Discover
Intussen

944 Episodes
Reverse
Maritha Albertyn, ‘n geregistreerde dieetkundige, praat oor die gebruik van Ozempic vir gewigsverlies.
Lizelle Grobler, ’n kenner op die gebied van gedrag, liggaamstaal en menslike motivering, praat oor die sielkunde van persoonlikheid. Sy verduidelik hoekom mense doen wat hulle doen, en hoe om agter die masker van die persoonlikheid te kyk. Sy praat oor om te sien sonder oë.
Albin Bowler bestudeer gerontologie vanuit ’n teologies-pastorale perspektief. Sy fokus is op veerkragtige veroudering en aspekte wat remmende faktore is, bv. ouderdomisme en die mishandeling van ouer persone. 1 Oktober was Wêrelddag van Ouer Persone.
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy bespreek die geval van ’n sestienjarige wat ’n faktuur in sy handgewrig opgedoen het terwyl hy by mense, anders as sy moeder woon. Wat staan die voog te doen, en wat is die stappe wat gevolg moet word ná so ’n besering?
Antoinette Pienaar praat oor opinies.
Glam Guru Hannon Bothma praat oor velsorgroetine.
Deel 1: Ons gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Willem Botha is 'n veelsydige vermaaklikheidskunstenaar, Hy is bekend as sanger, akteur, fotograaf, grimeerkunstenaar en mede-eienaar van 'n skoonheidsproduktemaatskappy.
Maryna Stevenson is ’n persoonlike ontwikkeling- en etiket-konsultant, wat help om jou te laat uitblink in styl, houding én kommunikasie. Ons verken saam met haar al die aspekte van moderne etiket - van selfvertroue en eerste indrukke tot tafelmaniere, beleefdheid en persoonlike beeld. Sy praat oor afspraaketiket.
Geslagsgebaseerde geweld bly een van die grootste uitdagings in ons samelewing, en dit vereis dat ons almal betrokke raak. Luke Lamprecht, ’n kenner op die gebied van kinders, gesinsdinamika en gemeenskapsveiligheid, deel waardevolle insigte oor hoe ons hierdie probleem kan aanpak en werklik ’n verskil kan maak. Hy praat oor seuns en mans as slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.
Lizelle Grobler, ’n kenner op die gebied van gedrag, liggaamstaal en menslike motivering, praat oor die sielkunde van persoonlikheid. Sy verduidelik hoekom mense doen wat hulle doen, en hoe om agter die masker van die persoonlikheid te kyk. Sy praat oor om te sien sonder oë.
Albin Bowler bestudeer gerontologie vanuit ’n teologies-pastorale perspektief. Sy fokus is op veerkragtige veroudering en aspekte wat remmende faktore is, bv. ouderdomisme en die mishandeling van ouer persone. 1 Oktober was Wêrelddag van Ouer Persone
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n sewejarige met ‘n seer kopvel; en ADHD.
Antoinette Pienaar praat oor die vreugde daarvan om haar vingers in die grond te steek om groente en blomme te plant.
Glam Guru Hannon Bothma gee raad oor grimeringtendense en professionele haarstyle.
Deel 5: Ons gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Hy is die sagmoedige 26-jarige arbeidsterapeut wat onlangs die harte van kykers gewen het én as die groot wenner gekroon is van die gewilde werklikheidsreeks, Die Brug. Met sy deursettingsvermoë en rustige gees het Hirome Shigeaki daarin geslaag om die einddoel te bereik en die spel te wen.
Maryna Stevenson is ’n persoonlike ontwikkeling- en etiket-konsultant, wat help om jou te laat uitblink in styl, houding én kommunikasie. Ons verken saam met haar al die aspekte van moderne etiket - van selfvertroue en eerste indrukke tot tafelmaniere, beleefdheid en persoonlike beeld. Sy praat oor werkplek kommunikasie.
Geslagsgebaseerde geweld bly een van die grootste uitdagings in ons samelewing, en dit vereis dat ons almal betrokke raak. Luke Lamprecht, ’n kenner op die gebied van kinders, gesinsdinamika en gemeenskapsveiligheid, deel waardevolle insigte oor hoe ons hierdie probleem kan aanpak en werklik ’n verskil kan maak. Hy praat oor seuns en mans as slagoffers van geslagsgebaseerde geweld.
Lizelle Grobler, ’n kenner op die gebied van gedrag, liggaamstaal en menslike motivering, praat oor die sielkunde van persoonlikheid. Sy verduidelik hoekom mense doen wat hulle doen, en hoe om agter die masker van die persoonlikheid te kyk. Sy praat oor die bloudruk van menslike gedrag.
Mariëtte Crafford is 'n skrywer wie se werk die afgelope twee dekades ons geleer het dat 'n resep altyd 'n storie is, en dat die eenvoudigste kos dikwels die rykste herinneringe dra. Haar pen het ons gelei deur kombuise en lewens, en het die ware sielskos ontbloot. Ons gesels met haar oor erfeniskos - die kos waaroor niemand praat nie. Ons wil daardie stil stories ontdek - die smake wat ons definieer, maar wat in die skaduwee van fynproewerskos bly.
Antoinette Pienaar praat oor kruie vir allergie- en sinusprobleme.