DiscoverGrys en Gatvol
Grys en Gatvol
Claim Ownership

Grys en Gatvol

Author: Melanie Verwoerd and Maritza Breitenbach

Subscribed: 1Played: 54
Share

Description

Ons praat, lag en huil oor peri- and post-menopousale dinge waaroor vroue wonder en fluister (of 2 uur in die oggend “google”)

Volg ons op
Facebook: https://www.facebook.com/grysengatvol
Instagram https://www.instagram.com/grysengatvol
25 Episodes
Reverse
Van Toeka tot Nou

Van Toeka tot Nou

2026-09-0153:17

In hierdie besondere gesprek ontmoet ons nie net die bekende, fenomenale Annelisa Weiland nie, maar kry ‘n intieme blik van haar grootwordjare en die mense en gebeurtenisse wat haar gevorm het. Ons gesels oor haar drome, haar pad, haar vreugdes, uitdagings, liefdes, lesse en die oomblikke wat haar gemaak het wie sy is. Geniet saam met ons die vrolike en soms verrassend emosionele kykie na hierdie kleurvolle, sterk, talentvol, eerlik en lewenslustige ikoon. ’n Gesprek vol stories, lag, herinneringe en ’n hele klomp Annalisa-kleur. ❤️ Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
In hierdie besonderse episode van Grys en Gatvol sit ons saam met die ikoniese Sandra Prinsloo — ’n baanbreker, aktrise, teaterpersoonlikheid en ’n vrou met ’n kleurvolle lewensverhaal. Dis ’n baie persoonlike en heerlik gesellige gesprek. Ons praat oor Sandra se merkwaardige loopbaan en die uiteenlopende rolle wat haar oor dekades heen ’n besondere plek in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gegee het. Maar hierdie gesprek gaan oor veel meer as toneelspel. Ons leer die Sandra agter die verhoog en die rolle ken: die vrydenkende kind en tiener, die sterk en beginselvaste vrou, haar kleurvolle emosionele wêreld, haar leefstyl en haar liefde vir ’n aktiewe lewe. Ons gesels ook oor die dinge wat haar deur die jare gesond, energiek en nuuskierig gehou het — en oor wat dit beteken om steeds met oortuiging en op jou eie manier deur die lewe te beweeg. ’n Gesprek vol herinneringe, lag, lewenswysheid, eerlikheid en ’n hele klomp Sandra. Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Hierdie week gesels ons met ‘n apteker, Liezl Joubert. Ons leer heelwat meer oor wat ons in die apteek se rakke en agter die toonbank kry. Ons ondersoek, vitamines en aanvullings, voorskrifmedisyne en ‘wonders’ uit die voorwinkel… Wat het ons rêrig nodig? Wat werk? Wat is dalk net goeie bemarking? En wanneer moet ons eerder vra voordat ons sommer self begin sluk, smeer of aanvul? Luister gerus — beslis ’n gesprek wat jou ’n bietjie beter laat dink oor wat jy daagliks gebruik. Grys & Gatvol — prontuit, prakties en sonder nonsens. 😏 Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Hoe nou gemaak? Jou liggaam verander, jou emosies oorval jou; jy is angstig en moeg - en skielik wonder jy: Wie is ek en waar pas ek in? Menopouse is veel meer as net ’n hormonale oorgang. Vir baie vroue is dit ’n tyd van diep emosionele en sielkundige verandering – ’n tyd waarin identiteit, verhoudings, selfvertroue en eiewaarde verander en herontdek kan word. In hierdie eerlike en insiggewende gesprek sit Melanie en Maritza om die tafel saam met die bekende sielkundige, Abraham le Roux. Hulle praat openhartig oor angs, depressie, verlies, die gevoel dat jy jouself iewers langs die pad kwytgeraak het, en waarom soveel vroue in hierdie lewensfase skielik “onsigbaar” voel. Abraham deel ’n insiggewende én praktiese raamwerk om hierdie seisoen met meer begrip en selfdeernis te navigeer. Hy verduidelik hoe jy deur vier belangrike areas van selfwaarneming – gevoelens, gedagtes, liggaam en gedrag – weer jouself kan herondek en nuwe betekenis en vreugdes kan geniet. Ons gesels ook oor: * Waarom emosies fisies in die liggaam ervaar word. * Die ongelooflike waarde van goeie vriende, gemeenskap en humor. * Wanneer professionele hulp of medikasie ’n wyse volgende stap kan wees. * En hoe om weer hoop, veerkragtigheid en lewenslus te vind. En bly beslis tot die einde! Die gesprek eindig op ’n ligter noot met heerlike trooskos van Frozen For You, en Abraham vertel ook – met sy kenmerkende humor – presies wat hom deesdae gatvol maak. Hierdie is nie net ’n gesprek oor menopouse nie. Dis ’n gesprek oor menswees. Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Beengesondheid gaan oor soveel meer as net sterk bene – dit gaan oor ’n sterk, aktiewe en onafhanklike lewe. In hierdie episode gesels ons met Dr. Marius Roos, hoof van die Instituut vir Osteoporose in Suid-Afrika. Dr Roos praktiseer by die Louis Leipoldt Mediese Sentrum, met ‘n sterk fokus op beendigtheidskanderings, fraktuurrisikobepaling, leefstyladvies en individuele behandelingsplanne. Ons gesels ook met ‘n ervare radiografis wat kortliks gaan verduidelik hoe en wanneer beendigtheid getoets moet word. Ontdek waarom dit so belangrik is om vroeg na jou bene om te sien, maar ook hoekom dit nooit te laat is om te begin nie. Ons deel die nuutste insigte, praktiese raad en ’n holistiese benadering om jou skelet gesond te hou . Hierdie is ’n gesprek wat elke vrou (en man!) behoort te kyk. Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
loading
Comments 
loading