DiscoverBizskoops (Afrikaanse Weergawe)
Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)
Claim Ownership

Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)

Author: Newskoop

Subscribed: 1Played: 3
Share

Description

Bizskoops, aangebied deur Barry Mare, bied 'n blik op plaaslike en globale sake-ontwikkelings. Ons bring vir jou in-diepte onderhoude met bedryfsleiers en entrepreneurs, deel hul strategieë en stories vir sukses. Die voormalige President van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika en dosent verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, prof. Waldo Krugell, gee weekliks ʼn oorsig oor stand van die ekonomie. Bly op hoogte met Bizskoops – vir 'n omvattende besigheidsperspektief.
83 Episodes
Reverse
Is jy gereed vir die nuutste sakenuus, plaaslik en internasionaal, op hierdie week se Bizskoops? Op hierdie week se Bizskoops het ons belangrike ekonomiese tendense ondersoek wat Afrika en Suid-Afrika se unieke posisie vorm. Ons het afgeskop met insigte van Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding, wat sy sienings gedeel het oor waarom Suid-Afrika se groeivooruitsigte steeds gedemp is in vergelyking met sy Afrika-eweknieë. Dít ten spyte van sy sterk potensiaal. Die ekonoom Waldo Krugell het daarna die inflasie- en rentekoersvooruitsigte wat die ekonomie beïnvloed, ontleed. 2025 was opmerklik vir edelmetale, gekenmerk deur groei en wisselvalligheid. Die edelmetaalontleder by CRU Group, Kirill Kirilenko, het die belangrikste tendense en ontwrigtings voorspel wat in die volgende 12 tot 24 maande verwag word. Ons het ook gesels met Bongani Malaba, medestigter van die maatskappy Jenzy. Hy het gepraat oor fintech-innovasie by die 2025 International Commodity Summit, met die fokus op hoe Jenzy vertroue en ekonomiese groei in Afrika se grensverskuiwende handel bevorder. Luister gerus na hierdie kundige gesprekke en meer op Bizskoops.
Op die program vandag... # Suid-Afrika mag binnekort nuwe belasting op aanlyn dobbelary instel # Die regering gaan voort met 'n nuwe strategie om handel te diversifiseer # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die ekonomie van Swart Vrydag # In internasionale sakenuus… Kanada se eerste minister is nie haastig om handelsgesprekke met die Verenigde State te hervat nie # In beleggingsnuus... ons kyk na globale ekonomiese verskuiwings en geopolitiek wat die wisselvalligheid van edelmetale dryf En, ons gesels met die medestigter van die maatskappy Jenzy, Bongani Malaba. Bongani het gepraat tydens 'n onderhoud by die 2025 International Commodity Summit, wat verlede week by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum plaasgevind het.
Op die program vandag... # Suid-Afrika se kredietgraderings het verlede week 'n beduidende positiewe ontwikkeling gesien # Inflasie styg met nul-komma-een persent maand-tot-maand # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor goeie nuus in terme van die land se ekonomie die afgelope week. # In internasionale sakenuus… Regter beslis Meta het nie die wet oortree toe dit Instagram en WhatsApp gekoop het nie # In beleggingsnuus... Pick n Pay se stigtersfamilie het ongeveer 64-miljoen aandele verkoop En, ons gesels met die Hoof van Kommoditeite by die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) oor die JSE se kommoditeitsmarkondersteuning aan landbouprodusente en -uitvoerders in Suid-Afrika.
Op die program vandag... # Ons fokus op vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring # Statistiek Suid-Afrika het 'n verbetering in die land se werkloosheidsyfer gerapporteer # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor vanmiddag se mini-begroting # In internasionale sakenuus… Asiatiese aandele het beduidende buitelandse uitvloei in die eerste week van hierdie maand gesien # In beleggingsnuus... AngloGold het rekordverdienste gerapporteer En, ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die regering van nasionale eenheid en die land se vervaardigingsektor wat steeds sukkel.
Op die program vandag... # Suid-Afrika kan 'n kredietgraderingsopgradering van S&P ontvang. # Die Chinese motorvervaardiger Changan het amptelik die Suid-Afrikaanse mark betree. # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor hoekom dit goeie nuus is dat Suid-Afrika van die gevreesde gryslys verwyder is. # In internasionale sakenuus… Asië aandele het vanoggend gedaal. # In beleggingsnuus... Cell C is op pad na die JSE se hoofbord. En, ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere 'n opname deur Afrobarometer en die risiko van biosekuriteit vir die plaaslike ekonomie.
Op die program vandag... # Suid-Afrika benodig miljarde rand oor te skakel na 'n lae-koolstof, klimaatsveerkragtige ekonomie # Die Nasionale Departement van Gesondheid het befondsingsopsies voorgestel om die Nasionale Gesondheidsversekering te vestig # In internasionale sakenuus… In internasionale sake-nuus… Amazon Web Services sal teen 2031 ten minste vyfmiljard dollar in Suid-Korea belê En ons fokus op die International Commodity Summit 2025 wat van 17 tot 20 November by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum plaasvind. Die International Commodity Summit is een van die top mynbou-, energie- en landbougeleenthede in Suid-Afrika. Dit is 'n eerste van sy soort, volledig geïntegreerde multi-industrie-geleentheid wat die hele hulpbronwaardeketting onder een dak bymekaarbring.
Op die program vandag... # Inflasie bly binne die Reserwebank se teikenband # Die gemiddelde lewenstandaard in Suid-Afrika sal na verwagting verder daal # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die besteding van jou geld op ervarings # In internasionale sakenuus… Die VSA en Australië het 'n belangrike mineraalooreenkoms onderteken # In beleggingsnuus… Die Foschini-groep se aandeelprys het met meer as 18 persent gedaal En, ons gesels met die uitvoerende hoof en stigter van die maatskappy Agrofi, Desmond Irabor. Agrofi is deel van die Ayemere Groep van Plaasnywerhede en een van die borge van die International Commodity Summit 2025
Op die program vandag... # Die Moody’s graderingsagentskap verwag dat Suid-Afrika se ekonomie hierdie jaar kan groei # Die dalende Amerikaanse dollar bevoordeel tans die Suid-Afrikaanse rand # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die goudprys wat ʼn hoogtepunt bereik het # In internasionale sakenuus… China wil hoëtegnologie-vervaardiging bevorder # In beleggingsnuus… Beleggers word aangemoedig om groter risiko's te neem deur klein en middelgroot maatskappye te steun En, ons gesels met die uitvoerende hoof en stigter van die maatskappy Agrofi, Desmond Irabor. Agrofi is deel van die Ayemere Groep van Plaasnywerhede en een van die borge van die International Commodity Summit 2025 .
Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het die stigting van 'n Ekonomiese Oorlogskamer in die Presidensie voorgestel # Beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het 'n rekordhoogtepunt bereik # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor ekonomiese aanwysers en die sogenaamde Second China Shock # In internasionale sakenuus… Die prys van goud het 'n rekordhoogtepunt bereik # In beleggingsnuus… Bidcorp bly 'n sterk, betroubare belegging op die JSE En, ons gesels met die stigter en uitvoerende hoof van Just Green Strategies, Aradhna Pandarum. Sy sal deelneem aan die International Commodity Summit 2025 - een van die top mynbou-, energie- en landbougeleenthede in Suid-Afrika wat van 17 tot 20 November plaasvind.
Op die program vandag... # Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens skiet tekort aan sy doelwit om vanjaar ekstra inkomste in te samel # Suid-Afrika se negatiewe verbruikersvertroue is 'n bron van kommer # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die onlangse verbruikersvertrouesyfers # Die Amerikaanse federale regering het gesluit # Ons praat oor Afrika se minerale rykdom En, ons gesels met hoofredakteur van MyFairLady, Suzy Brokensha. Sy vertel meer oor die 2025 Santam Women of the Future-toekennings en finaliste
Op die program vandag... # Die jaarlikse verbruikersprysinflasie daal effens in Augustus # Die Suid-Afrikaanse motorsektor staar groeiende uitdagings in die gesig # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die BBP-syfers wat verlede week vrygestel is # In internasionale sakenuus… Microsoft is gereed om in die Verenigde Koninkryk se Kunsmatige Intelligensie-sektor te belê # In beleggingsnuus… Aandele in die voedselprodusent Libstar het gister gestyg na gesprekke oor 'n moontlike oornamebod En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding onder andere te praat oor die risiko's vir die Suid-Afrikaanse ekonomie as die ANC die Suid-Afrikaanse Reserwebank se mandaat uitbrei om werk en groei in te sluit.
Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het steun uitgespreek vir die inkomende staatsbeheerde Postbank # Suid-Afrika se BBP het opwaarts verras # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die ekonomie van sport # In internasionale sakenuus… 'n Federale regter het die Amerikaanse president Donald Trump tydelik verhoed om die goewerneur van die Federale Reserweraad af te dank # In beleggingsnuus… Remgro verwag 'n beduidende styging in wesensverdienste per aandeel vir die volle jaar En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die dalende vertroue in die regering van nasionale eenheid en die ekonomiese impak van AMSA se besluit om sy aanleg in New Castle te sluit.
Op die program vandag... # Daar is steeds struikelblokke wat verhoed dat die rand sy billike waarde bereik # Fabriekaktiwiteit in Suid-Afrika het in Augustus weer in krimping verval # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor staatskuld # In internasionale sakenuus… Daar is tekens van sterker ekonomiese bande tussen Rusland, China en Indië # In beleggingsnuus… 'n Batemakelaar het 'n veldtog in Suid-Afrika van stapel gestuur wat daarop gemik is om plaaslike handelaars te ondersteun En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere waarom beleggersoptimisme in Suid-Afrika sedert die vorming van die regering van nasionale eenheid vervaag het
Op die program vandag... # Suid-Afrika bly Afrika se grootste welvaartmark # Suid-Afrika se spoorwegsektor betree 'n nuwe era # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die huidige stand van die Amerikaanse ekonomie # In internasionale sakenuus… Donald Trump se 50 persent-tariewe op Indië het nou in werking getree # In beleggingsnuus… ACSA verklaar ’n rekord netto wins En ons gesels met 'n leierskapsafrigter en strateeg by die sakeleierskapsprogram ABL oor hoe entrepreneurs en sake-eienaars hul besighede werklik moet lei
Op die program vandag... # Die Verbruikersprysindeks vir Julie is op tot drie-komma-vyf persent # Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding gesels oor die land se werkloosheidskrisis # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die regering se ondersteuningspakket in reaksie op die VSA se 30% handelstariewe # In internasionale sakenuus… gesels ons vandag oor die VSA se ekonomie # In beleggingsnuus… Harmony Gold het regulatoriese goedkeuring verkry om MAC Copper te verkry En ons gesels met 'n leierskapsafrigter en strateeg by die sakeleierskapsprogram ABL oor hoe entrepreneurs en sake-eienaars hul besighede werklik moet lei
Op die program vandag... # Suid-Afrika se handelsdepartement het nuwe regulasies voorgestel om uitvoerders te help om die 30 persent Amerikaanse tariewe te hanteer # Suid-Afrika staar 'n golf van internasionale maatskappye in die gesig wat afskaal of die land verlaat # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor verskeie aanwysers en die komende nasionale dialoog # In internasionale sakenuus… Britse maatskappye kry toegang tot Indië se staatsaankopemark # In beleggingsnuus… Edelmetale is vanjaar een van die veiligste beleggingsweddenskappe En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer te praat oor die Amerikaanse tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere.
Op die program vandag... # Markte is senuweeagtig oor die verskil tussen die Reserwebank en minister Godongwana oor die inflasieteiken # Die JSE oorweeg dit om 24-uur-handel in te stel # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor die nodigheid van beleidskoördinering # In internasionale sakenuus… Kritici waarsku oor die impak van 'n 100 persent-tarief op die invoer van Russiese olie. # In beleggingsnuus… Pick n Pay gaan voort met beplande winkelsluitings en -omskakelings En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere ’n opname wat toon dat klein en mediumgrootte ondernemings hoë vlakke van stres ervaar.
Op die program vandag... # Die IMF se Julie Wêreld Ekonomiese Vooruitsigte is meer positief oor globale groei, maar nie vir Suid-Afrika nie # Verskeie belangrike gevolgtrekkings kan gemaak word uit die toutrekkery met die begroting vanjaar # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor môre se repokoersbesluit # In internasionale sakenuus… 'n VSA-miljardêr verwelkom die land se planne om 'n 50 persent-tarief op koperinvoere te hef # In beleggingsnuus… Kumba Iron Ore het 'n daling van vier persent in inkomste gerapporteer En, ons praat met die hoof van omgewings-, sosiale- en bestuursaspekte en impak by Sanlam Investments, Teboho Makhabane, oor Afrika se blou ekonomie
Op die program vandag... # Die jaarlikse Verbruikersprysinflasie is op na drie persent # Suid-Afrika kan in die toekoms rentekoersverhogings in die gesig staar # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor internasionale en plaaslike ekonomiese aanwysers wat die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed # In internasionale sakenuus… Die Verenigde State het handelsooreenkomste met Japan, die Filippyne en Indonesië bereik # In beleggingsnuus… Ibex verkoop sy hele belang van meer as 28 persent in die maatskappy Pepkor En ons gesels met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse handel
Op die program vandag... # Die goewerneur van die Reserwebank waarsku dat wêreldwye handelsspanning Suid-Afrika se inflasievooruitsigte beïnvloed # Ekonome het Suid-Afrika se ekonomiese groeivoorspellings hersien # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor positiewe en negatiewe sentiment oor die land se ekonomie # In internasionale sakenuus… China se ekonomiese groei verlangsaam # In beleggingsnuus… Die krimpende aantal genoteerde maatskappye op die JSE is 'n bron van kommer En ons gesels met Chris Hatting van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die hoofhindernisse wat Suid-Afrika verhinder om hoër ekonomiese groei te behaal
loading
Comments