DiscoverNóú pra’ jy
Nóú pra’ jy
Claim Ownership

Nóú pra’ jy

Author: Maroela Media

Subscribed: 3Played: 5
Share

Description

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
64 Episodes
Reverse
Deur Chris Chameleon Die seepkissie het wel in sekere opsigte nie die kaf van die koring kon skei nie, in soverre diegene met goeie menings nie gehoor was as hulle nie goeie stemme gehad het nie, en diegene met goeie stemme en goeie idees nie kon opgang maak as hulle sosiaal verleë was nie. Vandag is dit anders.
Kersdag is dalk die belangrikste dag in die Christelike geloof. Sommige sal sê dis Paasfees, ander weer Hemelvaart. Dit maak nie so baie saak nie. Wat saak maak is dat almal genooi is.
Deur Chris Chameleon Hierdie toedrag van sake verlei kunstenaars dikwels tot die waan dat die wêreld ʼn meestal vriendelike plek is, waar vreemdelinge jou ken en liefhet, waar jy waardeer word en waarin jy spesiaal en gerekend is. Hoe kan jy dan verkeerd wees?
Deur Chis Chameleon Want waar leiers voor die landbourewolusie deur die gemeenskap gekies is, het leiers sedert die landbourewolusie hulleself verkies.
Deur Chris Chameleon Dis toe dat ek die regte vrae begin vra het, vrae wat die knoop tussen die baksteen en die voet losgemaak het en die waarheid soos ʼn lyk wat nie gevind moes word nie, na bo laat dryf het
Deur Chris Chemeleon Uiteindelik stoom die ontwikkeling onverpoosd, onstuitbaar voort, of jy deelneem of nie. Maar jy kan jou vereenselwiging daarmee, dit wat jy daaruit neem en hoe jy dit aanwend beheer.
Deur Chris Chameleon Die werklikheid van geweld lê selde in die oomblik van geweld (uit eie ervaring weet ek dat ʼn mens dan nie veel voel of dink nie). Die werklikheid van geweld lê in die nadraai: verminking, verbrokkelde familie, trauma en die gruwel van die dwangdood.
Deur Freek Robinson Daar moet ʼn tyd kom wat honderde toeriste, aand na aand, die skemer-taferele van die meer met sy boothotelle kan beleef – en ʼn glasie klink op vrede.
Deur Chris Chameleon Die gesprek swaai dan in die rigting van die vreemde draaie wat die lewe loop om ʼn mens op te saal met die lot van jou omstandighede…
Van Mandela na Trump

Van Mandela na Trump

2025-04-0405:53

Deur Freek Robinson Suid-Afrika was met die oorgang na demokrasie in 1994 ʼn boesemvriend van die VSA. Drie dekades later is die Amerikaanse president, Donald Trump, op slegter voet met Suid-Afrika as ooit vantevore.
Deur Chris Chameleon In sommige opsigte is Afrikanerskap soos Christenskap – dis iets wat jy bloot bely. As jy sê jy’s een is dit al genoeg om deur die samelewing getel te word as een.
Deur Freek Robinson Met die geweld wat bedaar het, wil gerugte dit hê dat Venancio Mondlane bereid sou wees om saam met Frelimo in ʼn regering van nasionale eenheid te dien. Hopelik sal die geknelde land voortaan ʼn tyd van vrede en ontwikkeling beleef.
Deur Chris Chameleon Dit het soms dalk kon lyk na ʼn begeerte om bloot anders te wees, maar met die wysheid van terugskouing kan ek sê die andersgeit was reeds dáár, die anders wéés was ʼn aanpassing by die onvermydelikheid van die andersgeit. Dis mos maar menslik om soms die onvermydelike te regverdig, uit hoofde van die onmag om iets daaraan te doen. Dit word ʼn geval van “as ek nie teen die stroom na die bestemming van my wil kan swem nie, sleur die stroom my mee en besing ek die bestemming daarvan asof dit my eie wil is”.
Deur Chris Chameleon Iemand (nie een van haar kinders nie – beide van hulle sit in Australië) het vir tant Poppie by die ouetehuis afgelaai. Sy was gedaan en vol skete en alhoewel sy eens mooi was, was sy nou verweer en vol plooie.
Deur Chris Chameleon En dis toe dat ek die oggend vroeg opstaan, my deftige pak klere aantrek en my aanstaande knielend wakker maak en vra om vir ewig myne te wees, sodat ek vir ewig hare kan wees en die beste mens waartoe ek in staat is tot haar beskikking te wees.
Deur Freek Robinson ʼn Mens kan jou indink watter geweldige impak dit gehad het op die gemoed van jong seuns. Sulke voorvalle het bygedra tot die ontmensliking van die manne. Van die begin af, met hulle aanmelding vir diensplig by basisse, is troepe verskreeu, gevloek en aan uiterste fisieke take onderwerp.
Deur Chris Chameleon Daar is egter ook die opwinding van nuwe ontdekkings en insigte in die blaaie van hierdie oeroue, misterieuse geskrif. Een van die mees merkwaardige hoofstukke hierin is die skeppingsverhaal soos in Genesis vertel.
Kommer oor Trump

Kommer oor Trump

2024-10-1606:00

Deur Freek Robinson Dit is te verwagte dat konserwatiewe groeperinge vir Trump sal stem, maar die middelklas en beroepslui is bekommerd oor die vervlakking van die politieke diskoers.
Deur Chris Chameleon Maar indien dit ʼn seuntjie is, moet hy eendag, vroeër of later, sy moeder se rokpante laat gaan en die rubikon oorsteek om die uitdaging van manlikheid aan te durf en dit te vergestalt.
In 'n staat van trauma

In 'n staat van trauma

2024-09-0404:38

Deur Freek Robinson So veel as wat praktiese stappe nodig is om misdaad te beperk, so nodig is dit dat trauma- en sielkundige berading geredelik beskikbaar moet wees vir die duisende slagoffers van misdaad.
loading
Comments