Dis wie ek is

Van sepies tot sang, kuns tot kreatiwiteit – die Afrikaanse vermaakbedryf is ʼn interessante plek. In Maroela Media se podsendingreeks, "Dis wie ek is", gesels ons met van die land se grootste akteurs, sangers en storievertellers oor hul pad met beroemdheid, balans en die kunste.

‘Dis wie ek is’ met Lianie May

In die jongste episode van Dis wie ek is, Maroela Media se podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels Lianie oor die oplewing in haar loopbaan, haar lewe op die plaas saam met Barry en die “goeie ou dae” van die 2000’s.

10-24
36:03

‘Dis wie ek is’ met Izak Davel

Hoewel Izak Davel al deur diepe waters moes worstel om weer ʼn asemteug van verligting in sy loopbaan te skep, weet hy vandag een ding – jy kan nooit alles verloor as jy steeds jou geloof het nie.

09-05
29:25

‘Dis wie ek is’ met Rolanda Marais

In die jongste episode van ‘Dis wie ek is’ stort Rolanda Marais haar hart uit oor ma-wees, jare in die vermaakbedryf en ouer word.

07-04
28:36

‘Dis wie ek is’ met Riana Nel

Sy skroom nie om haar geloof op haar mou te dra nie, sy vind inspirasie in haar vier seunskinders en dwing nie haarself om musiek te skryf wat nie haar hart weerspieël nie.

05-23
30:40

‘Dis wie ek is’ met Rian van Heerden

As daar een man wat in murg en been ʼn storieverteller is, is dit die aanbieder, restauranteienaar en vervaardiger Rian van Heerden.

02-14
24:15

‘Dis wie ek is’ met Christia Visser

In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Christia Visser openhartig oor haar loopbaan, gesin en die uitdagings wat sy die afgelope paar jaar met haar geestesgesondheid moes trotseer.

12-12
36:07

‘Dis wie ek is’ met Andriëtte

In die jongste episode van "Dis wie ek is" maak Andriëtte haar hart oop oor haar loopbaan, gesin en die uitdagings wat sy in die afgelope paar jaar met haar stem ervaar het.

12-05
24:05

‘Dis wie ek is’ met Brendan Peyper

In die jongste episode van “Dis wie ek is” stort Brendan Peyper sy hart uit oor sy trek terug Bloemfontein toe, nuwe musiek en die onstuimige waters waardeur hy die afgelope ruk is.

11-30
22:05

‘Dis wie ek is’ met Steve Hofmeyr

In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Steve Hofmeyr openhartig oor vier dekades in die bedryf, skandes wat hom in die koerant laat beland het, en sy liefde vir Afrikaans.

11-22
28:51

‘Dis wie ek is’ met Danny Smoke

In “Dis wie ek is” gesels Danny oor die titel van sy nuwe enkelsnit, asook die herlewing van egte sokkiemusiek in Afrikaans en deel meer oor sy agtergrond en toekomsplanne.

11-15
46:59

‘Dis wie ek is’ met Kurt Darren

In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Kurt openhartig oor sy gesin, sy pad in die musiekwêreld en sy splinternuwe album, “100%”.

11-10
50:16

‘Dis wie ek is’ met ONS

In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Ruvé Erasmus en Marco van Deventer oor ONS se debuutalbum en hul liefde wat eintlik lank voordat hulle musiek begin maak het, geblom het.

11-01
41:26

‘Dis wie ek is’ met Nadia en Rouel Beukes

In Maroela Media se jongste episode van “Dis wie ek is”, ʼn podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels ons met Nadia en Rouel oor hul unieke verhouding met mekaar en die verhoog.

10-27
37:14

‘Dis wie ek is’ met Bok van Blerk

In die tweede episode van Maroela Media se podsendingreeks “Dis wie ek is” gesels Bok oor sy nuwe musiek, sy gesin en sy lewe in die Kaap.

10-09
30:52

‘Dis wie ek is’ met Hykie Berg

In die eerste episode van Maroela Media se jongste podsendingreeks, “Dis wie ek is”, gesels Hykie openhartig oor die swaar, ligte en lekker tye wat hy al in sy lewe en loopbaan gehad het.

09-27
38:35

Recommend Channels