid te vertel, en wat is die ma se houding teenoor die seun?
Die punt is: George Clooney speel hier eintlik in ʼn mate homself as Jay Kelly. Die bekendste ster in die wêreld. Hy kan nêrens heen loop nie en reis met straler ná straler van plek tot plek.
Dis slim, doen verskriklik baie moeite met karakterisering en leer die kroos boonop ʼn les.
In hierdie geval is daar ʼn Suid-Afrikaner betrokke wat met ʼn reusediamant in Limpopo sit waarop talle mense hul hande wil lê. Kan sy hoegenaamd vertrou word?
Nie een van die karakters vind eintlik aanklank by die gehoor nie, veral as jy sien waarmee die stroewe pa wegkom, pens dik geëet van die vet van sy rykdom en ander mense se geld wat hy verduister het.
Dit gaan ook oor die feit dat daar darem nog menslikheid in ʼn onvriendelike wêreld is, en ʼn liefde vir diere wat weggegooi is.
Dit sal jou ontsenu en skok, maar tog nuuskierig en gefassineer laat staar na wat gebeur het.
Hierdie storie gaan eintlik oor eenvoudige mense en hul verhoudings met diere.
Keira Knightley hou alles bymekaar terwyl die storie voortsnel en na sy spannende einde vaar.
Die eienaar van die Guinness-brouery in Dublin sterf. Wanneer sy testament gelees word, wag daar groot verrassings op sy vier kinders.
Jy moet ʼn stewige ondersteuner van aweregse televisiereekse wees om hierdie een te oorleef, maar jy kan dit probeer as jy dapper is.
Vir ʼn verandering sien ons nie weer bloed en derms in ʼn hospitaalreeks nie, maar ʼn dokter in ʼn krisis.
Boonop mag dit Suid-Afrika se inskrywing vir die Oscar-toekennings wees.
Al die pittigheid, stywelip Britse humor, nietige insidente wat in reusedramas ontaard en die verhoudings en doenighede van die karakters vul steeds twee uur soos ʼn droom.
“The Thursday Murder Club” is gemiddelde, knus vermaak vir ʼn warm Saterdagmiddag as jy wil lag terwyl jy ʼn moord help oplos.
Uittreksel: Hierdie rolprent sal aan jou hartsnare vat en jou aanspoor om ʼn tweede keer te gaan kyk.
Uittreksel: Dit is ʼn uitsonderlike hardekwas en soms bombastiese, maar briljante reeks oor hoe mediese personeel trauma hanteer. Baie sterk aanbeveel, maar moenie Binnelanders verwag nie.
Die fliek probeer hard om ‘The Notebook’ te wees, kompleet met ʼn aanloop tot ʼn soen op die plakkaat.
Dit sal jou aangryp, boei en met hartseer vul wanneer dit die kollig plaas op die desperaatheid van die destydse boere wat moes padgee, en hoe die ontwortelde gesinne net met die klere aan hul lyf moes vlug.
loading
Comments