DiscoverAgriskoops
Agriskoops
Claim Ownership

Agriskoops

Author: Newskoop

Subscribed: 0Played: 0
Share

Description

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
74 Episodes
Reverse
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat  biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor een van hulle produkte wat as ʼn belangrike byvoegmiddel vir landbouchemie in die landboubespuitingsproses gebruik kan word.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die Algemene Bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor hoe varkvleis veilig gehou word, van die plaas tot op jou bord.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die wetenskapleier by CreditNature, Simon Morgan. Hy is ʼn paneellid by volgende week se Green Economy-beraad en gesels oor die belangrikheid en die proses om sekere gebiede weer vry te stel aan wild om sodoende die wêreld se biosekuriteit te bevorder. Hy gee ook ʼn oorsig van wat by volgende week se beraad verwag kan word.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile van den Berg. Hy is die Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Suid-Afrika en gesels oor die Pioneer belofte. Wat is dit en wat beteken dit spesifiek vir boere?
Op vandag se Agriskoops gesels ons met professor Waldo Kruggell, ʼn ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit. Hy gesels oor lesse wat Suid-Afrika kan leer uit Peru se uitvoere van bloubessies. Wat boere gedoen het aan hulle kant en wat die regering gedoen het in terme van beleid.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor byvoegmiddels vir landbouchemie in die landboubespuitingsproses.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die wetenskapleier by CreditNature, Simon Morgan. Hy is ʼn paneellid by die komende Green Economy-beraad wat later hierdie maand aangebied word. Hy gesels oor die belangrikheid en die proses om sekere gebiede weer vry te stel aan wild en woude om sodoende die wêreld se biosekuriteit te bevorder.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van die landbou organisasie TLU SA, Bennie van Zyl en ook die voorsitter van Saai, doktor Theo de Jager, oor die bek-en-klouseer uitbreking. Ons hoor ook hulle reaksie op die minister van Landbou, John Steenhuisen, se ministeriële aksie taakgroep wat aangestel is om die krisis te bestuur.
Op vandag se Agriskoops luister ons na die LUR van Landbou in die Wes-Kaap, Ivan Meyer. Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het verlede naweek tydens ʼn media-inligtingsessie sy planne bekend gemaak om boere in die provinsie teen bek-en-klouseer te beskerm. Dit volg nadat gevalle van die siekte onlangs in die provinsie aangemeld is.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Jaco Weideman van Rentech. Hy vertel ons meer oor die gebruik van sonkrag en sonpanele in jou boerdery. Sonpanele kan ʼn dubbele doel dien en nie net vir krag of kostebesparing met elektrisiteit nie. Dit kan ook ingespan word om onder andere gewasse in die skadu van die panele te groei.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat  biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor byvoegmiddels vir landbouchemie in die landboubespuitingsproses.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met De Bruyn Myburgh. Hy is die Agronomiebestuurder vir Pannar Seed. Hy vertel meer oor Pannar se opwindende Extravaganzas. Boere kry waardevolle insigte om hul boerderybedrywighede te verbeter, en dit is ’n uitstekende geleentheid om met Pannar-verteenwoordigers, landboukundiges en mede-boere te netwerk.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Abdilahi Nuh. Hy is die stigter en uitvoerende hoof van die klimaattegnologie-firma Presto Innovations. Hy gesels oor klimaatsverandering en die rol van boere, entrepreneurs en die jeug om dit een te werk en groen ekonomiese projekte te dryf.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende direkteur van die landbouorganisasie Saai, doktor Theo de Jager. Hy gesels oor die rol van georganiseerde landbou organisasies en -strukture en waarvoor boere moet uitkyk wanneer hulle by hierdie strukture betrokke raak.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Abdilahi Nuh. Hy is die stigter en uitvoerende hoof van die klimaattegnologie-firma Presto Innovations. Hy gesels oor klimaatsverandering, die impak daarvan op Afrika en Afrika se boere en ook die rol wat die kontinent en boere kan speel om dit teen te werk.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Riana Lombard. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut, Sabi. Riana vertel meer oor die organisasie wat dan ook hierdie jaar hul 50ste bestaansjaar herdenk.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika (Agbiz) Wandile Sihlobo. Hy gesels oor die uitdagings van verlede jaar in terme van die bek-en-klouseer uitbreking en die Departement van Landbou se plan om al die vee in die land teen die siekte in te ent.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Edmund Terblance. Hy is die keldermeester van La Motte in die Wes-Kaap. Afgesien van die gevaar van brande in die gebied het hulle hierdie jaar vroeër begin oes as gewoonlik en sien hulle ook uit na ʼn goeie oes met ʼn gevolglike eindproduk.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met doktor Theo de Jager. Hy is die uitvoerende direkteur van die landbouorganisasie Saai. Hy gesels oor die finansiële impak van die Bek-en-klouseer uitbreking op Suid-Afrikaanse boere.
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Bemarkings en Ontwikkelingsbestuurder vir Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika, Stephan Marais. Hy gesels oor die belangrikheid van Kalium in plante. Hy vertel meer oor ʼn produk om plante se kaliumbehoeftes aan te spreek.
loading
Comments