Discover
Wiele2Wiele
Wiele2Wiele
Author: Maroela Media
Subscribed: 13Played: 18Subscribe
Share
© Maroela Media
Description
Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
174 Episodes
Reverse
Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - ’n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op ’n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en ’n ‘Japannese Ducati’ pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én die 2025 SAES National Superbike Cup-kampioen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en ’n jonge heer leer vir ’n tannie ’n ding of twee, tydens die VW Rookie Cup Media Challenge. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak ’n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel ’n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is ’n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - ’n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - ’n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki Bogiages oor Motul en vir 2Wiele is die nuwe 2025 WSBK-kampioen bekroon. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer ’n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met Range Rover se inprop-hibried Velar, die Opel Grandland en hulle bring ook tyd met die Volkswagen Tayron deur. Motul gee raad oor gedokterde diesel en die span deel die jongste nuus uit die motorfietswêreld. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele is dit heeltyd speeltyd met die Mini Cooper JCW en BMW se M135. Hulle gesels oor al die goed wat jy in jou motor doen wanneer jy in verkeer vassit. Daar word ook oor Marc Márguez, wat pas as die 2025 MotoGP-kampioen gekroon is, gesels en kyk terug na alles wat hy sedert 2020 moes trotseer om weer bo uit te kom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika. Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in.
Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die Extreme Festival se GR Cup en vertel jou meer van die ’Killarney Time Attack Powered by MasterDrive’ wat hierdie komende naweek plaasvind. Hulle gesels ook met Clinton oor sy Moto Bike Shed-storie en wat hulle alles vir jou kan bied. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings.
Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan kry en gesels oor die 2025 MotoGP-kampioenskap wat binnekort beklink word. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit ’n sportmotor of ’n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras.
Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as ’n sewesitplek beskikbaar teen ’n bekostigbare prys, met tipiese VW-kwaliteit wat jou sal laat glimlag. Hulle raak dan nostalgies met ’n besonderde motorsport-koffietafelboek, ’South African Champion’ en gee vir jou terugvoer oor die avontuurmotorfiets-toer na die Makgadikgadi-panne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, ’n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op ’n Toyota ‘Roots to Routes’-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, ’n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S.
Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV’s on Display'-skou in Hermanus was ’n reusesukses en hulle deel al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die besonderse ‘EV’s on Display’-skou wat die komende naweek in Hermanus plaasvind. Hulle spandeer ook tyd saam met die Ford Ranger XLT-bakkie. Jy hoor van Gert en sy pantoffels en hoekom get\Worth kwaliteit beloon. Hulle gesels ook oor Suid-Afrikaanse motorvervaardigers en die invloed van Amerikaanse uitvoerbelasting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met die trotse #BuildInSA Volkswagen Polo R-Line. Dan is dit tyd vir speel met ‘klei’ en kreatief raak met ’n keramiek Suzuki Jimny 5-deur by die Clay Café. Hulle deel ook hul eie get\Worth-storie en gesels dan met Daniel Pienaar van These Sweet Times. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media




