Discover
Wêreldwys met Jaco Kleynhans
75 Episodes
Reverse
Wêreldwys | 'n Jaar van strategiese skuiwe en geopolitieke herskikking | Ep. 75
Lees ook Jaco Kleynhans se artikel oor 2026 se belangrikste gebeure op Maroela Media. Lees hier: https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/belangrikste-gebeure-om-in-2026-in-die-wereld-dop-te-hou/
#maroelamedia #nuus
In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar kyk Jaco Kleynhans na die politieke golf wat 2025 oorheers het: die Trump-administrasie en die wêreldwye gevolge daarvan. Wat in Washington gebeur het, het nie daar gebly nie, dit het internasionale beleid, ekonomiese strategieë en selfs die posisie van Afrikalande, insluitende Suid-Afrika, geraak. Daarna ontleed hy ook die belangrikste gebeure van elke kontinent in 'n besige jaar van politieke skuiwe, onstabiliteit, herskikking, konflik en verandering.
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys praat Jaco Kleynhans met die Nederlandse joernalis Wierd Duk oor die groot politieke verskuiwings in Europa die afgelope jare, veral oor die broei van radikale Islam wat die vasteland al hoe meer beïnvloed.
In hierdie week se Wêreldwys sluit Jaco Kleynhans aan by die vorige week se tema oor die G20-beraad in Suid-Afrika. Hy ontleed onder meer hoe die beraad al hoe meer ’n geleentheid is wat verlore gegaan het.
In hierdie week se Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans wêreldpolitieke gebeure wat tans die nuus oorheers – vanaf Oekraïne en Rusland tot Venezuela en die VSA – maar veral Suid-Afrika se verlore kans met die komende G20-beraad in Johannesburg.
In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die jongste politieke verskuiwings in Nederland, die VSA, Afrika en Europa – en wat dit oor die wêreld se politieke klimaat verklap.
In Nederland was daar, ten spyte van wat baie berig het, géén noemenswaardige skuif na links nie. In die VSA het die prentjie egter anders gelyk die afgelope week.
In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid.
Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie met die terugkeer van die laaste gyselaars en soldate. Tog bly die letsel van 7 Oktober 2023 terselfdertyd diep én vlak in die land se psige gegraveer.
Minder as twee jaar ná die vorige algemene verkiesing in Nederland, kry dié land se byna veertien miljoen stemgeregtigde kiesers 29 Oktober weer die geleentheid om die 150 lede van die Nederlandse laerhuis te verkies. ʼn Groot meerderheid Nederlanders is tans egter diep ongelukkig oor die rigting waarin die land beweeg. Faktore soos massa-immigrasie, ʼn ernstige behuisingstekort, stygende lewenskoste en ʼn algemene onsekerheid oor die toekoms van Nederland en Europa dryf die ontevredenheid onder die kiesers aan.
In hierdie week se aflewering Wêreldwys kom die Solidariteit Beweging se Amerikaanse skakeltoer tot ʼn einde. Ná drie weke op die pad – vanaf Mackinac Republikeinse Leierskapskonferensie in Michigan drie weke gelede, eindig die toer weer terug in Michigan. Jaco Kleynhans is terug ná die verskillende state, hul geskiedenis, mense en politiek wat die afgelope drie weke op die reis beleef is.
Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66
Luister na hierdie week se episode opgeneem vanuit die Amerikaanse hoofstad Washington DC – wat heelwat anders lyk, dink en funksioneer onder Trump. Volgende week se episode kom vanuit Texas. Die wêreld luister, praat saam terwyl Afrikaners hul stem laat hoor.
Die Solidariteit Beweging begin sy inligtingsveldtog oor die volgende drie weke in die VSA met ’n besoek aan die staat Michigan – ’n belangrike staat met ’n sterk Republikeinse tradisie en groot invloed in Amerikaanse politiek. Die boodskap aan Republikeinse verteenwoordigers en invloedrykes gaan duidelik wees – Suid-Afrika is nie net nog ’n ontwikkelende land met plaaslike probleme nie, maar ’n strategiese spilpunt wat groot gevolge vir die VSA en die vrye wêreld kan hê.
Hierdie simboliese skuif wys hoe die VSA homself nie meer net as ʼn verdedigende mag sien nie, maar toenemend as ʼn land wat bereid is om konflik aan te gaan ter wille van sy eie belange en dié van sy bondgenote.
Terselfdertyd het China dit duidelik gemaak dat hy nie langer deur Westerse militêre oorheersing geïntimideer gaan word nie. Met toenemende tegnologiese vernuf en ʼn magtige weermag begin Beijing openlik wys dat die Chinese reus nie konflik vrees nie.
Die boodskap was tweevoudig. Aan die Weste dat die Stille Oseaan nie meer slegs ʼn Amerikaanse invloedsfeer is nie en aan Asiatiese lande dat China nie uitgedaag moet word nie.
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na die kragtige rol van taal in geopolitiek en identiteit. Hierdie jaar is belangrik vir Afrikaners met groot herdenkings en geleenthede, maar dien terselfdertyd ook as ʼn toets. Gebruik Afrikaanssprekendes en Afrikaners hierdie momentum om onsself en ons taal met trots internasionaal uit te dra? Of laat ons die internasionale kollig wat tans op ons skyn vergeefs verbygaan?
Die groot vraag is hoe lank Trump se geduld gaan hou. Hy is bekend vir sy wispelturigheid, maar vir nou lyk dit of hy bereid is om die tyd en ruimte te gee wat nodig is om ʼn skietstilstand en moontlike vredesooreenkoms te bereik. Wat duidelik bly, is dat nie net Rusland en Oekraïne nie, maar ook die hele Europa, dringend ʼn uitweg uit hierdie verwoestende oorlog nodig het. Luister hierdie week se aflewering van Wêreldwys vir hierdie historiese konteks asook ’n blik op die moontlike pad na vrede.
Is die erkenning van ʼn Palestynse staat die oplossing vir die huidige krisis? Speel dit nie juis in die hande van groepe soos Hamas wat met geweld internasionale simpatie vir die Palestyne probeer aanwakker nie? Wat is die historiese konteks van die bevolkingsontwikkeling en beheer van die Gasastrook, en hoe het ons by ʼn punt gekom waar die drome van ʼn tweestaatoplossing tussen Israel en die Palestyne oor die korttermyn nie meer werkbaar lyk nie?
In hierdie aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met kernpolitieke kundige van Unisa, prof. Jo-Ansie van Wyk, oor die moontlikheid van ’n hernude kernwapenwedloop 80 jaar na die gebruik van dié wapens tydens die Tweede Wêreldoorlog.
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys help dr. Sandra Adendorff, senior dosent in ekonomie en internasionale handel aan Akademia, sin maak van ʼn vraagstuk wat meer kompleks is as wat dit oënskynlik voorkom: hoe steek die wêreld se finansiële stelsels in mekaar en waar pas Suid-Afrika in dié komplekse prentjie in?
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na hoe die wêreldpolitiek en -ekonomie toenemend besig is om teen die grein van globalisme en die voorheen gevestigde orde te draai – en wat dit vir Suid-Afrika beteken.




