Discover#HoeNou?!
#HoeNou?!
Claim Ownership

#HoeNou?!

Author: Maroela Media

Subscribed: 16Played: 63
Share

Description

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit). Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com, Maroela Media en HoeNou.co.za.
52 Episodes
Reverse
Watter een pas nie in hierdie rytjie nie: algoritme, diesel, koper, nikkel? En wat het hierdie klomp almal met mekaar gemeen: eggo, narsisme, hipnose, morfien? Su-an en Gerhard ontrafel dié twee raaisels, plus nog vele meer. Meer oor die podsending
Hoe maak jy melkkos?

Hoe maak jy melkkos?

2022-02-1811:32

Een van die oudste, tradisioneel Suid-Afrikaanse geregte is sekerlik melkkos – daardie heerlike, dik melkgereg wat op koue wintersaande met pypkaneel en suiker bedien word. Maar melkkos is eintlik al duisende jare oud ... Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering nie net oor melkkos nie, maar stel ook ʼn heerlike, tradisionele resep beskikbaar. Meer oor die podsending
In Suid-Afrika is daar spesiale kommissies wat besluit oor die name van plekke. Maar het jy al ooit gewonder wie besluit wat die name van sterre en planete is? Su-an en Gerhard praat oor die name van enkele planete en waar dié name vandaan kom. Meer oor die podsending
Oor pizza en pasta

Oor pizza en pasta

2022-02-0415:52

'n Mens kry drie soorte mense: pizza-eters, pasta-eters en mense op 'n dieet. Want pizza en pasta is wêreldwyd sekerlik van die gewildste kitskos (en trooskos). Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van dié twee kossoorte en waar hulle name vandaan kom. Meer oor die podsending
Oor sterre en planete

Oor sterre en planete

2022-01-2814:56

Het jy al ooit gewonder watter planeet is eerste ontdek? En watter planeet is die onlangsste ontdek? Su-an en Gerhard gesels oor die son, die maan en die sterre ... en al die planete tussenin. Meer oor die podsending
Het jy al gewonder waar kom alledaagse gebruiksartikels soos messe, vurke en lepels vandaan? Wanneer het mense byvoorbeeld vir die eerste keer lepels begin gebruik? Su-an en Gerhard gesels oor dié kwessies, asook oor die woorde “lepel” en “spoon”. Meer oor die podsending
Die 2018-listerioseuitbreking onder polonie-eters is dalk al lank vergete onder die meeste mense. Polonie is en bly een van die gewildste en goedkoopste vleissoorte in Suid-Afrika. Gerhard vertel vir Su-an waar die woord vandaan kom en hoekom polonie pienk is. Meer oor die podsending
Hoekom is borde rond?

Hoekom is borde rond?

2022-01-0711:06

Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering oor bord, pottebakkerswerk, keramiek, erdewerk, steengoed, porselein en eetware. Meer oor die podsending
Sukkel jy ook altyd om te onthou of die strepie op sommige klinkers nou dié kant toe of daardie kant toe moet lê? In kort, ken jy die verskil tussen die gravis- en die akuutteken? Su-an en Gerhard help jou om dit te onthou en vertel ook waar die woordjie “nè” vandaan kom. Meer oor die podsending
Wat het ʼn rektor, lektor en doktor met mekaar gemeen? Behalwe dat hulle almal verbonde aan ʼn universiteit is, deel hulle ook ʼn interessante oorsprong. Gerhard vertel vir Su-an waar hierdie woorde vandaan kom en hoe hulle van mekaar verskil. Meer oor die podsending
Is “so bang soos die duiwel vir ʼn slypsteen” ʼn idioom of ʼn spreekwoord? Of is dit dalk ʼn gesegde? Wat is die verskil tussen al hierdie verskillende kruie en speserye van taal? Gerhard verduidelik vir Su-an; daarna moet sy ʼn mondelinge eksamen aflê. Kan jy haar klop? Meer oor die podsending
ʼn Ou bekende, eg Suid-Afrikaanse staatmaker in enige steakrestaurant, is kruiderysous – beter bekend as monkey gland-sous. Een van die kernbestanddele van dié lekkerny, is worcestershiresous. Su-an en Gerhard verken die herkoms van dié twee souse. Meer oor die podsending
Oor doktore en lektore

Oor doktore en lektore

2021-12-0314:33

Die persepsie bestaan soms dat universiteitsmense vreeslik gesteld is op hulle titels, terwyl ander mense nie ʼn snars omgee oor die verskil tussen ʼn lektor en ʼn dosent, of tussen ʼn professor en ʼn doktor nie. Su-an en Gerhard gesels oor universiteitsberoepe, -poste, -titels en -aanspreekvorme. Meer oor die podsending
As daar mos nou een woord in Afrikaans is wat hoegenaamd nie maklik in Engels vertaal kan word nie, is dit die woord “mos”. Su-an en Gerhard het na die oorsprong van dié veelsydige Afrikaanse woord gaan soek. Meer oor die podsending
Party mense sê ʼn mens mag nie in ordentlike geselskap jou neus snuit nie, laat staan nog snuif. Maar wat nou gemaak as die vog in jou neus wil uit? Wat doen jy dan? Su-an en Gerhard klets oor ʼn potensieel taai en onooglike onderwerp: neusslym. Meer oor die podsending
Wat het jy geleer is die duiwel se oorkussing? Nuuskierigheid? Ledigheid? Luiheid? En waarvoor is die duiwel bang? Vir ʼn knapsak, aambeeld of slypsteen? Speel saam met Su-an, terwyl Gerhard haar idioomkennis op proef stel. Meer oor die podsending
Hoe gereeld eet jy en jou gesin heerlike toebroodjies met grondboontjiebotter en stroop? Of het dit ʼn taboe geword in ons gesondheidsbewuste samelewing? Hoe dan ook, Su-an en Gerhard praat oor die oorsprong van grondbone en grondboontjiebotter. Meer oor die podsending
Hoekom nies 'n mens?

Hoekom nies 'n mens?

2021-10-2913:19

Is jy een van daardie mense wat hard en duidelik nies, of onderdruk jy jou nies so goed as moontlik? Het jy geweet dat dit gevaarlik kan wees om jou nies te onderdruk? Su-an en Gerhard verken enkele mites en waarhede oor nies. Meer oor die podsending
In tradisionele troues is die bruidsgevolg uitgebreid: van die ouers van die bruid en bruidegom, tot die strooimeisies en strooijonkers, blommemeisies en hofknapies. Is daar ʼn rede vir so ʼn groot gevolg? Su-an en Gerhard maak troupraatjies en verklap waarom bruidsmeisies eintlik almal soos die bruid moet lyk. Meer oor die podsending
Om verloof te raak en voor die wet te trou, is ʼn kulturele gewoonte wat in Antieke Egipte ontstaan het. Su-an en Gerhard verken in hierdie episode die herkoms van twee van die belangrikste deelnemers aan ‘n troue: die bruid en bruidegom. Meer oor die podsending
loading
Comments