DiscoverDie lewe en ander onbenullighede
Die lewe en ander onbenullighede

Die lewe en ander onbenullighede

Author: Chante Kelder

Subscribed: 0Played: 0
Share

Description

Dis lekker om te lewe en hoewel ons belangrike goed het om elke dag op te fokus moet daar ook plek wees vir die onbenullighede. Die lewe is ook vol interessante mense met ewe interessante stories en hierdie is die versamelpunt vir daardie stories. Episodes word minimaal geredigeer om die egtheid van die onderhoude te behou. Kom kuier saam!
7 Episodes
Reverse
Ek het so rukkie terug die geleentheid gehad om met Annerle Barnard te gesels oor haar boek, Spel.  Tussendeur het ons ook sommer gesels oor skryfwenke, hoe sy haar karakters lewe gee en wat ons volgende uit haar pen kan verwag. Spel is vol aksie en naelbytoomblikke maar daar is ook oomblikke wat jou hart gaan raak en jou gaan laat dink. Wat as mens teen blikbrein te staan kom in 'n gevaarlike spel? Wat as jy nie anders kan as om vreemdelinge te vertrou nie? Wat as jou wêreld skielik verander? Wat as... Kom kuier saam!
Wie was die Russiese spioen wat so bietjie Afrikaans kon praat? Wie was die twee Boerespioene wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Oos-Afrika teenoor mekaar te staan gekom het? Chanté alias Die Stille Gevaar, gesels met Henning van Aswegen alias Agent Waaghalsige Wapen oor sy nuutste boek Spioenmeesters. Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure. Koop Spioenmeesters hier: https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/spioenmeesters/
Die wêreld het meer sonneblomme eerder as knieserige rosies of klaende hangkopwilgers nodig. Daarom is Susan Coetzer se nuutste inspirasie-boek, ’n Sonneblom vir elke dag, juis nou só nodig. Op ’n baie bewolkte en reënerige Saterdag in November het Chanté vir Susan gaan kuier om te gesels oor die nuwe boek, hoe om met jou innerlike sonneblom te connect en sommer net al die lekker dinge van sonneblom-mense wees. Skink ’n koppie tee en kom kuier saam. ’n Sonneblom vir elke dag is by alle vooraanstaande boekwinkels beskikbaar en is die perfekte Kersgeskenk vir die sonneblomme in jou lewe. *Hierdie episode is op Susan se stoep opgeneem, daar is dus agtergrond geluide soos voëltjies wat sing, bure wat gras sny en die klank van donderweer wat opsteek.
Reynardt Hugo is nie ’n onbekende naam in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf nie. Reynardt is akteur, sanger en deesdae ook skrywer en motiveringspreker. Sy boek Soldaat het in Februarie vanjaar die lig gesien en sedertdien gryp sy verhaal harte reg oor die land aan. Chanté het ná Reynhardt se boekpraatjie onlangs by die AfriForum Teater met hom gesels oor die draaie wat die lewe soms met 'n mens loop, hoe sy boek tot stand gekom het en sommer oor die lewe. *Spesiale dankie aan Carina Bester en Marné Buys van die AfriForum Teater vir julle reëlings en ook die span by Dapper Media wat die nodige reëlings met Reynhardt se span getref het Koop Reynhardt Hugo se boek hier: The Bookkeeper Besoek AfriForum Teater se webblad hier: AfriForum Teater Kry kwaliteit vermaak in Afrikaans hier: Dapper Media
Jaco Strydom, dromer, priester en rubriekskrywer kuier op Die lewe en ander onbenullighede om te gesels oor sy nuutste boek, die Echo-gemeenskap en goedkoop reis met ’n kayak as jou voertuig. Jy kan ook ’n getekende kopie wen, besonderhede in die episode! *Intro: Uitreksel uit Jaco se boek, met toestemming opgeneem Koop Jaco se boek hier: https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796322555 Vind meer uit oor Echo Youth hier: https://www.echoyouth.co.za/ Koop wyn by Smooth Vines hier: https://smoothvines.myshopify.com/
2020 is op sy rug en almal kyk vol hoop na 2021 wat om die draai is. As jy nog nie jou Kersinkopies afgehandel het nie hoef jy nie verder te soek nie. Hier is my top tien boeke vir 2020 wat jy beslis in jou geliefdes se kerskouse kan pak.
In die eerste episode van Die lewe en ander onbenullighede kuier Dirk Hermann in die ateljee en ons gesels oor sy nuutste boek en waarom dit juis met ’n oog op ons huidige omstandighede gepubliseer is. Trek ’n lekker sterk koppie koffie nader en kom kuier saam! *Hierdie episode is oorspronklik vir AfriPod opgeneem en word met toestemming hier gedeel. Kry jou kopie van Ons sal self hier
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store