Discover
Net nog enetjie
Net nog enetjie
Author: Maroela Media
Subscribed: 5Played: 21Subscribe
Share
© Maroela Media
Description
Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
67 Episodes
Reverse
Net nog enetjie | Die ANC se (T)Iranniese vriende | Ep. 67
John Steenhuisen het Woensdagoggend aangekondig dag hy nie weer as partyleier verkiesbaar sal wees in April tydens die DA se federale kongres nie. Hy sal eerder as minister van landbou al sy energie stort in die reuse-bek-en-kloukrisis wat tans in die land heers.
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor John Deere-huisen se nalaten-skaap as DA-leier en sy toekoms as landbouminister.
Die groot vraag in Suid-Afrika is tans: wat gaan aan met al die manne met gunne? Julius Malema is verlede jaar skuldig bevind in AfriForum se vuurwapensaak teen kom. Nou is die man in die voorvonnisverrigtinge om uit te vind of hy sy rooi oorpak vir ʼn oranje een gaan verruil, en of hy bloot ʼn boete gaan kry.
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom oor die stand van sake in Suid-Afrika. Vanaf die huidige krisis rondom bek-en-klouseer tot die regering van nasionale verwarring en verlamming in ’n verkiesingsjaar. Wie hou kop in dié chaos en wie gaan aan die kortste ent trek wanneer kiesers in November stembus toe gaan?
Net Nog Enetjie | Nuwe jaar, nuwe drama! | Ep. 63
In hierdie laaste episode vir die jaar bespreek Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom alles wat in 2025 gebeur het – en dit is baie! Sit harder, luister saam en geniet Net nog enetjie vir oulaas saam. Tot volgende jaar!
In hierdie week se Net nog enetjie kyk Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen na pres. Ramaphosa se skielike poging om sy “Trump-kaart” te speel voor en tydens die G20. Is Ramaphosa regtig besig om die diplomatieke balanseertoertjie noukeurig uit te voer of gaan hy struikel en tot sy politieke dood val?
In hierdie week se Net nog enetjie kyk Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen na hoe die Johannesburgse stadsraad Solidariteit se G20-banier sonder skroom verwyder het. Hulle bespreek waarom dié daad veel minder oor “permitte” en veel meer oor politieke sensuur gaan.
In hierdie week se Net nog enetjie kyk Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen na die jongste ontwikkelings en onstuimighede op die wêreldverhoog en tuis. Die G20 is nou al “G20 minus een” nadat die VSA volledig onttrek het weens die spanning met Suid-Afrika. Intussen het Argentinië se Javier Milei ook gesê dat hy in Solidariteit met Trump nie sal bywoon nie.
In hierdie week se Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die voortgesette storm rondom die 42 Afrikaners se ope brief – en hoe dit vinnig van ’n verklaring tot ’n volslae oorlog onder Afrikaners ontwikkel het.
In hierdie week se Net nog enetjie kyk Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder na die ope brief van 40 Afrikaners wat onlangs reguit uit die ivoortorings gekom het – ʼn brief met ʼn alternatiewe “Afrikaner-mening”, maar nie noodwendig ʼn vreeslik gewilde een nie. Die span bespreek die inhoud, die toon en waarom dit soveel mense so verkeerd opgevryf het.
Die party stel voor dat die bestaande stelsel van SEB vervang word met ekonomiese bemagtiging gebaseer op meriete eerder as ras. Want, sê hulle, stap een in ekonomiese groei is eenvoudig – hou op steel en doen spesifiek weg met beleid wat die steel moontlik maak.
Op eie bodem is die skelms sommer baie besig. Die beslaglegging van Thembisa-tenderpreneurs se luukshede maak ʼn mens sommer siek – net nie só siek dat jy na dié hospitaal toe hoef te gaan nie, want die kaders en korruptes het seker gemaak daar bly net mooi niks funksioneel oor nie. Die vermetelheid om nie net van arm nie, maar ook siek mense te steel.
Luister na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie om te hoor wat Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen te sê het oor hierdie dinge.
Vandeesweek laat die politieke sirkus op die dorp ons met geen rus nie. Eerste is Julius Malema wat uiteindelik in ʼn hof skuldig bevind is aan iéts! Hy gaan nie sommer binnekort die binnekant van ʼn tronk sien nie, maar gaan wel moet hoes om sy skuldboete te betaal. Die hof het besluit sy sangloopbaan mag dalk “Kill the Boer” insluit, maar nie “Parapapa” van Snotkop met die byklanke van ʼn AK47 nie.
Net nog enetjie is terug met ʼn vyfde seisoen, net betyds om saam te gesels oor die Solidariteit Beweging se tweede besoek aan die VSA vanjaar. Met dié besoek wat aan die gang is, het die ANC natuurlik weer ou verraderlike koeie uit die sloot gaan grawe. Terwyl die Beweging met ope arms terug genooi word na die Withuis, stamp die ANC steeds koppe in Washington.
In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor die ANC-berg wat soos verwag, weereens ’n muis gebaar het. Verlede week se nasionale dialoog was op die ou end ’n baie duur, maar vrotterige windeier.
Waar daar eens sprake was van gesprek met inspraak van die mense was, voel dit al hoe meer soos ’n eenrigtingtoespraak waarin die ANC self al die vrae vra én die antwoorde verskaf.
In hierdie week se episode van Net nog enetjie bespreek Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor ’n breë spektrum sake – van wêreldwye handelskrisisse en regeringsretoriek tot dapper joernalistiek wat korrupsie met ’n handsak vol omkoopgeld oor die kop slaan.
Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange.
In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor Trump se tassies – eerder as om een te kies, het die ANC blykbaar besluit om sommer ʼn ander speletjie te begin speel. Een waarin hulle waarskynlik gaan verloor.
Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl die brandstigters onaangeraak bly nie. Tot dít uitgesorteer is, is geen kommissie, herskikking of minister gepos regtig genoeg nie. Luister na Net nog enetjie vir jou ontleding van die week se politieke polemiek.




