Discover
Dis wie ek is
Dis wie ek is
Author: Maroela Media
Subscribed: 1Played: 3Subscribe
Share
© Maroela Media
Description
Van sepies tot sang, kuns tot kreatiwiteit – die Afrikaanse vermaakbedryf is ʼn interessante plek. In Maroela Media se podsendingreeks, "Dis wie ek is", gesels ons met van die land se grootste akteurs, sangers en storievertellers oor hul pad met beroemdheid, balans en die kunste.
15 Episodes
Reverse
In die jongste episode van Dis wie ek is, Maroela Media se podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels Lianie oor die oplewing in haar loopbaan, haar lewe op die plaas saam met Barry en die “goeie ou dae” van die 2000’s.
Hoewel Izak Davel al deur diepe waters moes worstel om weer ʼn asemteug van verligting in sy loopbaan te skep, weet hy vandag een ding – jy kan nooit alles verloor as jy steeds jou geloof het nie.
In die jongste episode van ‘Dis wie ek is’ stort Rolanda Marais haar hart uit oor ma-wees, jare in die vermaakbedryf en ouer word.
Sy skroom nie om haar geloof op haar mou te dra nie, sy vind inspirasie in haar vier seunskinders en dwing nie haarself om musiek te skryf wat nie haar hart weerspieël nie.
As daar een man wat in murg en been ʼn storieverteller is, is dit die aanbieder, restauranteienaar en vervaardiger Rian van Heerden.
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Christia Visser openhartig oor haar loopbaan, gesin en die uitdagings wat sy die afgelope paar jaar met haar geestesgesondheid moes trotseer.
In die jongste episode van "Dis wie ek is" maak Andriëtte haar hart oop oor haar loopbaan, gesin en die uitdagings wat sy in die afgelope paar jaar met haar stem ervaar het.
In die jongste episode van “Dis wie ek is” stort Brendan Peyper sy hart uit oor sy trek terug Bloemfontein toe, nuwe musiek en die onstuimige waters waardeur hy die afgelope ruk is.
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Steve Hofmeyr openhartig oor vier dekades in die bedryf, skandes wat hom in die koerant laat beland het, en sy liefde vir Afrikaans.
In “Dis wie ek is” gesels Danny oor die titel van sy nuwe enkelsnit, asook die herlewing van egte sokkiemusiek in Afrikaans en deel meer oor sy agtergrond en toekomsplanne.
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Kurt openhartig oor sy gesin, sy pad in die musiekwêreld en sy splinternuwe album, “100%”.
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Ruvé Erasmus en Marco van Deventer oor ONS se debuutalbum en hul liefde wat eintlik lank voordat hulle musiek begin maak het, geblom het.
In Maroela Media se jongste episode van “Dis wie ek is”, ʼn podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels ons met Nadia en Rouel oor hul unieke verhouding met mekaar en die verhoog.
In die tweede episode van Maroela Media se podsendingreeks “Dis wie ek is” gesels Bok oor sy nuwe musiek, sy gesin en sy lewe in die Kaap.
In die eerste episode van Maroela Media se jongste podsendingreeks, “Dis wie ek is”, gesels Hykie openhartig oor die swaar, ligte en lekker tye wat hy al in sy lewe en loopbaan gehad het.




