DiscoverWiele2Wiele
Wiele2Wiele
Claim Ownership

Wiele2Wiele

Author: Maroela Media

Subscribed: 13Played: 18
Share

Description

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
185 Episodes
Reverse
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Volvo se splinternuwe ES90 - ’n statige elektriese sedan, met ’n reikafstand van meer as 700 km. Hulle vertel jou wat te sien was by die ‘Kerk, Karre & Koffie’-minimotorskou en glimlag breed oor die Suid-Afrikaner Darryn Binder se resultate by die Daytona 200-motorfietsren in die VSA. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele maak hulle kennis met Lepas en sy L4. Lepas is ’n nuwe handelsmerk onder die Chery-groep. Hulle spandeer ook tyd met die BMW X3 Pure Design en besef weereens hoekom die BMW X3 as die 2025 SAGMJ Motor van die Jaar-wenner aangewys is. Hulle vertel jou dan meer oor die toetsdae van die 2026 Motor van die Jaar-kompetisie wat reeds aan die gang is. Vir 2Wiele gesels hulle oor die MotoGP-voorval wat almal aan die gons het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat die manne die ateljee oor en gesels oor die Ford Ranger Platinum, die GWM Tank 300D en die Tata Harrier. Daar is finansiële raad, ’n bietjie motorfiets-nostalgie en ook terugvoer oor die eerste MotorGP-ren vir die jaar. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van die Suzuki Grand Vitara en vat jou saam vir die rit. Dan skuif hulle aan vir ’n insiggewende gesprek met Boddy Ramagwede van die AA oor sy #SaferCarsForAfrica-veldog. Daarna gesels hulle met Arnold Olivier van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors) oor hoe sake in die motorfietsbedryf staan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle ’n tegniese wenk oor hibriede voertuie en spekuleer oor wat 2026 vir MotoGP en WorldSBK kan inhou. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wat verg dit regtig om die Dakar te voltooi? Die Wiele2Wiele-span het gaan uitvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende. Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Southern Africa Dakar Group gaan ook vir jou vertel hoe jy nog hierdie week Motul-pryse kan wen. Vir die tegniese wenk van die week vra hulle die vraag of 2026 die jaar van elektriese bakkies gaan wees en hulle bring vir jou die jongste motorfietsnuus, insluitend alles oor die FIM World Supercross Championship. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry BMW M2

Wiele2Wiele ry BMW M2

2025-12-1224:06

Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - ’n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op ’n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en ’n ‘Japannese Ducati’ pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én die 2025 SAES National Superbike Cup-kampioen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en ’n jonge heer leer vir ’n tannie ’n ding of twee, tydens die VW Rookie Cup Media Challenge. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel ’n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is ’n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - ’n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - ’n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki Bogiages oor Motul en vir 2Wiele is die nuwe 2025 WSBK-kampioen bekroon. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer ’n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
loading
Comments 
loading