Discover
'n Sak Vol Stories
'n Sak Vol Stories
Author: 'n Sak Vol Stories
Subscribed: 3Played: 11Subscribe
Share
© 'n Sak Vol Stories
Description
'n Afrikaanse storiepodsending propvol avontuur en verbeelding vir kinders van alle ouderdomme. Almal kan saamluister na fantastiese avonture propvol waardevolle lewenslesse. Ons vertel alles van feeverhale, mites en legendes tot splinternuwe stories.
Ruil die skerm vir 'n storie uit ons storiesak wat kinders se verbeelding vrye teuels gee.
Lees ook gerus saam op ons webblad: www.sakvolstories.co.za
Volg ons op Instagram: www.instagram.com/sakvolstories
Ruil die skerm vir 'n storie uit ons storiesak wat kinders se verbeelding vrye teuels gee.
Lees ook gerus saam op ons webblad: www.sakvolstories.co.za
Volg ons op Instagram: www.instagram.com/sakvolstories
30 Episodes
Reverse
’n Saggeaarde meisie, ’n verskriklike Ondier en ’n enkele roos. ’n Tydlose sprokie wat wys dat ware skoonheid van binne af kom. Instagram · Website
Hulle lyk dalk soos mense, maar hulle het lank reeds alles wat van ‘n mens ‘n mens maak, verloor. Instagram · Website
‘n Eeueoue simbool van vernuwing en hergeboorte. Die feniks is nie sommer ‘n gewone voëltjie nie. Instagram · Website
‘n Eeueoue simbool van vernuwing en hergeboorte. Die feniks is nie sommer ‘n gewone voëltjie nie. Instagram · Website
Sommige noem hom die “Afskuwelike Sneeuman”, maar bitter min mense het hom nog ooit gesien. Instagram · Website
‘n Majestueuse mitologiese dier wat dalk van ver af net lyk soos ‘n perd, maar kom nader en word stomgeslaan! Instagram · Website
Hulle is bang vir knoffel en het geen weerkaatsing in die spieël nie, maar daar sit veel meer as net dit in die legendariese bloedsuiers. Instagram · Website
Diep in die water dartel sy rond. Half vis, half mens, maar eenhonderd persent betowerend. Ons reeks oor Kreatiewe Kreature skop af met dié legendariese waterwese. Instagram · Website
n Sal Vol Stories se spesiale Kersfeesuitgawe is hier! Sluit die jaar af met Charles Dickens se klassieke A Christmas Carol in Afrikaans.
’n Gierige man, drie geheimsinnige geeste en ’n Kersnag wat alles verander. Die tydlose verhaal van Ebenezer Scrooge wys hoe selfs die koudste hart weer warm kan word. Instagram · Website
Driehonderd spartane, die vuurwarm thermopylai-pas, ’n magtige persiese leër… en ’n koning wat wys hoe ware moed in aksie lyk. ’N meesleurende verhaal van eer, opoffering en onwrikbare dapperheid. Instagram · Website
Die legende van die Trojaanse Perd - ’n reuse houtperd, ’n slinkse plan, en die stad wat te vroeg feesgevier het. ’n Opwindende mite oor slim planne, verbeelding… en waarom jy altyd moet dink voor jy juig. Instagram · Website
Wanneer die meester-uitvinder Daidalos en sy seun Ikaros uit ’n toring ontsnap met vlerke van vere en was, ontdek hulle die vryheid van die lug… maar ook die gevare van roekeloosheid. Instagram · Website
Inchy Bo is klein van statuur. Regtig báie klein. Maar dit beteken nie hy het nie drome om ‘n groot en magtige samoerai te word nie. As hy net kan kon kry om homself te bewys... Instagram · Website
Die wrede sfinks het niks of niemand laat verby kom nie. Almal wat wou, moes eers ‘n raaisel beantwoord, en niemand kon nie. Totdat Oedipus op ‘n dag daar aankom... Instagram · Website
Medusa is moeg vir alleen wees, maar gaan sy ooit ware liefde kan vind? Met die hulp van haar kristalbal is daar dalk net ‘n kans! Instagram · Website
Muishert is dalk ‘n klein diertjie, maar dit beteken nie hy kan nie groot planne maak nie. Veral nie wanneer die slinkse tier die dag op sy spoor is nie. Instagram · Website
Vir so lank as wat almal kon onthou steek ‘n pragtige, blink swaard in die klip. Niemand kon dit ooit verwyder nie. Tot op ‘n dag... Instagram · Website
Die Chimera is dalk ‘n skrikwekkende dierasie met drie verskillende koppe en ‘n lyf wat iets tussen ‘n leeu, vlermuis en slang is, maar dit beteken nie hierdie mitologiese monster is bestand teen alledaagse probleme soos doodgewone gewone hongerte nie.
Maar wanneer al drie die koppe begin twis, raak ‘n doodgewone takie ‘n enorme uitdaging.
Maak nie saak hoe sterk jy is nie, sodra onmin sy kop (of koppe) begin uitsteek, raak dinge vinnig baie moeilik. Instagram · Website
Wat gebeur as jy glad nie so slim is as wat jy dink nie?
Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.
Sien, alhoewel hy bekend is vir sy gekskeerdery en poetse, het hy ook sy skerp manier van dink en sy vermoë om slim planne te beraam gebruik om te kry wat hy wou hê. En in hierdie geval is dit nie sommer ietsie kleins nie. O, nee.
Hoe gemaak as ‘n klein spinnekoppie ‘n enorme plan kry en vir al die wysheid in die wêreld wil bymekaarmaak? Elke laaste liewe bietjie daarvan. Net vir homself.
Waar gaan hy oral moet soek? Om nie eers te praat van wat hy daarmee gaan doen as jy dit eers in die hande het nie.
En dit is maar net die begin van ‘n stryd waarin Anansi met baie moeiliker uitdagings en baie eenvoudiger oplossings gekonfronteer word.
Om slim te wees is een ding...
Al wat dit somtyds neem is ‘n onbetrokke buitestaander om selfs die slimste van slimmes reg te help, en die lewe bietjie makliker vir almal te maak.
En dit is presies wat met Anansi gebeur. Instagram · Website
'n Jong handlanger word deur sy towenaar-leermeester alleen by die huis gelos. Gaan hy homself kan inhou, of gaan dinge dalk lelik skeefloop? Instagram · Website























