DiscoverNG Wierdapark
NG Wierdapark
Claim Ownership

NG Wierdapark

Author: NG Wierdapark

Subscribed: 0Played: 1
Share

Description

God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.
145 Episodes
Reverse
Wat doen jy as Jesus nie optree soos, wel... Jesus nie? In hierdie episode van Sondag tot Sondag gesels Pieter en Morné oor daai een ongemaklike teks — Markus 7:24–30 — waar Jesus ’n desperate ma halfpad as ’n hond uitskel… en dan tog haar dogter genees. Huh? Dis ’n episode vol eerlike vrae, rou emosies en 'n geloofsgesprek wat begin met "ek was só moeg en toe eet ek ’n Pronutro protein bar wat my amper laat breek het..." Ons praat oor waarom ons soms méér van Jesus verwag as wat ons se...
Sondag tot Sondag – mini-reeks: Tussen die Geraas. In hierdie episode sit ons aan tafel met ds Fay van Eeden (Stellastraat) oor gasvryheid as teologie, ekologie as dissipelskap, en roeping wat ruimte maak. Kyk gerus na haar blog: https://enroutefoodie.co.za/
Hierdie meditatiewe gebedsbegeleiding nooi jou om stadig stil te word voor God in die lig van Psalm 51. In ’n rustige, pastorale styl word ruimte geskep vir eerlikheid, berou, genesing en nuwe begin. Deur Bybelvoorlesing, stilte, refleksie en gebed word jy begelei om jou broosheid, vrae en skuld in God se ontferming neer te lê. Sonder skuld-indusering of moraliserende taal herinner hierdie podcast jou daaraan dat genade ’n geskenk is, en dat God ons ontmoet presies waar ons is. Ideaal vir per...
In hierdie episode gesels Pieter saam met dr. Nioma Venter, Algemene Sekretaris van die NG Kerk se Algemene Sinode, oor die voorreg en die verantwoordelikheid van bediening – plaaslik, landswyd asook ons verbintenis aan die breër kerk. Hulle kyk terug na Markus 4:1–20 en die uitnodiging om goeie grond te wees wat God se Woord ontvang. En hulle kyk vorentoe na Markus 4:35–41, waar Jesus ’n storm stilmaak – en ons uitnooi om eerder in Sy teenwoordigheid te rus as in paniek te bly. Van die Kaap ...
In hierdie episode van Gebedsbegeleiding word jy stadig en deernisvol begelei deur Psalm 23 — nie as ’n tekst vir afskeid nie, maar as ’n gebed vir die pad van die lewe. Hier word die herder nie geromantiseer nie, die kloof nie vermy nie, en die tafel nie vergeet nie. Ons nooi jou om stil te word… om God se teenwoordigheid te ontdek te midde van moegheid, onsekerheid of verlange. Met sagte voorlesing, simboliese refleksie en ruimte vir rou gebed, skep hierdie episode ’n veilige plek waar jy...
In hierdie sagte, introspektiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te word, asem te haal en net te wees in die teenwoordigheid van God. Ons beweeg stadig en deernisvol deur Johannes 14:7–11, waar Jesus vir Filippus — en vir ons — herinner dat wie Hom gesien het, die Vader gesien het. Deur asemhaling, stilte, refleksie en eenvoudige gebed skep hierdie episode ruimte vir rus, eerlike vrae en vertroue te midde van onsekerheid. Jy hoef niks te bewys nie. Jy mag wag, mag twyfel, mag wees — ...
In hierdie sag-geleide gebedsmeditasie word jy uitgenooi om stadig en eerlik stil te word saam met Jesus aan die tafel, op die drempel van sy lyding. Teen die agtergrond van Johannes 13:1–5, waar Jesus die voete van sy dissipels was — insluitend dié wat Hom sou verraai — skep die podcast ’n ruimte vir selfondersoek, rus en ontmoeting. Met sagte asemhalingsaanwysings, ’n intieme teksvoorlesing en teer simboliese refleksie, lei hierdie episode jou deur ’n proses van stilstaan, hoor, ervaar en...
Van Hadidas tydens COVID filming tot by saam kuier in 'n ateljee - hoe God se Woord mense se stories by mekaar bring.
God help ons om te vereenvoudig sodat ons kan onderskei wat werklik saakmaak in die lewe.
Wat beteken dit om te glo dat Christus nie net rondom jou werk nie… maar binne jou leef? In hierdie episode word jy stadig, eerlik en sag na ’n plek van innerlike bewussyn begelei. Vanuit Kolossense 1:27 — “Christus in julle, die hoop op heerlikheid” — word ons herinner dat geloof nie net ’n stel waarhede is nie, maar ’n inwoning… ’n teenwoordigheid wat leef in jou diepste self. Hier is nie plek vir prestasie nie. Geen maskers, geen rangorde, geen uitsluiting. Net ’n fluistering: Hy is ...
Die predikante trek in die nuwe ateljee in, daar’s nog ’n paar kinkels in die kabels (en plafon) is Pieter en Morné terug agter die mikrofoon en praat hulle oor toxic waste (die suurlekkergoed en metafories)! ’n Spontane proe-sessie loop oor in ’n diep gesprek oor hoekom ons soms die dinge inneem (fisies en geestelik) wat ons weet vir ons sleg is… en hoe ons eerder kan kies vir ’n doelbewuste lewe in Christus. Met Genesis 50 op die horison, sluit hulle die Genesis-reeks af – en besin oor die ...
In hierdie week se Sondag tot Sondag-gesprek ontvang ons gasspreker en prediker Stefni Jacobs. Pieter en Stefni deel stories oor hoe vergifnis en herstel hul eie lewens en roepingspad raak. Stefni vertel aangrypend van haar werkservaring by Jakaranda en Louis Botha kinderhuise, en hoe sy gesien het dat mense wat diep seergekry het, tog keuses maak om verby pyn te leef – of nie. Haar insigte nooi ons om met meer empatie en eerlikheid oor vergifnis te praat, ook binne ons geloofsgemeenskap. P...
In hierdie meditatiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te raak by ’n oomblik van genesing én konfrontasie. Lukas 6:6–11 vertel van Jesus wat ’n man met ’n verdorde hand genees — nie op ’n toevallige tyd nie, maar in die sinagoge, op die Sabbat, terwyl almal kyk. Hierdie is ’n gebed vir dié wat selfbewus is. Wat bang is om verkeerd te doen. Wat iets dra wat hulle eerder wegsteek… maar wat Jesus tog nooi: “Kom staan tussen ons.” Met sagte refleksie, stiltes, vrae en gebed, word jy ...
'n Vreemdeling vra vir Pieter waar sy gym tas is.
Tyd om bewus te word van God, in jou.
Hierdie episode is vir mense wat nie perfek is nie
Volledig Geken is ’n rustige, meditatiewe podcast gebaseer op Psalm 139, wat jou nooi om stil te word in die teenwoordigheid van God. In elke episode verken ons die wonder van ’n God wat ons ten volle ken—ons vrese, drome, en verlange—sonder oordeel, net met liefde. Met stadige Skrifvoorlesing, reflektiewe vrae en geleenthede vir stilte en gebed, help hierdie podcast jou om nader aan God te beweeg en Sy helende teenwoordigheid te ervaar.
Pieter lees die nuus en Morné is bang vir coke met ys
Aswoensdag Refleksie

Aswoensdag Refleksie

2025-03-0509:58

In hierdie Aswoensdag podcast word ons genooi om stil te word en die diepte van Lydenstyd te verken. Wanneer die winter van die lewe ons tref—wanneer ons swaarkry, verlies, mislukking en stilte ervaar—waar is God? Gebaseer op Genesis 3:14-24, reflekteer ons oor die tema “God in die winter van die lewe”, ’n herinnering dat selfs in ons donkerste seisoene, God steeds teenwoordig is. Soos die natuur in die koue stil word en wag op die lente, so werk God onsigbaar ondergronds aan nuwe groei, sel...
Ons reflekteer rondom Matteus 11:28-30 en ons eie gedagtes, emosies, gevoelens en denke. Benodighede: 'n Bybel, notaboek en pen, 'n kers.
loading
Comments