DiscoverGod se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Claim Ownership

God se Woord VARS vir jou Vandag

Author: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Subscribed: 23Played: 734
Share

Description

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
1095 Episodes
Reverse
Send us a text Sagaria 4:10 Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Die mense sal bly wees wanneer hulle sien Serubbabel gaan aan met die bouwerk. As jy een van daardie mense is wat koersvas en vasberade goeie dade verrig, kan jy soms moedeloos voel wanneer jy bitter min vordering beleef. Dis asof niks gebeur nie, totdat jy skielik eendag terugkyk om te ontdek hoe ver jy in werklikheid gevorder het. Tyd gaan vir 'n jong moeder wie se dag uit luiers, tandekry en woedebuie best...
Dis Veilig Hier

Dis Veilig Hier

2026-02-0302:55

Send us a text Matteus 14:28-29 Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Sommige mense hou daarvan om in hulle gemaksone te bly, terwyl ander na avontuur en onvoorspelbaarheid smag. Ek was nog nooit besonder lief vir oefening nie, en tog weet ek, veral soos ek ouer word, dat dit ongelooflik goed vir my is. So, elke oggend staan ek voor 'n keuse...
Send us a text Markus 6:30-31 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Hier is ‘n feit wat soos ‘n paal bo water staan: Jy kan nie met ‘n leë tenk aanhou ry nie. Tog probeer so baie mense om op ‘n leë emos...
Bewys Empatie

Bewys Empatie

2026-02-0103:19

Send us a text Romeine 12:15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Die sterkste band wat ons met iemand kan bou, is die een wat "empatie" genoem word. Wat behels empatie? Dit beteken dat ons met aandag na hulle luister; dat ons voel wat hulle voel; of hulle nou reg of verkeerd is. Maar die belangrikste is seker dat húlle voel dat hulle gesien word; voel dat hulle gehoor word; en voel dat hulle verstaan word. Dis soos om suurstof in ‘n bedompige kamer in te po...
Seën Julle Vervolgers

Seën Julle Vervolgers

2026-01-3103:02

Send us a text Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. Hoe voel jy teenoor iemand wat jou sleg behandel? Kwaad, bitter, wraaksugtig? Nouja, jy weet jy is veronderstel om hulle te vergewe ... maar dis nie altyd maklik nie. Elizabeth Elliot was 'n sendeling, ‘n skrywer en spreker wat miljoene mense geïnspireer het. In 1956 is Jim, haar man, in Ecuador, met 'n spies doodgesteek deur ‘n lid van die stam wat hulle met die Evangelie probeer bereik h...
Wees Gasvry

Wees Gasvry

2026-01-3002:56

Send us a text Romeine 12:13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. (NLV) Nouja, vandag is een van daardie dae wat ek jou met 'n moeilike vraag gaan konfronteer. Hier is dit: Hoe behandel jy vreemdelinge? As jy iemand sien wat jy nie ken nie en wat in nood verkeer, is jy die soort persoon wat opstaan en help, of stap jy oor na die and...
Send us a text Romeine 12:13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. (NLV) Vrygewigheid is so 'n wonderlike ding, nè? Wanneer iemand vrygewig teenoor ons is, hetsy dit met hul tyd, talente of skatte is, voel ons ongelooflik gewaardeerd, ongelooflik geseënd. Tog is die meeste mense se gewoonte om hulle goedjies op te gaar en dit alles v...
Volhard in Gebed

Volhard in Gebed

2026-01-2803:10

Send us a text Romeine 12:12 Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie.(NLV) Ek dink jy sal saamstem dat deursettingsvermoë 'n belangrike eienskap is wat iemand moet hê. As jy aan jou gunsteling fliek dink, draai dit seker om 'n held wat onmoontlike uitdagings beleef en dan op die ou end seëvier. En tog is deursettingsvermoë iets wat ons hoop om nooit nodig te hê nie; want dis mos iets wat ons nodig het wan...
Volhard

Volhard

2026-01-2703:02

Send us a text Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy al opgemerk hoe stadig tyd verbygaan wanneer jy swaarkry? Die res van die wêreld gaan op sy gewone drafstap voort, maar jou lewe loop in stadige-aksie – uiterste stadige- aksie, soos elke minuut op die horlosie stadig aftik. En jy weet hoe jou geduld onder daardie omstandighede baie vinnig opraak. Kan ek nie net die ‘fast forward’- knoppie druk nie? Kan ek nie net anderkant uitkom n...
Dans van Vreugde

Dans van Vreugde

2026-01-2603:05

Send us a text Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy hoop vir die toekoms? Die probleem is dat wanneer dinge swaar gaan, daardie gevoel van hoop soos mis voor die môreson verdwyn. Die Roemeense pastoor, Richard Wurmbrand, is in 1948 in hegtenis geneem en vir veertien jaar gevange gehou onder die wrede Kommunistiese regime. Hy is gemartel; hy was vir drie jaar lank in eensame opsluiting in 'n donker ondergrondse sel aangehou en selfs...
Wees Entoesiasties

Wees Entoesiasties

2026-01-2502:56

Send us a text Romeine12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Dis so lekker wanneer jy jou unieke gawes en vermoëns tot voordeel van ander kan gebruik, nè? Jy geniet dit wanneer jy besig is om iets te doen wat so reg in jou kraal is. Dit gee jou sommer nuwe energie en ywer om nog meer te doen. Maar wees versigtig: ywer kan 'n tweesnydende swaard wees. Wanneer jou ywer op die verkeerde ding gefokus is, word ...
Moenie Lui Wees Nie

Moenie Lui Wees Nie

2026-01-2403:17

Send us a text Romeine 12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Kom ons gesels ‘n bietjie oor jou werk. Daar is twee ewe vernietigende uiterstes. Aan die eenkant kan jy die werkslaaf, wees wat bereid is om jou gesondheid en jou familie op die altaar van sukses te plaas. Aan die anderkant kan jy die luiaard wees wat die minste moontlik sal doen. Twee samurais, Motoharu en Takakage, was broers wat tydens die 16de-...
Respekteer Ander

Respekteer Ander

2026-01-2303:11

Send us a text Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) Om ander met respek te behandel, klink baie mooi en eerbaar. Ons weet intuïtief dis wat ons veronderstel is om te doen; ons weet ons moet mekaar eer en respekteer. Die probleem is net dat dit nogal ongerieflik is, nè? In hierdie vinnig veranderende wêreld waarin ons leef, het ons nie regtig die tyd of die lus om uit ons ...
Send us a text Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) In 1905 het Albert Einstein sy relatiwiteitsteorie gepubliseer. Hy en baie ander wetenskaplikes het gedink dat die heelal uit net een sterrestelsel bestaan. Vandag praat geleerdes van 'n ongelooflike heelal wat uit, omtrent twee triljoen sterrestelsels, elk met 'n gemiddeld van honderd miljard sterre en tweehonderd milja...
Hou Vas aan die Goeie

Hou Vas aan die Goeie

2026-01-2103:14

Send us a text Romeine 12:9 Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. (NLV) Ons het elke dag baie belangrike keuses om te maak. Dis nogal moeilik. Hoeveel eenvoudiger sou dit nie gewees het om die maklike pad te kies, eerder as die heilige een nie? Om selfsug, woede, oneerlikheid en wraak te kies, eerder as 'n opregte liefde vir ander, en 'n begeerte om genade te bewys? In die 17de eeu gedurende 'n wrede tyd van ...
Send us a text Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Is dit nie uiters ontstellend wanneer diegene met mag korrup is nie? Dis so verkeerd! Die onskuldiges kry swaar omdat die mense wat veronderstel is om hulle te beskerm en vir hulle te sorg, korrup is. Die klein mensies – die armes en die behoeftiges is die mense wat die meeste ly onder die magsbehepte leiers. Dis wat reg onder ons neuse besig is om te gebeur. En nou is die versoeking...
Liefde moet Opreg Wees

Liefde moet Opreg Wees

2026-01-1902:50

Send us a text Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Ons sal soms, dikwels as dit te laat is, ervaar dat party van die mense met wie ons skouers skuur, selfs mense in ons binnekring, vals is. Die ergste is wanneer iemand van wie jy lojaliteit verwag, jou in die rug steek. Het jy dit al ooit ervaar? In 1651, teen die einde van die Engelse Burgeroorlog, het Dame Alice Lisle, uit deernis en sonder politieke motiewe, in die geheim twee v...
Send us a text Spreuke 18:15,17 ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit. (NLV) Glo jy alles wat jy op sosiale media lees? Natuurlik nie! Maar hoekom is dit dan dat soveel mense in die wurmtonnels van samesweringsteorieë vasgevang word? Bloot omdat hulle op iets afgekom het wat so lekker by hul eie verkeerde idees inpas! Hoe gereeld word iemand ni...
Sê Wat Jy Bedoel

Sê Wat Jy Bedoel

2026-01-1703:08

Send us a text Efesiërs 4:14-15 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, Sommige mense verander voortdurend hulle persepsie oor dinge op grond van wat die laaste persoon met wie hulle gepraat het, gesê...
Vermy Skinderstories

Vermy Skinderstories

2026-01-1603:17

Send us a text Spreuke 18:8 Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. (NLV) Ek dink jy sal saamstem dat skinderpraatjies, soos 'n tweesnydende swaard is. As ons eerlik met onsself is, weet ons dat dit verskriklik vernietigend kan wees om deel van skinderpraatjies te wees; maar dis tog so aanloklik, so sappig, so heerlik, nè? Die Salem-hekse-verhore waarin mense van heksery beskuldig is, was tydens die laat 1600's in Massachusetts gehou. ‘n Paar simpel ...
loading
Comments